Blogsafari – Die mense op die bus

Soos almal mos al teen hierdie tyd weet, is 14 van ons bloggers, beter bekend as die Towerinne, op ‘n virtuele toer deur ons land. Die toer gebeur nie regtig nie, maar soos Woordnoot dit uitstekend beskryf het, verbeel ons ons dit is regtig. In ons verbeelding neem ons die land behoorlik op horings.

Kyk, die towerinne kán kuier, kán partytjie hou, kán korte mette maak met ‘n paar ou diamantjies, kán valskerm spring, roei op ‘n dam, boeresport hou soos min, maar gister by Sun Eden het ek gesien dis ‘n klomp formidabele vroue op wie die land trots kan wees! Nie een het geswig voor die versoeking van daardie manne nie. Nee, hulle het hulle almal waardig gedra!

Op die bus is, natuurlik, die Towerinne, in geen spesifieke volgorde:

Hester, wat probeer om die span in toom te hou, maar self ook maar ‘n paar bedenklike vriende het wat ‘n mens laat wonder.

Lekkervurig, wat so stilweg agter in die bus sit en lees, maar vir Hester probeer hand gee om die klomp uit die moeilikheid te hou. Oppas vir haar, sy hou van poetse bak!

Toortsie en Una oefen kliphard vir die nonnekoor, maar moenie hulle weggooi nie, waar daar sports is, is hulle by. Una wil soms ‘n stoutigheidjie laat deurglip, maar darem nie té erg nie.

Woordnoot lyk maar so stil en nuut, maar sy het die lot alreeds mooi deurgekyk en opgesom. Sy moet omtrent ‘n front voorhou by haar man, hy dink sy kuier glad nie lekker tussen die klomp Towerinne nie!

Perdebytjie sorg vir goeie beriggewing as orige joernaliste, soos ‘n sekere Broodina, wat nie hul plek ken nie, vals berigte plaas.

Tannie Frannie sorg dat daar altyd broodjies op die bus is, maar sy het haar hart verloor op Silwer, ‘n motorfietsryer, wat deur Virgo gereël is. Sy, Virgo, van Abu Dhabi, het kontak met die motorfietsmense, wat ook ‘n wakende ogie oor ons hou, saam met Abrie en Lewies en vele ander wat nie op die bus is nie, maar op hulle eie die toer volg en ons help waar nodig.

Seegogga is baie stil, want haar gedagtes was nog heeltyd deur die skoolreünie opgeneem. Die reünie is egter nou verby, so wees gewaarsku: Sy is glad nie so stil nie, hoor!

Bondelsgedagtes het ons tog te lekker onthaal op die plaas.

Scrapydo het al die pad van Nieu Zeeland gekom en sorg vir die Magic Potion, amper soos Astrix en Obelix!

Trommeltjies is baie stil en op haar plek, sy gedra haarself onverbeterlik. Maar ja, stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond! Of hoe nou weer?

Kameel voel verantwoordelik vir Toortsie en raak baie gespanne as Toortsie in die kombuis in verdwyn. Sal sy dalk dink dat Toortsie skelm eet, of wat?

Vir Positief en haar skerpheid moet julle nie weggooi nie. Sy trek sommer vinnig ‘n haas uit die hoed uit!

(As ek iemand dalk uitgelaat het, sal jy asb vir my vergewe en jou hand opsteek?)

Toe dié toer begin het, was ek ‘n bietjie benoud, dis ‘n bus net vol vroumense, sal die humeure en hormone en alles saamwerk? Nou kan ek getuig, dis een groot fees. Geen ongemaklikheidjies was tot dusver te bespeur nie en ek vertrou dit sal sommer end-uit goed gaan.

Behalwe die Towerinne, is daar nog ‘n paar ‘manne’ op die bus:

Lorenzo, wat Kameel ingesmokkel het, om die bus te bestuur. Ag, hoe dankbaar is ons almal, nou is ‘n groot verantwoordelikheid van ons skouers af. Of is dit nou Alfonso? Ag, ek weet nie en gee nie om nie, ek kry nie met hom te doen nie. Hy praat ‘n vreemde taal, Spaans of Grieks of Romeens of iets. Solank hy die bus op die pad hou, is ek tevrede en kuier ek saam met die Towerinne.

