Met ‘n lied in die hart

Ek is nie lief om stad toe te gaan nie. Soos ek ouer word, wil ek dit regtig net doen as dit regtig nodig is. Ek reël ook my dinge so dat ek sommer ‘n klomp vlieë met een klap afhandel.

So het ek nou ‘n onvermydelike Kaaptrippie gehad van twee dae.

Ek kry goeie nuus by die dokter, soek twee vriendinne van baie jare op, kuier by my kinders en my hart sing.

Eintlik, al sedert Sondagaand sing ek, ‘The windows of heaven are open, the blessings are falling tonight. There’s joy, joy, joy in my heart, since Jesus made everything right. I gave Him my old tattered garment, He gave me a robe of pure white. I’m feasting on manna from heaven, and that’s why I’m happy tonight.’  (Na aanleiding van oom Angus se boodskap dat God vir ons ‘n tafel voorberei, ons moet net gaan sit en die manna uit die hemel wat hy daagliks vir ons voorberei, geniet. En Toortsie voeg by: Ons moet loop aansit, soos oom Angus sê en nie net elke keer vinnig ‘n wegneemhappie gryp nie, aansit is baie lekkerder en bevredigender. Die kos én die geselskap is baie beter. Ek is omtrent al heel week besig met kos!)

Ná die afhandeling van ‘n groot taak Dinsdagoggend, draai ek moeg en honger by Tygervallei in. Gewoonlik parkeer ek onderdak, maar besluit om sommer bo in die warm son te parkeer, ek gaan mos net gou iets eet.

Met ‘n blye en dankbare glimlag op my gesig parkeer ek by die enigste opening. Die karwag kom en sê, ‘Hello Madam, you are so friendly.’ Ek antwoord, ‘But you are friendly too!’ Hy vra, ‘Are your husband the lucky one?’ ‘Yes’, sê ek.

Met die terugkomslag kom haal hy my van ver af om die waentjie te stoot. Ja, ek hét ‘n klompie inkopies gedoen. Hy vra, ‘do you remember that we had a lovely chat?’ Ek sê, ja, en ek het dit op facebook ook vertel dat hier soveel goeie dinge is in ons land, ons moet dit net raaksien.

Met ‘n lied in my hart ry ek terug huistoe.

The windows of heaven ARE open, ons moet net ons oë oopmaak vir die manna, en gaan sit aan by die tafel wat God vir ons voorberei het en geniet die saamwees en die lekkerte daarvan.

Mooi dag!

Toortsie

54 thoughts on “Met ‘n lied in die hart

  1. Ag Toortsie…snot en trane!! Daai liedjie het my bam-slap 50 jaar teruggegooi….dit was die songs waarmee ek grootgeword het……dankie dankie dankie. Mag die hemel net so wyd oop wees daar by jou.

    Liked by 2 people

            1. Shackeled by a heavy burden
              Neath a load of guilt and shame
              Then the hand of Jesus touched me
              And now I am no londer the same
              He touched me, oh yes, He touched me
              And now, I know, He touched my soul
              Something happened
              And now I know
              Jesus touched me and He made me whole.

              Liked by 1 person

        1. Jou lekkerkry vir jou verjaarsdag het my nou ook lus gemaak. Vrydag hou ek heeldag teepartie. Het vanoggend amper die hele dorp se vroue genooi. Dis altyd vir my ‘n verrassing, want ek kan nie onthou wie ek genooi het nie, so elkeen wat opdaag is soos ‘n present wat ek oopmaak. 😁

          Liked by 1 person

            1. Enige iets van 11 uur af tot so 6 nm. Jy is baie welkom! Ai, ek sal dit darem geniet as ‘n groen giggelbus vol vrolike dames hier voor my huis stop! Wag, laat ek dadelik begin bak, die Towerinne is op pad!

              Liked by 1 person

            1. Ons moet ook werk maak van ons albums. My man se oom, ‘n uiters bekwame man sy hele lewe lank, is skielik oorval met Altzheimers. Erg. Sommer net so. Die tannie sê al wat hulle red, is die albums. Hulle dae gaan om met dit.

              Like

                    1. Beslis nie. 🙂 Dis ‘n wilsbesluit wat ek lank terug geneem het, ek het genoeg twak in my lewe, op Facebook en my blogs is dit verbode. 🙂

                      Like

Gesels saam, asseblief!