Sjoe! Word ek nou geseën!

‘n Mens kan maak wat jy wil, jy kan jou so nederig hou soos jy wil, maar dis lekker as iemand ‘n goeie woordjie vir jou doen. Of as jy probeer het om ‘n boek uit te gee, jy onverwags ‘n verskriklike mooi resensie kry. Ja, dit is vir my heerlik, heerlik, heerlik as ek ‘n sms of ‘n whattsapp of ‘n inboks of messenger of e-pos of wat ook al kry waarin iemand vir my vertel dat hulle my boeke geniet, of dat dit vir hulle werk of dit maklik vind.

Ek gesels nou die dag met ‘n vriendin wat ek danksy my Toortsieboeke ontmoet het. Ek wonder sommer of ek ‘n boek drie moet uitgee. ‘Ja’, sê sy. Ek noem aan haar dat hier deesdae baie Bantingboeke is. ‘Ja, maar jou boeke is uniek. Jou goed is lekker en dis maklik om te maak. Ek kan dit selfs vir my huishulp gee en sy kan daaruit werk sonder sukkel. Solank jy net nie van hierdie resep van jou afwyk nie, sal jou boeke altyd verkoop.’ Ag, en toe kry ek so stilweg lekker.

Maar gister kry ek uit die bloute ‘n e-pos van Filosopete af. Hy het my boek weer iewers op ‘n rak gekry.

Lees ‘n bietjie wat skryf hy:

Hier’s die Toortsie weer!

Krap ek rond in my vrou se heiligdom vanmiddag, kom af op my lankalsoekboek. Jy weet watter een.

Of jy nou bênt of nie, kry vir jou Toortsie se jongste boek. Ek mag dalk net eendag meer ernstig resenseer, maar die baaskok wat namiddag op TV waterblommetjies verfomfaai het, kan by hierdie voorslag boervrou kom leer oor kosmaak.

En as jy gedink het kerrievis of mossels is vervelig, kom leer by Toortsie. Sampioene op verskeie maniere gevul, spinasie wat heel smaaklik op die tafel kom, lamsboudjops. Mensig, my bekkie begin water.

Die res van die storie moet julle op sy eie blog gaan lees, HIER.

Al wat ek kan sê, is dankie, dankie DANKIE! DANKIE vir die pragtige woorde, dit beteken vir hierdie plaasmeisie uit die Overberg besonder baie.

Gaan lees asseblief by hom.

Groete

Toortsie

16 thoughts on “Sjoe! Word ek nou geseën!

Gesels saam, asseblief!