Albums

Inspireer Woordnoot my nou tot hierdie bloginskrywing, ek sê mos die Towerinne inspireer mekaar! In ‘n vorige bloginskrywing raak ons sommer aan die gesels oor baie dinge, dat ons herinneringe moet bou, en ek onthou van albums. Mense, ons moet ons albums bymekaarmaak en dit regmaak, restoureer, mooi maak.

‘n Vriendin sê dat sy haar kinders gevra het dat as hulle enige geskenk vir haar wil gee, of dit moedersdag, verjaarsdag, kersfees, wat ook al, moet dit regte foto’s wees. Foto’s wat sy in ‘n album kan plak.

Want sien, die probleem is, ons het deesdae derduisende foto’s, maar dis op ons rekenaars en selfone en tablette. En elke dan en wan gee daardie stukkie wonderlike toerusting in en kry ons nuwes en die foto’s raak verlore. Ja, ek het hier nog ‘n ou rekenaar vol foto’s, wat sedertdien vervang is met ‘n nuwe rekenaar, wat heeltemal opgepak het, wat intussen al weer vervang is en die foto’s op rekenaar nommer een lê nog daar en my groot vrees is dat as ek probeer om dit aan te skakel om die foto’s af te haal, dit nie gaan aanskakel nie! Gelukkig wás ek daardie tyd meer op en top en is baie van daardie foto’s wel op CD’s gelaai, maar ja, ek vermoed ‘n klomp daarvan is verlore.

‘n Familielid van ons het Altzheimers. Hy was ‘n uiters slim man, baie effektief in sy werk, het goed gedoen. Ja, die Altzheimers het hulle seker nie oornag bekruip nie, maar in die begin kom ‘n mens dit nie agter nie en toe, skielik, op ‘n dag, staan die groot A daar met mag en mening en is die dierbare oom nie meer die mens met wie jy lang gesprekke kan voer nie.

Die tannie sê vir my, dat al wat hulle aan die lewe hou, is die albums. Hulle het baie gereis, en het baie foto’s geneem. Gelukkig is dit in albums. Hulle kyk vir ure daarna, blaai daarin, hou op so ‘n manier ‘n redelik sinvolle gesprek aan die gang.

Dit kan ek ook van my skoonma sê, dat ‘n album in die hand die tyd baie korter maak.

Mense, ons moet daardie albums uithaal en heelmaak. Dalk die foto’s inscan en in boeke laat druk. Vir die oulike mense onder ons, is daar baie oulike programme op die internet beskikbaar en kan jy die mooiste koffietafelboeke laat maak van jou foto’s. Vir die dommes soos ek, wil ek Chatbooks voorstel. Dis eenvoudig, maklik, een foto per bladsy en glad nie duur nie. Dit word bestel van Amerika af. Die kwaliteit is ook heel goed. Loer ‘n bietjie daarna. Dis vierkantige boekies, 6×6′ of 8×8’. Regtig oulik.

Groete

Toortsie

24 thoughts on “Albums

              1. Haha, ja, die waarheid. Ek het in die eerste plek my dogter geleer om met ‘n rekenaar te werk. Ek het in 1992 my eerste (tweedehandse) rekenaar present gekry by my oudste broer en het kort daarna vir my ‘n Olivetti 286 gekoop. Karen was toe sowat agt jaar oud 😉 Dis soos om fiets te ry, Vriendin. Nou kom ek vertel jou, toe my ma in die ouetehuis was, het daar ‘n omie in die B-gang gewoon wat sy memoirs gesit en skryf het op ‘n rekenaar groter en beter as myne – hy was 85 jaar oud. Wonder of hy dit ooit gepubliseer het.

                Liked by 1 person

                1. Ek het darem ook my kinders geleer rekenaar werk, eintlik het ons saam geleer. Toe hil ouliker begin raak het, het ek hulle uitgedaag. Ek sou sê ek wil dit of dat doen, soek bietjie hoe dit gedoen kan word. 😁 Ek sê altyd ‘n rekenaar is nie ‘n tiknasjien nie, dit kan neer doen as ‘n tikmasjuen. Dis ons werk km hom ten volle te benut. Wel, vandag weet my kinders baaaie meer as ek. 😁

                  Liked by 1 person

                  1. Ek wens ek het ‘n rekenaar gehad op daardie ouderdom. Dis darem net soveel meer effektief as ‘n biblioteek. In my werk het ek jare lank die rekenaar gebruik vir navorsing (regsgeldigheid van buitelandse transaksies) en watter plesier was dit nie om net ‘n wet of ‘n opinie op te roep op die internet nie. Voorheen moes ons gedrukte hofsake en opinies bestel van die staatsdrukker of van Unisa af. Ek was ook baie betrokke by die ontwikkeling van die rekenaarstelsels wat ons gebruik het (nog steeds gebruik) vir buitelandse valuta transaksies. Karen was my “temp” vir twee jaar en het daarna voltyds begin werk. Sy lê haar nou toe op die ontwerp van webtuistes en is baie goed daarmee; ek het baie daarvan by haar geleer.

                    Like

  1. Ek maak gereeld albums. Ek doen dit in photoshop en laat dit dan druk hier by ‘n drukkery naby ons. Dis heerlik, want ek skryf allerhande goed by die foto’s en maak oulike buiteblaaie met datums.

    Like

    1. Oeee maar jy hét mooi foto’s en seker baaaaaie van hulle. Ek het toe gister gou al my foto’s op ‘n eksterne hardeskyf gelaai. Nou moet ek werklik werk maak daarvan om ons toere in boeke te sit.

      Liked by 1 person

  2. Ek het nog regte foto albums gemaak. Het reeds 12 dikkes. Ek was n scrap book fanatikus. Dit het nou bietjie afgewater. Ek het verlede jaar Beatrix se eerste jaar fotos in n album geplak en as kersgeskenk aan die kindrrs gegee. Ek besluit nog of ek n tweede album gaan maak die jaar.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!