Ek is nie lief om stad toe te gaan nie. Soos ek ouer word, wil ek dit regtig net doen as dit regtig nodig is. Ek reël ook my dinge so dat ek sommer ‘n klomp vlieë met een klap afhandel.
So het ek nou ‘n onvermydelike Kaaptrippie gehad van twee dae.
Ek kry goeie nuus by die dokter, soek twee vriendinne van baie jare op, kuier by my kinders en my hart sing.
Eintlik, al sedert Sondagaand sing ek, ‘The windows of heaven are open, the blessings are falling tonight. There’s joy, joy, joy in my heart, since Jesus made everything right. I gave Him my old tattered garment, He gave me a robe of pure white. I’m feasting on manna from heaven, and that’s why I’m happy tonight.’ (Na aanleiding van oom Angus se boodskap dat God vir ons ‘n tafel voorberei, ons moet net gaan sit en die manna uit die hemel wat hy daagliks vir ons voorberei, geniet. En Toortsie voeg by: Ons moet loop aansit, soos oom Angus sê en nie net elke keer vinnig ‘n wegneemhappie gryp nie, aansit is baie lekkerder en bevredigender. Die kos én die geselskap is baie beter. Ek is omtrent al heel week besig met kos!)
Ná die afhandeling van ‘n groot taak Dinsdagoggend, draai ek moeg en honger by Tygervallei in. Gewoonlik parkeer ek onderdak, maar besluit om sommer bo in die warm son te parkeer, ek gaan mos net gou iets eet.
Met ‘n blye en dankbare glimlag op my gesig parkeer ek by die enigste opening. Die karwag kom en sê, ‘Hello Madam, you are so friendly.’ Ek antwoord, ‘But you are friendly too!’ Hy vra, ‘Are your husband the lucky one?’ ‘Yes’, sê ek.
Met die terugkomslag kom haal hy my van ver af om die waentjie te stoot. Ja, ek hét ‘n klompie inkopies gedoen. Hy vra, ‘do you remember that we had a lovely chat?’ Ek sê, ja, en ek het dit op facebook ook vertel dat hier soveel goeie dinge is in ons land, ons moet dit net raaksien.
Met ‘n lied in my hart ry ek terug huistoe.
The windows of heaven ARE open, ons moet net ons oë oopmaak vir die manna, en gaan sit aan by die tafel wat God vir ons voorberei het en geniet die saamwees en die lekkerte daarvan.
Mooi dag!
Toortsie
Mooi mooi, seen vir jou dag. Mag dit giggel geel wees
LikeLike
Dankie! Geel sonskyn. Dis nogal warm hier by ons.
LikeLike
🌹
LikeLike
Wat n mooi gesprek met die karwag! Strome van seën.
LikeLiked by 2 people
Ag Toortsie…snot en trane!! Daai liedjie het my bam-slap 50 jaar teruggegooi….dit was die songs waarmee ek grootgeword het……dankie dankie dankie. Mag die hemel net so wyd oop wees daar by jou.
LikeLiked by 2 people
Ek is bly. Ja dit kom uit ons kinderjare wn nou op 55 is dit ‘n oorwurm in my oor, vir dae nou al. ❤️ Nie ‘n sleg oorwurm nie, hoor! 😁
LikeLike
Glad nie…beter as die wiele van die bus.. 😂
LikeLiked by 1 person
Jaaa. Moenie nou weer met ‘n nuwe een begin nie! 😂
LikeLike
Ek hou my mond toe
LikeLiked by 1 person
Shackeled by a heavy burden
Neath a load of guilt and shame
Then the hand of Jesus touched me
And now I am no londer the same
He touched me, oh yes, He touched me
And now, I know, He touched my soul
Something happened
And now I know
Jesus touched me and He made me whole.
LikeLiked by 1 person
So pragtig…en ek moet bieg…die gaithers bly my old time favorite
LikeLiked by 1 person
En mag die hemel ook wyd oop wees by jou!
