Planne

Vir party mense kan dit angswekkend klink, vir my gee dit ‘n gevoel van rustigheid in my hart: Baie van my planne realiseer nie, maar dis heeltemal reg met my, want ek hét so baie planne!

My kop werk heeldag en aldag oortyd en dan het ek dié plan en dan het ek dáárdie plan en BAIE van hulle realiseer nie. Genadiglik nie! En terwyl ek hard werk aan hierdie plan, kom daar ‘n buiteperdplan verby en dan gebeur dit sommer!

Wat vir my angstig maak, is as die planne opraak, as daar nie ‘n toekomsvisie is nie.

Daar is mos die spreekwoord, ‘n boer maak ‘n plan, en dit is baie waar. Wat uiters gevaarlik is, is as ‘n boer se planne opraak. En met hierdie boervrou is dit net so: Solank daar nog nuwe planne gemaak kan word, is die Kaap Hollands, maar as Toortsie haar teen ‘n muur vasloop en daar geen planne te maak is nie … angswekkend!

So beplan ek baie dinge waarvan ‘n groot deel nie realiseer nie, maar ook baie realiseer en dit hang van jou persoonlikheid af oor hoe jy daaroor voel: Gaan jy konsentreer op almal wat nie realiseer nie, of gaan jy fokus op hulle wat wél realiseer? Gaan jy sê, ag wat, dis weer een van Toortsie se mal planne, daar gaan niks van kom nie, of gaan jy eerder dink om te wag en sien en dan verras Toortsie jou met iets heeltemal anders?

My kop is nou op 2019 en ek het ‘n hele paar gróót planne, en wie weet, net dalkies gebeur één van hulle, of nie:

  1. Die Camino roep my. Hy roep my al baie jare. Soms is hy stiller as ander tye, maar op die oomblik is sy stem nogals hard en duidelik. So, Toortsie lees en lees en maak planne. Wanneer? Hoe lank? Van waar tot waar? Ek lees ernstig aan Erns Grundling se boek, Elders, en sommer ook aan Ewald Schmidt se blog toe hy destyds die Camino gestap het en dan is daar hier en daar ‘n bietjie aanvoorwerkies ook.
  2. Toortsie moet haar resepte orden en begin werk aan ‘n moontlike boek 3. Wanneer? Hoe? Of? Die tyd sal leer.
  3. Ek sal baie graag een keer in 2019 wil deelneem aan Capital Singers. Maar as ek die Camino gaan stap, gaan ek dalk nie dit ook kan doen nie.

Drie groot dinge, en ‘n baie besliste vierde wat ek nie nou gaan noem nie, maar almal van hulle vra baie tyd, baie voorbereiding, en my normale lewe gaan mos steeds aan. Intussen is daar ‘n paar goed om oor opgewonde te wees, ‘n vooruitsig, of dit realiseer of nie. 🙂

Toortsie

20 thoughts on “Planne

    1. dit is nou 12h40 en ek sit ook en wonder waar gaan ek ‘n gebed aan lyn kry wat my bietjie meer krag en hoop gaan gee en so kom ek op die webblad af.

      skuus ek is nou heel van die punt van planne af maar soos almal het ek ook planne gehad met my lewe, baie planne maar niks maar net mooi niks wil uitwerk nie..

      ek is so moedeloos en gedaan, dat ek nie meer weet watter kant toe nie..wat doen mens…jy bid en bid en bid en bid en nogmaals bid maar net nerens is daar antwoord nie..

      hoe gemaak dan hmm/?

      ek weet nie..

      Liked by 1 person

      1. Hello Sam. Ja, ons mak planne, maar dit werk ne altyd uit soos ons dit wil hê nie. Daar is ‘n verskriklike oulike berading waar jy regtig by Gid uitkom. Transformation Prayer Ministry. Waar woon jy? Dalk is daar so iemand naby jou?

        Like

    1. Ek weet nie! Al 3 is groot en plan nr 4 is NOG groter! Dalk is daar weer ‘n buiteperd wat wen. 😂 Dit sal baie help as ek gefokus kan bly, dan kry ek baie reg! Dit help my om ‘n datum te hê.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op travel460 Kanselleer antwoord