Is Banting veilig vir kinders?

Toe ek die Bantingleefstyl begin volg het, was my eie kinders reeds volwassenes en ek kon dit nooit toets op my kinders nie.

Ek is skaam om te erken dat my eie kinders grootgemaak is op ‘n suikerryke dieet wat baie rys, aartappels, brood, beskuit, pasta, koek, kitspap en suiker ingesluit het. Natuurlik het hulle ook vleis gekry, hul het immers op ‘n skaapplaas grootgeword. Menige dae was ek lui, of het ek vergeet om groente te kook en het ons sommer geleef van vleis en brood.

Of Banting gesond is vir kinders?

Ek het nog nooit gewaag om my kop uit te steek en te sê dat ‘n volledige LCHF dieet gesond is vir kinders nie, bloot omdat ek regtig nie die kennis het nie.

My logika wil egter dit hê dat, soos ons in Banting geleer word om ‘regte’ kos te eet en nie die suikerbelaaide, verwerkte kos wat andersins verorber word nie, dit beslis beter moet wees.

Tog sou ek eerder eers met my dokter hieroor praat voor ek my kinders 100 persent oorslaan na LCHF. En dit, liewe vriende, skryf ek nie omdat ek twyfel in die LCHF leefstyl nie, geensins nie, maar eerder soos ek dit altyd doen, dat ek nie daardie verantwoordelikheid op my skouers wil hê nie.

Elkeen van ons doen Banting op eie risiko, ook wat ons vir ons kinders voer. Ek het die risiko meer as vier jaar gelede geneem en kyk nie een dag terug nie. Ek het aanvanklik gedink om dit net vir ‘n rukkie te probeer, en het nooit weer teruggegaan na my ou, ongesonde, eetgewoontes nie.

In die Lose It van September 2018 is ‘n baie oulike artikel oor Banting en kinders.

Hul skryf dat, voor jy wonder of Banting goed is vir jou kind, jy jouself moet afvra of die suikerbelaaide kos goed is vir hom? Hul noem dat tipe 2 diabetes al hoe meer onder jonger kinders gediagnoseer raak.

Hul noem ook dat dit Ketogeniese dieet goed is vir epilepsielyers, iets wat ek nie geweet het nie. Outismemammas wil ook beweer dat hul kinders beter funksioneer sonder suiker en, behalwe diabetes, hoor ek al hoe meer van ernstige siektetoestande wat op die LCHF leefstyl beter beheer word. Weer eens, raadpleeg jou dokter asb. Ek het nie die kennis om raad hieroor te gee nie.

(Foto uit Lose It Magazine)

Mooi dink voor jy jou kinders al die suikerbelaaide kosse gee. Daardie verwerkte kos wat met vitamines aangevul is, moes dalk aangevul word omdat die kos self minder voedingswaarde het as die boks waarin dit verpak word. Dis nogal iets om te oordink, né.

Bregda, wie se verhaal in die Lose It verskyn, het haar storie ook vir Toortsie vertel. Lees dit gerus hier. En het jy dalk ‘n LCHF suksesstorie wat jy met ons wil deel? E-pos dit vir my en ek plaas dit graag.

Groetnis

Toortsie

2 thoughts on “Is Banting veilig vir kinders?

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s