Hoekom wil ek juis die Camino stap? Is hier nie ander staproetes wat ek eerder wil stap nie? Hoekom in Spanje gaan stap, hoekom nie sommer in SA nie?
Ek het baie redes hoekom ek dit wil doen, en ek is seker ek het nog baie meer redes as wat ek hier noem.
- Ek is ‘n ewige toeris, dit is in my bloed. Ek hou daarvan om nuwe plekke te ontdek en te besoek.
- Vandat ek die eerste keer van die Camino gelees het, interesseer dit my.
- Europa is ‘n lieflike plek om te besoek, die dorpies is nie ver van mekaar af nie, die Spanjaarde verwelkom die pelgrims. Die infrastruktuur is goed.
- Ek kan nie ‘n rugsak dra nie en by die Camino is daar ‘n diens wat jou sak vervoer van die een plek na die ander.
- Ek het al baie ander staproetes ook gedoen. Wat my trek van die Camino is dat ‘n mens ‘n verder afstand kan aflê, jy kan stap so lank of so kort soos jy wil.
- Dis vir my ‘n oulike manier om oorsee te toer.
- Ons het die neiging om te veel in ‘n te kort tydjie te wil inprop, te veel plekke te wil sien en dan jaag van die een plek na die volgende. Ek dink dit sal goed wees om dit rustig, al stappende te doen.
- Dit moet ‘n fantastiese vakansie wees.
- Dit kan selfs ‘n bietjie goedkoper manier van toer wees as die normale een. Pelgrims kry op baie plekke afslag.
- Ek is lief vir stap. Ek is lief vir mense en dit sal vir my lekker wees om interessante mense langs die pad te ontmoet en ‘n paar woorde mee te gesels.
- Ek sal dit nie alleen wil doen nie, en sal dit graag saam met my man wil doen. Ek sien dit as ‘n belegging in ons huwelik.
- Ek glo dat dit vir my ‘n geestelike verdieping sal bring, dat ek tyd met God sal deurbring, tyd met my gedagtes.
Toortsie
Baie goeie redes. Sou ook graag so n loop deel wou doen. Die idee dat jy nie jou tassie/sak dra nie is n pluspunt. Ek hoop dit realiseer volgende jaar vir jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek is erg aan die oplees en program neerskryf.
LikeLike
Lekker man. Dit gee die lewe meer betekenis.
LikeLiked by 1 person
Ek moet altyd iets hê waarna ek uitsien.
LikeLike
Selfde hier. Sodra ek my op iets toespits is dit berekeninge, opsommings, inligting, wat ook al insamel tyd. Het juis ingeskryf vir NaNoWrMo. Nou maak ek lysies en versamel al my inligting sodat ek reg is vir November.
LikeLiked by 1 person
O sterkte!
LikeLike
Hierdie is almal uitstekende redes, Toortsie. Ek het nog nooit daaroor gedink nie, maar jy het my belandstelling nou geprikkel.
LikeLiked by 1 person
Ek kry vrae soos: Hoekom stap jy nie eerder die Tankwa Camino nie.
LikeLike
My haarkapster en 7 ander vroue in die groep doen dit volgende jaar. Hulle gaan 10 dae stap….slaapplekke ens is alles klaar betaal. Miskien word jou droom ook volgende jaar waar.
LikeLiked by 1 person
Die boeke sê dis nie nodig om vooraf plek te bespreek nie, jy stap van herberg na herberg. Dan slaap en eet jy baie goedkoop. Ek verkies ook egter om my slaapplek vooraf te bespreek. Ek wil nie moeg in ‘n dorp aankom en daar is nie slaapplek nie. Een van my vrae is, is dit nodig om deur ‘n agentskap watjy nie ken nie, te bespreek? Met baie navorsing, glo ek, sal ek dit self kan doen en deur booking.com bespreek. Ek bestudeer nou Bileam se donkie en Erns Grundeling en skryf neer elke tree wat hulle loop.
LikeLike
Mariaan sê haar man sou haar nie laat gaan het as hy nie weet waar sy gaan bly nie. Soos ek verstaan reël een van die vrouens alles…. dink nie dis deur ‘n agentskap nie. As jy wil kan ek haar nommer vir jou kry dan gesels jy met haar. Ek het haar ontmoet… baie gawe vrou.
LikeLike
Dankie. Ek sal vir jou sê.
LikeLike
Ek werk graag deur booking,com. Dan kan ek my eie verblyf reël.
LikeLiked by 1 person
Dit is die perfekte redes! Ek hou al my duime en tone vas dat jy dit sal kan doen.
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLiked by 1 person
Ja, weg is jy en neem baie fotos. Vat jou selfoon sodat jy kan blog terwyl jy stap. Ek toer met graagte saam (virtueel).
LikeLiked by 1 person
Reg juffrou. 😁
LikeLiked by 1 person
Haha. Pasop, ek laat jou sowaar nog ‘n opstel skryf oor “my vakansie”.
LikeLiked by 1 person
Die kans is goed dat rk dit in elk geval sal doen. 😁 Ek moet nog net my partner oortuig kry om saam te gaan. Soos jy heeltemal tereg in die staatsteater opgemerk het, is die kans goed dat ek binne 3 treë sal verdwaal. Maar ek het ook al geleer dat die liewe Here sal sorg. Iemand sal na my kyk, dit kan jy maar weet!
LikeLiked by 1 person
Dis waar en soms dwaal ‘n mens op interessante weë.
LikeLiked by 1 person
Dit was ook al van lankal af my droom, maar ek dink dit sal net ń droom bly. Hoop jy kan dit gaan doen, ek dink dis wonderlik. Tyd uitgekoop vir me-time.
LikeLiked by 1 person
Die tyd sal leer. 😊
LikeLike