Broodsafari: ‘n Nare gevoelentheidjie

(Suiwer fiksie, verbeelding van Toortsie, oor ‘n nét so fiktiewe toer van die Towerinne, waaraan ‘n groep bloggers deelneem. )

Towerinne, ek het ‘n nare gevoelentheidjie. Dit wil vir my lyk of ons nie heeltemal ontslae is van Broodina nie. Sy laat haar nie só maklik afskud nie, veral nie noudat sy haar werk verloor het nie!

As daar nou al iemand de brood in was, is dit nou sy. En sy lei aan ‘n vervolgingswaan en glo ons wil haar iets aandoen. Sy wéét van aandik en stories spin, soos ons mos nou al uit ondervinding weet.

Volgens wat ‘n baie betroubare bron vir my gesê het, is sy nou besig met ‘n haatveldtog teen ons. Sy gaan ons nie uitlos nie. Sy het ons in haar visier en skryf blykbaar op haar blog, Broodina se gebakte broodjies, die een morsige storie na die ander oor ons Towerinne. Haar woordeskat en verbeelding ken geen perke nie en sy agtervolg ons groen towerbus nou waar ons ookal gaan, met net een doel en dit is om ons swart te smeer.

Sy het ‘n profiel op al wat sosiale media is, ‘n Facebookblad, Instegram, Twitter, Pinterest, noem maar op, en orals skryf sy nare goed en plaas suggestiewe foto’s. En natuurlik het sy haar lang string aanhangers wat alles wat sy skryf, vir soetkoek opeet.

So dames, wees maar gewaarsku.

Natuurlik glo ek ook: Enige publisiteit is goeie publisiteit.

Nou ja, lekker toer!

Toortsie

Die virtuele toer van die towerinne kan op hierdie skakel gevolg word:  http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

64 thoughts on “Broodsafari: ‘n Nare gevoelentheidjie

  1. Ek dink ons sal vir haar ń lokval moet stel. Sal in cocnito moet gaan en uitvind wat haar sagteplekkies is. Ek glo dit moet ensieme wees, dalk kan ons vir haar ń broodjie bak met ń nare ensiem in. Waar is ons wetenskaplike breine, laat van julle hoor. Ons moet ń stokkie hiervoor steek, sy kan nie ons toer ruineer nie.

    Liked by 5 people

  2. Gelukkig is die hele motorfiets-familie van haar vertel en op hulle hoede, hulle sal nie met die Girls laat mors nie en op standby by al ons kuierplekke. Big- Daddy-Cool het gesê hulle is ‘n foon oproep weg🏍🏍

    Liked by 6 people

          1. Tannie Frannie, so bos silver hare met die mooiste smile, so Sam Elliot look -alike. En niemand sukkel met hom nie. Hy het hoeka gevra of jy ook Gariep toe kom en Daddy Jr gesê defniteif, ek kry diegevoel hulle sluit dalk vroëer aan as wat ons dink. Hy ry so mooi Fatbob Harley, swart soos die nag😉

            Liked by 4 people

              1. Dit wil my so al voorkom of Frannie die tannie uit gaar blog gaan haal en met apologie aan die vuurherd verkoper die Vurige Frannie noem. Hierdie gitswart Harley-ers moet net nie met jou mors nie Vurige Frannie. Een manier om hulle af te Joel is om hulle oom te noem!

                Liked by 1 person

  3. Jy het nou so na my hart geskryf oor daardie “vuiltalige” vrou wat harself n journalis noem. Sy is n sluwe heks wat alles sal doen om ons toer in die brode te ry. Daardie ensieme in den brode sal haar dalk n bietjie krampe en pyne gee maar ek twyfel of dit haar sal keer. Sal bietjie die tokkolosie moet oproep om haar reg te help.

    Liked by 4 people

  4. Ek is nie lus vir daardie vrou nie… sy laat my aan my oujongnooi onderwyseresse dink wat my in opstand laat kom het. Ek sal haar, haar fortuin vertel….. en dan basta met haar. Nou kook my bloed sommer.

    Liked by 3 people

  5. Jinne julle, ek het iewers gehoor sy het ‘n gesplete persoonlikheid. Glo een oomblik ‘n mooi meisie in ‘n geel bikini, wat hang aan ‘n gespierde fotograaf se arm, dan weer ‘n pruttelrige knorpot en glo ook iemand wat ‘n blog bedryf onder die skuilnaam Perdebytjie. Dis beslis nie ek nie, maar ek vermoed sy het my blogwerf gekaap.

    Liked by 5 people

  6. Sy laat my aan ou Rottemeier van Heidi dink, net so gemeen en agterbaks. Waar het jy gesien mens kaap iemand se blog, dis sacred ground. Dankie tog Virgo C vir die moterfiets manne wat ons so bietjie kan help en met die regte ensieme mag sy dalk al krampend die hasepad kies, gesplete persoonlikheid en al. Julle noudat jy sê sy hang in ń geel bikini aan joernaliste se arms is ou Abrie ook nie meer veilig nie. Al is hy paparazi het die towerinne mos so effens ń sagte plekkie vir hom. Wel, of, hou sy hom so besig dat hy ophou stories opmaak oor ons of hou hy haar so besig dat sy soos ń sim verdwyn.

    Liked by 3 people

Gesels saam, asseblief!