Dis nie net towerinne wat Pretoria op hol jaag nie

Dis nou maar een ding wat waar is: As die towerinne ‘n gebied betree, gebeur daar dinge in daardie gebied. Die stad of dorp of plaas wéét van hulle.

Die towerinne kuier mos tans in Pretoria, soos ons orals op die blogs sien. Hulle spring valskerm, ontstig die opera, wat nog alles, en vertel van al hulle herinneringe.

Wanneer julle hoor dat die Toortsiespan Pretoria toe kom, moet julle ook maar vroegtydig koes. As daar nie ‘n kragonderbreking van hoeveel dae gebeur as sy kom kuier nie, skuil Toortsie agter ‘n flipfile vir ‘n donderstorm en laat mense hoe lank in die reën staan en wag omdat sy so verskriklik bang is vir die weer. Sy parkeer met haar kleine huurkarretjie op die VIP-parkering en laat Uber verrrr terugry vir haar koorlêer wat sy in die gastehuis vergeet het.

Of die Toortsie en haar dogter neem ‘n hele toer van Gauteng in ‘n middag se tyd op soek na PRETORIA! Elke liewe bord wys Pretoria, maar hulle hou verby in hulle soeke na Unisa. Dankie tog vir bloggers en vriende wat die kersie se liggie helder hou!

En dan was daar die dag wat die Toortsie en haar boerderyvennote met die 4×4-vlug vlieg en genadiglik Lanseria haal en daardie aand die hele Pretoria op horings het toe hulle die Gautrein met 2 minute mis, amper ‘n taxi-oorlog veroorsaak het, nie hulle voertuie by die Gautreinstasie kon afhaal nie, amper dubbel soveel mense in die gastehuis sou huisves, maar tog, baie ure later, almal veilig by hulle huise was. (Mag ek sê, ons het lekker gelag daaroor?)

Toortsie en haar vriendin het ook een aand voor die Staatsteater gestaan en wag vir die Uberkar wat haar moet oplaai, maar hy draai en draai en draai en die Staatsteater loop leeg, totdat daar op die ou end net drie dames en een man staan … Uber hét opgedaag en gewag tot die ander dame se mense haar kom oplaai.

In daardie Pretoria het Toortsie ‘n Unisa musiekkompetisie van haar dogter beleef, wonderike tye saam met Capital Singers beleef, wonderlike blogmaats ontmoet, en ook die Wêreld Koor Olimpiese Spele beleef. Toortsie het regtig wonderlike herinneringe aan Pretoria.

Dit het gebeur op die trein na Pretoria
Die weer was bitterlik koud
In ‘n hoekie sit ‘n meisie
Sy lyk vir my skaam en benoud

En ons towerinne? Ons kuier tog te lekker in Pretoria!

Die towerinne se virtuele toer kan hier gelees word:  http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Groetnis

Toortsie

Advertisements

24 thoughts on “Dis nie net towerinne wat Pretoria op hol jaag nie

    1. Scrapy het my aan hierdie liedjie laat dink. Kom ek sê so: ‘n Vriendin van my dogter het een keer gesê my
      dogter se ma sing altyd: In die kar, in die huis, as sy skottelgoed was. Al waar ek nie sing nie, is in die stort.
      Die waarheid is egter dat ek deesdae eintlik baie min sing.

      Liked by 1 person

      1. My Zulu buurvrou by die vorige kompleks het ‘n pragtige stem gehad en sy het so gesing terwyl sy huiswerk gedoen het. Ons kon mekaar nie sien oor die heuwel nie, maar klank trek ver deur die bosse en ek het haar uitvoerings geniet.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s