Kuiersafari: Ek en my kitaar

Ek is darem só bly dat ek my kitaar saamgebring het op hierdie toer! Ek het haar op die laaste minuut gegryp en dit was omtrent ‘n storie met haar op die vliegtuig, hoor! Kitare vat mos baie plek.

Kyk, dis ‘n gekwetter in die bus, soos voëls nie kan kwetter nie en dan tokkel ek nog soms op die kitaar ook, te jolig! Daar is altyd een of twee wat saamsing, en julle sal dit nie glo nie, Kameel wat altyd vertel sy kan nie sing nie, is die voorsanger.

Hoor net wat sing ons alles.

Ons kan nou nie Omie trap die petrol sing nie, dis mos ‘n VROU wat bestuur! So dit is Tannie, trap die petrol dat ons vinniger kan ry.

Soos Una alreeds die oorwurm in ons ore gefluister het: Die wiele van die bus draai om en om … 

Red nou ‘n nasie met hierdie een:

So ry die bus, so ry die bus, die grasgroentowerbus (2x)

Hoor net hoe dreun hy, dreun hy, dreun hy 

Opdraend en afdraend

Die grasgroentowerbus!

‘n Gunsteling is natuurlik Ten green bottles, hanging on the wall. Ek kan glad nie dink hoekom dít so ‘n gunsteling is nie, dis só eentonig en dit hou eers op as AL die bottels afgeval het! Genade!

Toe word Boegoeberg se dam sommer Hartebeespoortdam … Julle weet mos, die doodlekker dam waar die meisies hulle hare was en kam!

En Mamma, ek wil ‘n man hê, maar hulle sing van ‘n Franse man met ‘n rok! Of is dit ‘n Italiaanse man? Ek verstaan nie lekker nie.

Hoor net hier!:

Daar’s ‘n broodjie wat tant Frannie nie wil gee (3x)

Dis die broodjie met die diamant, o wee!

Dis die broooood (2x)

Dis die broodjie met die diamant, so groot!

Ek moet julle nog iets vertel: As ons Green green grass of home sing, het almal so ‘n vreemde uitdrukking in die oë. Dis regtig vreemd, hoor!

En saans as ons om die vuurtjie sit en die vroue begin huis toe verlang, raak die liedjies heel anders. Dan kan ek nie anders om soms ‘n traan in die oog te kry nie.

Al lê die berge nog so blou …

Ver in die ou Kalahari …

My bonnie lies over the ocean …

Al wat ek vir julle kan sê, hierdie vroue kan sing, hoor! Ek hoop julle het nou almal ook lekker saamgesing. 🙂

Die virtuele toer van die towerinne kan op hierdie skakel gevolg word:  http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Toortsie

76 thoughts on “Kuiersafari: Ek en my kitaar

    1. Jy kan op die foto in Una se blog regs kliek en “save image as”, maar dit mag dalk te klein wees – ek weet nie hoe groot jy jou fotos verkies nie. Ek plaas gewoonlik 1200 pixels (w) om facebook ook gelukkig te hou. Ek stuur gewoonlik images en dokumente vir ander bloggers oor whatsapp maar ek het nie jou nommer nie – ek sal Una vra of sy kan help.

      Liked by 1 person

        1. Ja, maar dan verwys die URL jou elke keer na Una se blog toe. Nie dat daar fout mee is nie, maar as web designer raai jy liewer jou kliënte aan om nie URLs te gebruik wat jou leser weglei van jou eie webtuiste af nie 😏

          Like

                1. Of jt gebruik Snagit, Corel, Lightroom, ens. Jy’s reg, maar jy kry nie altyd op hierdie manier die aantal pixels wat jy nodig het vir ‘n HDR foto nie. Ek verkies die oorspronklike, veral as dit ‘n foto is en ek kies my groottes na gelang van die media waarop ek dit wil gebruik.

                  Liked by 1 person

  1. Toorts ek het net ‘n musikale oor. Sal luister. Ek moes reeds op skool nader aan die seuns staan om my valserige alt te verdoesel.Ek sal mimiek. Jy is te oulik. Ons springmieliebesige-kitaarspelende-singende-komponerende-banter Toort

    Liked by 4 people

  2. Jy is voorwaar ń vrou van vele talente, so bly jy is op die bus. Ek het heel agter gestaan met die uitdeel van die sing talent, maar dit sit my nie af as dit vrolik begin gaan nie. Dan sing ek ń heerlike vals-setto. Druk maar ore toe julle towerinne. Vanoggend sing ek en my Emma (3jr) so lekker “koljander, koljander so deur die bos…..” sy loop sommer onder Karolus se leiriem deur en word gevang, my gedagtes loop toe ver paaie.

    Liked by 4 people

  3. Al is ek hier en nie daar nie, doen ek alles mee, en sing saam. Ek het die F.A.K by die huis…o genade, dit klink nou nie reg nie! Daardie groen dik boek met al die ou Afrikaanse liedjies in… Sodra ek terug is gaan ek ook ń paar opdiep vir nuwe oorwurms.

    Liked by 2 people

  4. Nou het ek heerlik gelag oor al die liedjies en woorde wat sommer so by jou mond uitvlieg! Baie bly jy’t jou kitaar gebring. Dit maak die geselskap sommer baie vloeibaar, as jy verstaan wat ek meen.(Ek vertel my seun nounet van ons besoek aan Hartebeespoortdam en die dinge wat gebeur. Hy skud net sy kop in ongeloof dat ons so opgewonde kan wees oor alles!)

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op HesterLeyNel Kanselleer antwoord