(Suiwer fiksie, verbeelding van Toortsie, oor ‘n nét so fiktiewe toer van die Towerinne, waaraan ‘n groep bloggers deelneem. )
Towerinne, ek het ‘n nare gevoelentheidjie. Dit wil vir my lyk of ons nie heeltemal ontslae is van Broodina nie. Sy laat haar nie só maklik afskud nie, veral nie noudat sy haar werk verloor het nie!
As daar nou al iemand de brood in was, is dit nou sy. En sy lei aan ‘n vervolgingswaan en glo ons wil haar iets aandoen. Sy wéét van aandik en stories spin, soos ons mos nou al uit ondervinding weet.
Volgens wat ‘n baie betroubare bron vir my gesê het, is sy nou besig met ‘n haatveldtog teen ons. Sy gaan ons nie uitlos nie. Sy het ons in haar visier en skryf blykbaar op haar blog, Broodina se gebakte broodjies, die een morsige storie na die ander oor ons Towerinne. Haar woordeskat en verbeelding ken geen perke nie en sy agtervolg ons groen towerbus nou waar ons ookal gaan, met net een doel en dit is om ons swart te smeer.
Sy het ‘n profiel op al wat sosiale media is, ‘n Facebookblad, Instegram, Twitter, Pinterest, noem maar op, en orals skryf sy nare goed en plaas suggestiewe foto’s. En natuurlik het sy haar lang string aanhangers wat alles wat sy skryf, vir soetkoek opeet.
So dames, wees maar gewaarsku.
Natuurlik glo ek ook: Enige publisiteit is goeie publisiteit.
Nou ja, lekker toer!
Toortsie
Die virtuele toer van die towerinne kan op hierdie skakel gevolg word: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
Toorts dankie vir die waarskuwing!! Ek sal met ons veiligheids afdeling praat om haar te onderskep as ons naby die plaas is, ek is in radio verbinding met hulle….”komandor sektor 50 kom in vir Rooiklippe 10/4….”
LikeLiked by 5 people
Ek het gewéét ons laat ons nie só maklik onderkry nie. Dat sy nie wil leer nie, gaan my verstand te bowe!
LikeLiked by 1 person
Janee dis verregàande🙄
LikeLiked by 1 person
Ek dink ons sal vir haar ń lokval moet stel. Sal in cocnito moet gaan en uitvind wat haar sagteplekkies is. Ek glo dit moet ensieme wees, dalk kan ons vir haar ń broodjie bak met ń nare ensiem in. Waar is ons wetenskaplike breine, laat van julle hoor. Ons moet ń stokkie hiervoor steek, sy kan nie ons toer ruineer nie.
LikeLiked by 5 people
Gelukkig is die hele motorfiets-familie van haar vertel en op hulle hoede, hulle sal nie met die Girls laat mors nie en op standby by al ons kuierplekke. Big- Daddy-Cool het gesê hulle is ‘n foon oproep weg🏍🏍
LikeLiked by 6 people
Sien jy nou! Ek sê mos altyddis nie wie jy is nie, maar wie jy ken!
LikeLiked by 1 person
😄👍
LikeLiked by 1 person
Big-Daddy-Cool??? Is daar nie dalk ‘n Old-Daddy-Cool ook nie? Wou hoeka laankal weer agter op ‘n motorfiets rondrits…
LikeLiked by 4 people
Tannie Frannie, dis gerëel en Big Daddy sê hy het sommer klaar vir Old Daddy gesê, hulle noem hom Silver. So jy spreek die woord en daar gaan jy, hulle wag en kuier saam in Gariep😁😁🏍🏍
LikeLiked by 4 people
Jong, jy spring darem maar vinnig! So Old Daddy het nog sy hare? Of is dit sy fiets se kleur? ‘n Winterrromanse…kannie wag nie!
LikeLiked by 4 people
Tannie Frannie, so bos silver hare met die mooiste smile, so Sam Elliot look -alike. En niemand sukkel met hom nie. Hy het hoeka gevra of jy ook Gariep toe kom en Daddy Jr gesê defniteif, ek kry diegevoel hulle sluit dalk vroëer aan as wat ons dink. Hy ry so mooi Fatbob Harley, swart soos die nag😉
LikeLiked by 4 people
Hmm, wou nog altyd ‘n Harley-ryer se psige (probeer) deurgrond.
LikeLiked by 2 people
Well, no time like the presemt (or future)😉😉
LikeLiked by 3 people
Die beste tyd is nou!
LikeLiked by 1 person
Nou is jou kans!
LikeLiked by 2 people
Dit wil my so al voorkom of Frannie die tannie uit gaar blog gaan haal en met apologie aan die vuurherd verkoper die Vurige Frannie noem. Hierdie gitswart Harley-ers moet net nie met jou mors nie Vurige Frannie. Een manier om hulle af te Joel is om hulle oom te noem!
LikeLiked by 1 person
Vurige Frannie! Ek hou hiervan! Di alliterasie en als, jy weet. Oom! 😂👠👠👠👠
LikeLike
Af te Joel is veronderstel om te lees af te koel
LikeLike
Ek verstaan so. 😁
LikeLike
My tone krul nou sommer net as ek aan die moontlikhede van hierdie romanse dink! Hier kom nóg ‘n blogstorie!
LikeLiked by 1 person
Praat jy Toortsie, lyk my die Silver is in vir ‘n ding..
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Hoe opgewonde raak ek nou! Hierdie storie gaan nog baaaaie draaie maak.