Tannie Frannie se neef, Frangelico, reis ook saam en sorg vir vele pret en plesier.

Dan is daar die Vier Nefies uit die Robertsonvallei. 😂 (Hulle het blykbaar goeie vriende ook, dié nefies, almal daar van Robertson en die Paarl. En dan praat ek nie eers van die wyne uit die Overberg nie!)

Die Towerinne het régtig goeie smaak, ek móét dit sê!

Al wat ek weet, is, ons toer lekker, en julle moenie alles glo wat julle lees nie! Party van ons is sommer net grootmond, maar ons skrik ons gou yskoud!

En ‘n mens moenie die towerinne se toerstories net voor slaaptyd lees nie, dan werk jou brein oortyd en raak jy aan die skryf! 😂

Ag, en sommer vir die geselligheid het Toortsie gou twee kaaskoeke gebak. Hier is ‘n gewone Bantingkaaskoek:

En hier is ‘n Banting Grenadellakaaskoek:

Vir dié wat wonder, daar is geen geheime doepatjies in nie. Nie eers ‘n druppeltjie nie. Maar wie sal my in elk geval glo, so dalk is daar ‘n ou geurmiddeltjie of twee in. Net vir ingeval. 🍯

(Kameel! Kameel! Toortsie was in die kombuis! 😱)

Na aanleiding van die navraag, dís die melkkannetjie wat die Toortsie opgewonde maak. Glad nie Bantingvriendelik nie, hoor! Een slukkie een maal per week maksimum.

Die towerinne se virtuele toer kan hier gelees word:  http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Groetnis

Toortsie

93 thoughts on “Blogsafari – Die mense op die bus

      1. Ek sit agter – sien nie alles nie…jy sê dan ek lees heeltyd. Ek grap, naruurlik is ons formidabele vroue met ‘n voorliefde vir blink goeteen broeders en nefies! WAT IS OP JOU SKOUER! Staan stil…..Bwahaha!

        Liked by 2 people

  1. Sal Bertus nou nie trots wees as hy hierdie lees nie…sy vroutjie oefen so mooi vir die nonnekoor! Hy gaan wel wil weet wie Hester se vriende is, en hoekom sy sussie alweer met motorfiets mense deurmekaar is. Toortsie se gebak sal hom darem lawe, maar hy gaan ń wenkbrou lig oor tannie Frannie se Silver.

    Liked by 3 people

            1. Ek vermoed daar is nou ‘n ander roomlikeurtjie by die kaaskoek ter sprake. Dalk Amarula. Of die melkkannetjie. Ja! Die melkkannetjie! Ken julle dit? Sjoe, dis lekker! Dit sal beslis die kwaliteit van ‘n kaaskoek verbeter.

              Liked by 2 people

  2. Room sag en smelt in jou mond so lekker is dit. Ek is besig om n verslaafde te word. Kannie sonder die groen bus en sy towerinne verder gaan nie. Dis n goeie opsomming van almal. Ons kan aan die einde dit vergelyk met jou laaste opsomming. Sal dan sien hoe ons mekaar beinvloed het, ha ha.

    Liked by 4 people

  3. Nè? my vriende is bedenklik maar almal is maar te dankbaar vir die helpende hand wat hulle soms uitsteek, byvoorbeeld om die voorbeeldige aangeklamde Towerinne uit die tronk te haal? Maar daar word nie ‘n woord gesê oor Frannie se bedenklike familie nie – so terloops, hoekom het ek gedink Frangelico is haar seun?

    Liked by 3 people

  4. Daar lees ek toe jy hou van die melkmannetjie…my maag gee sommer ‘n draai “net nie nog ‘n mannetjie waarmee ek moet tred hou nie!!” Geniet maar jou melkkannetjie… en stuur ‘n bietjie tert dié kant toe.

    Liked by 2 people

  5. Nou te lekker gelees, maar – foutjie, dis 01.29. Nou is my slaap heel weg. Unatjie ek is SO bly Toortsie dink ek is stil en op my plek, ordentlik nê. Vandag hoeka daar in die drankwinkel die frangelico so bekyk, maar nog nie jou melk kannetjie raak geloop nie. Kan mos mooi in pas by die banting konsep, dit lyk reg, ń goeie camouflage.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!