Uitgangspunte

Uitgangspunte van verskillende mense verskil, wat veroorsaak dat ons verskillend dink oor goed. Dit, behalwe nog persoonlikheidsverskille ook nog! Geen wonder mense is so verskillend nie en dat dit soveel probleme veroorsaak nie!

Vir die een is die uiterlike alles, wat gaan mense dink, jy moet net in die mode wees, image is alles, jy moet suksesvol lyk in jou huis, jou klere, jou ryding. ‘n Ander een voel ‘n veer oor wat mense dink, oor of hulle hulle sukses vertoon. Vir die een is sy geloof alles, die ander een glo gladnie. Die een dra nie kaal arms of kortbroeke as die arms en bene nie gesonbrand het nie, die ander een loop met spierwit arms en bene omdat dit nie vir haar saakmaak nie. Vir die een is geleerdheid alles, vir die ander is dit amper iets soos ‘n vloek. Een wil kaste vol klere hê, die ander een is tevrede met dit wat aan sy lyf is. Bont of nie bont nie. Kleurvol en helder kleure teenoor effekleurig en dowwe kleure.

So wat is die punt van hierdie skrywe? Ons weet dit tog?

Ek dink ons moet net altyd onthou dat ons uitgangspunte, smake, voorkeure, persoonlikheid, prioriteite, manier van doen, verskil en dat daar nie net een manier van reg is nie. Ons wil graag mekaar help, maar moet soms oppas om áltyd beter te weet, dat ons manier van doen die énigste manier is, dat ons ruimte sal laat vir die ander persoon.

Ook ék, Toortsie, moet bedag wees hierop.

Groetnis

Toortsie

16 thoughts on “Uitgangspunte

  1. So waar. Smaak verskil. Opnies ook, maar ‘n mens mienue oordeel nie want jy is nie beter as n ander nie.. En hoe durf iemand sê jy mag nie dit of dat aantrek nie, want dit pas nie by jou jare nie? Alice Elaui( ek weet nie hoe spel mens haar naam nie) was n bekende waterverf kunstenaar wat sommige plekke haar waterverf so dik soos dik olieverf aangesit het. Sy sê: ” who made the rules?”

    Liked by 3 people

    1. Sjoe ja, verdraagsaamheid is baie belangrik, maar dit is so moeilik partykeer. Daar is byvoorbeeld dinge wat nie verkeerd is nie, maar my erg irriteer. Die Bybel sê ons moet mekaar verdra in liefde. Ek sukkel om liefde te hê of te wys as ek geïrriteerd voel.

      Liked by 2 people

  2. Soos Lewies, raak ekook heelwat meer verdraagsaam (en sien selfs spelfoute oor wat my voorheen kranksinnig sou gedryf het, hahaha); aan die ander kant voel ek deesdae ook regtig vere vir mense se opinie oor my. Ek sal nooit met opset aanstoot gee nie, maar vat my maar soos wat jy kry. Natuurlik is daar soms misverstande – ek is nie van nature vreeslik taktvol nie, maar ek werk daaraan.

    Liked by 2 people

  3. Dit is seker een van die moeilikste dinge om te aanvaar dat almal nie soos ek dink en voel oor ‘n saak nie. Die lewe sou makliker maar definitief eentoniger gewees het was almal dieselfde. Verdraagsaamheid is die sleutel…. maar partykeer is daardie sleutel op soek.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!