Dit was so hittete

Kyk, dit was so hittete, en ons weet mos almal dat Kameel dinge soms vooruit kan voorspel! Toe Kameel gister haar storie vertel van Toortsie in die Staatsteater in Pretoria, sjoe! Was dit nou ‘n ervaring! Toortsie die hoofsangeres in The Phantom of the Opera! Chrisine van alle rolle!

Toortsie! Hou op droom! Hou op spek skiet! Hierdie is suiwer fiksie! Kameel het net ‘n storie vertel, dit is nie waar nie!

Maar, dis nie die einde van die verhaal nie.

Die Simphonia National Orchestra & Band Festival vir skole vind hierdie naweek plaas in Mosselbaai. Dit is die heel eerste keer wat dit aangebied word en hulle hoop dat dit oor jare ‘n baie groot geleentheid sal word. My kind nooi my om te kom luister en ons gaan woon toe die opening by.

Ek gee genoeg rytyd tot daar, maar pappa is rustig en ons ry sommer so lekker met die agterpaaie om die wêreld te kyk, julle weet, en kom minute voor die tyd by die Diaz museum in Mosselbaai, waar dit aangebied word. En, net soos in Kameel se verhaal, moet Toortsie gou vinnig ‘n draaitjie loop voor die verrigtinge begin. Maar, om die draaitjie te loop, moet jy deur die ‘konsertarea’ beweeg, tussen ‘n orkes deur! Man! Ek was só bang hulle begin stiptelik!

Daar was slegs drie orkeste, naamlik ‘n Marimba orkes, ‘n blaasorkes van Port Elizabeth en die Dromspelers van Klein Boishaai in die Paarl. Daardie dromspelers is só goed en professioneel, ‘n mens kon amper dink hulle is hoërskoolkinders! Die marimbaspelers was ook goed, maar die blaasorkes van PE het ons asem weggeslaan. Sjoe! Hulle is uitstekend.

Is jy in Mosselbaai se omgewing hierdie naweek? Doen gerus die moeite en gaan kyk na hierdie orkste, julle sal nie spyt wees nie.

En net ingeval die Towerinne wonder, ek het NIE daar op die karveel gestaan en sing van oom Dias nie.

Maar die mooiste kom nog. Ons gaan eet gou na die tyd saam met die Boishaaiers. Hulle het al geëet toe ek die vertrek binnekom, en soos een man staan die manne op om respek te toon. Sjoe! Kry ‘n mens dit nog in vandag se tyd? Mooi manne, ek is trots op julle!

Groetnis

Toortsie

 

18 thoughts on “Dit was so hittete

  1. Sjoe! Dit moes amazing gewees het. Dis vir my so great dat jonges nog in musiek maak belangstel en nie net blindelings musikante volg wat DINK hulle kan sing nie. My liewe dierbare 35jarige baas, het die begin van die jaar met viool lesse begin en ons gaan Saterdag haar eerste konsert bywoon! Nooit te oud nie, nê!

    Liked by 1 person

    1. Wat vertel jy my!?😱 Was ek nou weer so in die oomblik en verbaas en wat nog alles dat ek dit nie besef het nie!? Petrus het weer gedoen laaaank voor hy gedink het! 😱

      Like

Gesels saam, asseblief!