LikeLike
Dankie…😍
LikeLiked by 1 person
Jou lekkerkry vir jou verjaarsdag het my nou ook lus gemaak. Vrydag hou ek heeldag teepartie. Het vanoggend amper die hele dorp se vroue genooi. Dis altyd vir my ‘n verrassing, want ek kan nie onthou wie ek genooi het nie, so elkeen wat opdaag is soos ‘n present wat ek oopmaak. 😁
LikeLiked by 1 person
Hoe laat begin ons?
LikeLiked by 1 person
Enige iets van 11 uur af tot so 6 nm. Jy is baie welkom! Ai, ek sal dit darem geniet as ‘n groen giggelbus vol vrolike dames hier voor my huis stop! Wag, laat ek dadelik begin bak, die Towerinne is op pad!
LikeLiked by 1 person
Ek het nuus vir jou…ek kom van ver af…ek kom plak onbepaald😂😂
LikeLiked by 1 person
Ek het nuus vir jou: Ek is nie bang nie. En ek trek binnekort, so ‘n paar ekstra hande is nie te versmaai nie.
LikeLike
Haha….
LikeLike
Ag dankie tog, ek kan uit eindelik ‘n Toortsie tee partytjie bywoon.. is daar kaaskoek Toorts, ek lus al so lankal ordentlike Kaaskoek…
LikeLiked by 1 person
Tans is hier niks, maar roomkaas sal redelik verteenwoordig word. 😁 Jy is meerrr as welkom.
LikeLike
Ek is bly…ja op die einde van die dag is memories al wat oorbly…..maak baie!!
LikeLiked by 1 person
Ons moet ook werk maak van ons albums. My man se oom, ‘n uiters bekwame man sy hele lewe lank, is skielik oorval met Altzheimers. Erg. Sommer net so. Die tannie sê al wat hulle red, is die albums. Hulle dae gaan om met dit.
LikeLike
Jip….ons memories le in bokse onder die bed
LikeLike
Dis okay as dit daar lê. Die slegter een is hulle wat op ou rekenaarskywe lê. Dis húlle wat ons moet uithaal en in boeke kry.
LikeLike
Jip…groot werk
LikeLike
Kom jy nog? 🙂
LikeLike
Ja….moet net eerz die groen bus hijack…hy is die enigste een wat loop op lag….
LikeLiked by 1 person
Ek gaan sommer nou ‘n blog hieroor skryf. Kyk hoe stimuleer jy my al weer!
LikeLiked by 1 person
You go girl!!
LikeLike
Geskryf. Dit kom Vrydag op
LikeLike
Jy vat nie twak van n blog nie😂😂
LikeLike
Beslis nie. 🙂 Dis ‘n wilsbesluit wat ek lank terug geneem het, ek het genoeg twak in my lewe, op Facebook en my blogs is dit verbode. 🙂
LikeLike
Vat so katvis!!
LikeLiked by 1 person
🤪
LikeLike
ee man Toorts, hier slyp ek my tande vir daai tee party blog nou moet ek wag tot vrydag….ai
LikeLiked by 1 person
Ja. Net 2 naggies.
LikeLike
Die teeparty is Vrydag. Blog oor albums.
LikeLike
Wonderlik hoe sulke gesprekke gou-gou die inspirasie word vir nuwe blogs!
LikeLiked by 2 people
Towerinne doen dit mos aan mekaar!
LikeLiked by 2 people
Ek is een van jou muses (musae?) en jy is een van myne 😄
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Simbiose?
LikeLiked by 1 person
Dis reg!
LikeLike
Dis so ‘n lieflike inskrywing hierdie. Dankie!
LikeLiked by 2 people
Dankie. Dis lekker om jou hier te sien. 😁
LikeLike
Dankie, was lekker om te lees. God is altyd goed.
LikeLike
O Hy is!
LikeLike
Ek is mal oor die Gaithers en al hul vriende. Jy het goeie musiek smaak!
LikeLiked by 1 person
Toevallig by hulle uitgekom, ek het naar net die liedjie gegoogle.
LikeLiked by 1 person
Hou van die oorwurm woord, ek raak deesdae so wakker met ń oorwurm. Dit is nou al skoon ń opgewondenheid in my om te ontdek wat is vandag se oorwurm. Mooi positiewe skrywe van jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie. So, wat is vandag se oorwurm?
LikeLike
Chris Tomlin se Lord I need you
LikeLiked by 1 person