Die giggelbus op die langpad

(Suiwer verbeelding van Toortsie en nog 13 ander dames, genaamd die Towerinne)

Ons is al weer op die langpad en die wiele van die bus draai om en om, om en om. Die klink my ons is op pad in ‘n noordelike rigting na nóg een van die land se vele provinsies. Blykbaar Limpopo. Volgens my, steeds maar net in die Transvaal, maar wat sal ek nou weet, ek kom mos hier van die onderpunt van die land af, amper by die see.

So tussendeur rock ons ook … Barcelona!

Dit klink my ons gaan ver ry en die kans is goed dat ons kan verdwaal en ek wonder baie sterk of Fillipo, of wat sy naam ookal is, die pad ken en ek hoor daar is baie verkeersmanne langs die pad.

Ons is honger ons is honger ons is baie, baie honger.

Die ding is, sodra die bus se wiele begin draai, dink Toortsie sy moet kou en sy is natuurlik mal oor stop langs die pad om piekniek te maak, maar deesdae is dit net so onveilig. Nou wonder ek, 14 towerinne en ‘n manlike busbestuurder, en ‘n hele gevolg, wat bestaan uit motorfietsryers, paparazzi, Vlaminge en nóg van wie ek nie eers weet nie, hóé gevaarlik kan dit regtig wees om by ‘n tafeltjie met bankies langs die pad te stop?

Ek het toe maar ‘n klompie eetgoedjies aanmekaar geslaan, mens weet nooit wanneer die honger ons beetpak nie, en Kameel, jy kan ontspan, ek het net ‘n paar ou helpertjies gehad, daar het nie te veel verkeerd geloop in die kombuis nie. Die Towerinne is só behulpsaam, jy weet.

Wat is ‘n piekniek nou sonder gekookte eiers? Omdat ek nie brood eet nie, het ek sommer Bantingmuffins gebak, dis lekker vullend en neute is goed vir ons. Kaaskoek met ‘n knertsie uit die melkkannetjie, net vir goeie preservering, die pad is lank en daar is nie ‘n yskas op die bus nie.

Skaapboudskyfies is ook altyd lekker so op die langpad en skaap- en varktjoppies, wat ons sommer met die hand kan vat. Die niertjies het nie so lekker gekom nie, ons hou dit vir wanneer ons iewers deur ‘n verkeersbeampte gestop word, sies tog, die verkeersmanne is ook maar lief vir eet en daar is nie winkels langs die pad as hulle honger raak nie.

Ek het sommer lekker happiegrootte frikkadelle en souttertjies gebak, dit maak die etery makliker op die bus.

Wortelstokkies, selderystokkies, komkommerringetjies en klein tamatietjies vir die varsigheid. Ek hou nie van pynappel skil nie, so ek het dit maar gelos. O ja, kaasblokkies, sommer net vir ‘n ou veilige lagie onder in die maag.

Towerinne, hier gaan ons! Terloops, hierdie bloginskrywing is al hoofstuk nommer 57 in die verhaal van die groen giggelbus en die 14 Towerinne en die storie is nog nie eers halfpad nie!

Toortsie

Die towerinne se virtuele toer kan hier gelees word:  http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

83 thoughts on “Die giggelbus op die langpad

  1. Griet, Toortsjy is oulik. Ek het juis die hele dag gesit en my reisrooster opgestel. Die etery op die langpad het my grys hare gegee. Nou kom jy en jy voorsien ons sommer van lekker versnapperinge. Ek sal jou nog vra om te help met verdere voorbereidings vir padkos. Ek het tweekeer piekniekmandjies nodig wat voorberei moet word. Baie dankie vir jou blink gedagte.

    Liked by 5 people

    1. Jy moet wel onthou dat daar ‘n string motorfietsryers is, en nog ‘n bus met die paparazzi, en volgens Hester se blog, is julle ‘n hele groep wat Suid-Afrika toe gekom het om saam met ons te toer, in julle eie bus. 🙂 Het jy Hester s’n gelees?

      Liked by 3 people

      1. Sorry, ik krijg alle dagen honderden berichten van andere Bloggers binnen en zie niet altijd alles, maar ik heb jullie link nu bewaard en zal het alle dagen nazien EN MEEDOEN aan de strijd tussen de veertien vrouwen, degenen die me OP de bus willen en de anderen die me er liever achter zien.
        Het wordt steeds leuker 😂😂😊😉

        Liked by 2 people

  2. Darem het ek vir ons ghumus gebring, self gemaak om die wortel stokkies in te druk!! Heerlik en lekker tuisgemaakte ystee met mint vir die spysvertering. Toorts dit is heerlik al jou kossies, baie dankie vd moeite en liefde. Moenie die kaasstrooitjies van amandelmeel vergeet nie en die tuisgemaakte peppadew met vegan kaas in….njammies. nou kort ons net lekker koffie. Gelukkig is daar n paar ultra petrol stasies langs die pad…

    Liked by 2 people

  3. Ag Toortsie…jy is n ware lewensredder, hoor! My konstitusie en baie brood is vyande en hier het jy nou ‘n sakie wat baie netelig kon word, sommer vinnig uitgesorteer! Dankie vir die heerlike kos! (Ek sal wragitg nou betaal om op hierdie oomblik so mandjie te hê)

    Liked by 1 person

  4. Ons is uitgesorteer, ek het hoeka heerlike koffie flesse vol gemaak met heerlike moer koffie wat ek hier by Cape Garden Centre by Moka koffie gekoop het, hulle brand mos hul eie koffie bone van reg oor die wereld. Die beste koffie. Sien ons maak nie net bo baas wyn in die Kaap nie. Frannie se tee ( hoop net nie die rooibos nie Frannie😱) , frangelica, die melk kannetjie, Toortsie se mandjie, Bondelsgedagtes se humus en ander lekkernye. Klink na ń heerlike fees langs die pad.

    Like

  5. Nou hoe het ek hierdie etery gemis? Ek is seker WordPress steek sommige inskrywings vir my weg en nou is ek honger. Darem te veel vleis vir my gekoopte tande – ek sal maar skelm aan my pakkie digestive biscuits suie 😄 Ek trek jou been Toortsie, jy is ‘n ou staatmaker.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!