LikeLiked by 2 people
🙂
LikeLiked by 2 people
Heits, Tannie Frannie! Ek het altyd geweet daar steek meer agter tannie, as juwele in brode.
LikeLiked by 2 people
Silwer de Lange?
LikeLike
Jong, klink my hy het so invloed soos Silver de Lange op die vroue – maar lyk my sy oog bly draai na die bus se kant toe…
LikeLiked by 2 people
Ons soek foto’s van Frannie, agterop daai motorfiets!
LikeLiked by 1 person
Oehoehoe …
LikeLiked by 2 people
Hemel maar julle is snaaks! Daar is net mooi niks met ons klomp se verbeeldingswêreld verkeerd nie! Toortsie, net toe ek begin wonder waar jy wegkruip, toe post jy. Dankie tog.
LikeLiked by 3 people
Ek het kuiergaste vir die week. 😁
LikeLike
Ooooh.🌺
LikeLiked by 1 person
Jy het nou so na my hart geskryf oor daardie “vuiltalige” vrou wat harself n journalis noem. Sy is n sluwe heks wat alles sal doen om ons toer in die brode te ry. Daardie ensieme in den brode sal haar dalk n bietjie krampe en pyne gee maar ek twyfel of dit haar sal keer. Sal bietjie die tokkolosie moet oproep om haar reg te help.
LikeLiked by 4 people
Klink my regtig so! 😱👠
LikeLike
Ouch! Die @%#
LikeLiked by 1 person
Moet net nine jou spesiale mengsel vir haar gee nie…sy verdien nie eers ys in die winter nie…die sluwe ding!
LikeLiked by 1 person
Neeeee, ek sal haar beslis n bietjie bykom op n ander manier. My brein werk reeds oortyd om regte tyd en dinge uit te pluis. Wag maar, die madam gaan haar …….. sien.
LikeLiked by 1 person
Opwindend!
LikeLike
Ek is nie lus vir daardie vrou nie… sy laat my aan my oujongnooi onderwyseresse dink wat my in opstand laat kom het. Ek sal haar, haar fortuin vertel….. en dan basta met haar. Nou kook my bloed sommer.
LikeLiked by 3 people
Kry haar! 🐶
LikeLike
Jinne julle, ek het iewers gehoor sy het ‘n gesplete persoonlikheid. Glo een oomblik ‘n mooi meisie in ‘n geel bikini, wat hang aan ‘n gespierde fotograaf se arm, dan weer ‘n pruttelrige knorpot en glo ook iemand wat ‘n blog bedryf onder die skuilnaam Perdebytjie. Dis beslis nie ek nie, maar ek vermoed sy het my blogwerf gekaap.
LikeLiked by 5 people
Sy’s rof!
LikeLiked by 1 person
Kan ‘n mens haar nie net uitrook dat sy pad vat, of op ‘n manier van daardie angel ontslae raak nie?
LikeLiked by 4 people
Ek wonder, sal ignoreer nie die gewensde uitwerking hê nie?
LikeLiked by 1 person
Ons sal moet wag en sien watter pad die beste is.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek is dit met jou roerend eens wat publisiteit betref: “Write me up or write me down, but for heaven’s sake just write me!”
LikeLiked by 4 people
Absoluut!
LikeLiked by 1 person
Sy laat my aan ou Rottemeier van Heidi dink, net so gemeen en agterbaks. Waar het jy gesien mens kaap iemand se blog, dis sacred ground. Dankie tog Virgo C vir die moterfiets manne wat ons so bietjie kan help en met die regte ensieme mag sy dalk al krampend die hasepad kies, gesplete persoonlikheid en al. Julle noudat jy sê sy hang in ń geel bikini aan joernaliste se arms is ou Abrie ook nie meer veilig nie. Al is hy paparazi het die towerinne mos so effens ń sagte plekkie vir hom. Wel, of, hou sy hom so besig dat hy ophou stories opmaak oor ons of hou hy haar so besig dat sy soos ń sim verdwyn.
LikeLiked by 3 people
Abrie is aan ons kant, of so sê hy. Hy sal moet kom help!
LikeLiked by 1 person
Kan ons hom vertrou, na die berigte in die koerant😱😱
LikeLike
Ek dink so.
LikeLike
Trommeltjies ek sal julle nooit benadeel nie, pas vir Frannie gesê dat sy die lovers wat ander so vir haar bymekaar kan afkoel indien nodig due hulle oom te noem
LikeLike
Mooi so, Abrie. Bly jy is aan ons kant.
LikeLiked by 1 person
Skim, jammer😱
LikeLiked by 1 person
Sy klink na ‘n vreeslike interessante persoon. Dalk moet ons haar op die bus laai en laat saamry. Dit kan net pret wees.
LikeLiked by 2 people
Genade! Hester!?
LikeLiked by 1 person
Nou wat het ek nou weer verkeerd gesê? Is my voet in my mond?
LikeLiked by 1 person
Miskien kan ons haar dalk help om perspektief in die lewe te kry.
LikeLiked by 2 people
Nou sien jy, dis nou wat ek naasteliefde noem.
LikeLiked by 2 people
Loooool Hester, ek het gewag dat jy daardie comment moet ingooi:):)
LikeLiked by 3 people
Ek hou van mense wat kleur gee aan my lewe 😊
LikeLiked by 2 people
👍😄🌻
LikeLiked by 1 person
Daardie vrou het vitamiene T (Towerinne) nodig.
LikeLiked by 1 person
Dit lyk my die Vit T het haar heeltemal bedwelm!
LikeLiked by 1 person