Heeldag teepartytje

Heeldag teepartie? Soos in heeldag? Regtig?

Ja!

Natuurlik!

Hoe dan anders!

Lekkerrr!

Dit was hoe ek my verjaardag kon vier. Wat ‘n voorreg! ‘n Heeldag teepartytjie.

Ek is dankbaar dat ek die voorreg het om my tyd redelik self kan indeel en dat ek so ‘n dag kan hê.

Dus, twee dae voor my verjaarsdag besluit ek, dit is wat ek wil doen en stuur wild en wakker whattsapps uit dat ek die dag verjaar, hier is koek en tee vanaf 11 vm tot 6 nm en wanneer hulle ‘n kansie het, kom loer in en los die present, jy is die present.

Vir een maal in my lewe was alles betyds reg, kan julle glo! Ek wou nog half 11 nóg ‘n souttert begin bak, toe ek net besef: dis onnodig. Rustig kon ek die koppies en eetgoedjies en water en sap neersit, en 11 vm kon ek rustig met ‘n koppie tee gaan sit en wag vir die gaste.

O gits! Sewe minute oor elf is hier nog NIEMAND!

Tien oor 11. Steeds niemand! WAT GAAN AAN? !!

Kwart oor 11 kom die eerste persoon. AG DANKIE TOG!

En hulle het gekom en gegaan tot die laaste een half 7 weg is.

Wat ‘n present! Sjoe! Dit was lekker, lekker, lekker, lekker!

Hier was nooit te veel mense op een slag nie, ek kon rustig tee aandra en verskriklik lekker kuier saam met elke persoon. En hulle het lekker saamgekuier.

Ek het strome van seën ontvang, die hele dag.

‘n Heeldagteepartytjie. Is dit nie ‘n voorreg nie?

Verjaar is lekker. Verjaar is spesiaal. Verjaar is ‘n geskenk van God. Verjaar is iets om oor bly te wees, 🙂 En ek IS bly. 🙂

Ek sal nou weer kan uithou tot volgende jaar.

Dalk.

Groetnis

Toortsie

Uhm, ek het vreeslik uitgekyk vir ‘n grasgroen giggelbus, maar ek weet hy dwaal tans in die verre noorde van ons land, dit is darem net te ver om gou vir ‘n teepartytjie na die verre suide te kom, né!

26 thoughts on “Heeldag teepartytje

  1. Ek is sooooo laat met geluk sê. Maar dit beteken jou verjaarsdag het nou eeers met hierdie laat wens opgehou. Baie geluk. Mag die nuwe jaar ekstra woema in gallon dromme bring. En ek dink dis hoe mens moet kuier met verjaarsdae….heeldag lank

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!