Ek skryf hierdie na aanleiding van my eie bloguitdaging by die opstelonderwerp, hoe ek my beste vriendin ontmoet het. Soos ek ook op daardie bloginskrywing noem, het ek op hierdie stadium van my lewe ‘n hele paar baie goeie vriendinne, hartsvriendinne, en wie sal ek nou uitsonder?
Ek kies graag vir Kameel, wat vir baie jare lank saam met my op hierdie blog geskryf het.
‘n Vraag wat ek altyd in my kop gehad het, was, hoé weet mense van jou blog? Op daardie stadium het WordPress ons nog baie gehelp om by nuwe Afrikaanse blogs uit te kom, maar hoe weet nie-bloggers van ons?
Toe begin Kameel, wat toe nog haar regte naam gebruik het, orals op die blogs kommentaar lewer. Ek het baie van die kommentaar gehou wat sy lewer, dit het vir my sin gemaak, gespreek van lewenswysheid en ek kon sien dat sy lief is vir die Here. Sy was nie ‘n blogger nie, so hoe het sy van ons geweet? Sy het vanuit haar Facebookprofiel kommentaar gelewer.
Later kon ek dit nie meer hou nie. Ek het vir haar ‘n inboks gestuur (inboks was die voorloper van Messenger, eintlik dieselfde ding) en gevra hoe sy van my, Toortsie, se blog gehoor het. Sy verstaan verkeerd, of dalk het ek verkeerd geskryf, en sy lees: Hoe het jy van my Toortsie se blog gehoor?
Sy antwoord: Onder watter naam skryf jy?
Ek en sy het per inboks begin kommunikeer. Ons het later Facebookvriende geword en redelik by mekaar kommentaar gelewer. Ons kon ons hartsgeheime met mekaar deel, ons het veilig gevoel, want ons woon in die twee uithoeke van Suid-Afrika en ken geen gemeenskaplike vriende nie.
Ek het haar aangemoedig om te begin blog, maar het later agtergekom dat sy nie sover gaan kom nie. Vir baie mense klink dit baie groter as wat dit is, veral ons ouer mense, wat nie met rekenaars grootgeword het nie.
Een dag inboks sy vir my: ‘As ek ‘n blog gehad het, sou ek vandag geskryf het oor ‘n stiefseun wat sy stiefma gevind het’, of so iets.
Ek skryf terug: ‘Kameel, ek nooi jou uit, kom skryf by my.’
Sy vra: ‘Wat is die reëls?’
Ek antwoord: ‘Wedersydse respek. Ons moet mekaar respekteer en moet asseblief nooit die blog afvee nie.’
Ons het baie goeie maats geword. Vir jare het Kameel op ons blog geskryf, totdat sy gevoel het dat sy graag haar eie blog wil hê. Ons bel soms mekaar, whattsapp as dit nodig is, lees mekaar se blogs. Kom ek in Pretoria, kuier ons saam.
Ek glo steeds dat hierdie ontmoeting deur God self gereël was. Ek kon soveel van haar leer oor menslikheid, liefde, en baie ander dinge.
Ek is trots om Kameel een van my vriende te mag noem.
Toortsie
Ag baie dankie Toorts….die liefde en respek is wedersyds. Net daardie stukkie oor “veral ons ouer mense….” pla bietjie 😁😁😁😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Wat het ek tog nou weer geskryf van ouer mense? Ai toggie.
LikeLiked by 1 person
Jy moes gesê het my pragtige jong vriendin 😗
LikeLike
Ai. Ek bly ook in die moeilikheid! 😱😳
LikeLiked by 1 person
Not to worry…ek bly lief vir jou. 😚
LikeLike
Ag dankie tog!
Maar feite is feite, onthou!
LikeLiked by 1 person
Dis baie kosbaar….
LikeLiked by 1 person
God sent
LikeLiked by 1 person
So ontmoet mens ander en groei ons na mekaar toe alles met wedesydse respek.
LikeLiked by 1 person
‘n Blywende vriendskap wat in die kuberruim begin het. Ek is mal hieroor.
LikeLiked by 2 people
Regtig ja, dis baie besonders.
LikeLike
Ek is baie dankbaar dat ons klompie julle albei in ons lewens het! Mooi geskryf, Toortsie.
LikeLiked by 2 people
❤️ En ons is net so dankbaar oor jpu en elkeen van die blogmaats.
LikeLiked by 2 people
Wat ń pragtige werklike verhaal.
LikeLiked by 1 person
Besondere verhaal van ‘n besondere vriendskap!
LikeLiked by 1 person
Dankie!!! Lekker en goed, om ook deel hiervan, te wees.
LikeLiked by 1 person
Julle albei is spesiaal en maak my lewe beter
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person