Ek is darem só bly dat ek my kitaar saamgebring het op hierdie toer! Ek het haar op die laaste minuut gegryp en dit was omtrent ‘n storie met haar op die vliegtuig, hoor! Kitare vat mos baie plek.
Kyk, dis ‘n gekwetter in die bus, soos voëls nie kan kwetter nie en dan tokkel ek nog soms op die kitaar ook, te jolig! Daar is altyd een of twee wat saamsing, en julle sal dit nie glo nie, Kameel wat altyd vertel sy kan nie sing nie, is die voorsanger.
Hoor net wat sing ons alles.
Ons kan nou nie Omie trap die petrol sing nie, dis mos ‘n VROU wat bestuur! So dit is Tannie, trap die petrol dat ons vinniger kan ry.
Soos Una alreeds die oorwurm in ons ore gefluister het: Die wiele van die bus draai om en om …
Red nou ‘n nasie met hierdie een:
So ry die bus, so ry die bus, die grasgroentowerbus (2x)
Hoor net hoe dreun hy, dreun hy, dreun hy
Opdraend en afdraend
Die grasgroentowerbus!
‘n Gunsteling is natuurlik Ten green bottles, hanging on the wall. Ek kan glad nie dink hoekom dít so ‘n gunsteling is nie, dis só eentonig en dit hou eers op as AL die bottels afgeval het! Genade!
Toe word Boegoeberg se dam sommer Hartebeespoortdam … Julle weet mos, die doodlekker dam waar die meisies hulle hare was en kam!
En Mamma, ek wil ‘n man hê, maar hulle sing van ‘n Franse man met ‘n rok! Of is dit ‘n Italiaanse man? Ek verstaan nie lekker nie.
Hoor net hier!:
Daar’s ‘n broodjie wat tant Frannie nie wil gee (3x)
Dis die broodjie met die diamant, o wee!
Dis die broooood (2x)
Dis die broodjie met die diamant, so groot!
Ek moet julle nog iets vertel: As ons Green green grass of home sing, het almal so ‘n vreemde uitdrukking in die oë. Dis regtig vreemd, hoor!
En saans as ons om die vuurtjie sit en die vroue begin huis toe verlang, raak die liedjies heel anders. Dan kan ek nie anders om soms ‘n traan in die oog te kry nie.
Al lê die berge nog so blou …
Ver in die ou Kalahari …
My bonnie lies over the ocean …
Al wat ek vir julle kan sê, hierdie vroue kan sing, hoor! Ek hoop julle het nou almal ook lekker saamgesing. 🙂
Die virtuele toer van die towerinne kan op hierdie skakel gevolg word: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
Toortsie
Dis so oulik, Toortsie! Ek hou van al die liedjies wat so aanpas by die gebeure en karakters. Tannie Frannie s’n is natuurlik ‘n wenner!
LikeLiked by 5 people
Tannie Grannie is die hoofkarakter in hierdie storie.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, jy is ‘n musieklike doring. Die Towerinne se repertoire is fenomenaal! En skielik kan ek ook sing – dis meer as waarop ek gebargain het. Ag en dankie vir die nuwe oorwurms, gehoor?
LikeLiked by 4 people
Tannie Frannie en die brood draai in my kop. Die hele naweek gaan dit nou gaan: Dis die broooood, dis die broood …
LikeLiked by 5 people
Ek sing nou eers weer “so ry die trein, so ry die trein” soos wat Meneer Fred ons geleer het in ons laerskooldae!
LikeLiked by 2 people
En ek dink dadelik: Watter liedjie kan ek daarmee maak?! Toe onthou ek, hy ís al gemaak. Hellooooo
LikeLiked by 1 person
Oorwurm, oorwurm, kruip uit my oor …
LikeLiked by 3 people
Dwarsdeur my kop tot by die ander oor! 😂👠
LikeLiked by 2 people
😀
LikeLike
Natuurlik kan jy sing. Ek weet dit nog altyd!
LikeLiked by 1 person
Vertel my net hoe kry mens die groen bus se prentjie op jou blog? Ek is te onnosel en het my nou tot allerhande tweedehandse foto’s van ander mense gewend, om my blog te versier.
LikeLiked by 2 people
Ek het met my foon ‘n screenshot geneem, dit gecrop en dit as’n nuwe foto gelaai.
LikeLiked by 2 people
Jy is darem oulik, Toorts!
LikeLiked by 1 person
As ek jou selnr gehad het, het ek dit aangestuur vir jou. Wie van ons blogmaats het jou nommer? Hester? Ek stuur dit vir haar om vir jou te stuur.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek sal gou my nommer vir haar in messenger plaas.
LikeLiked by 1 person
Hester het after all die foto die eerste keer gemaak!
LikeLiked by 1 person
Jy kan op die foto in Una se blog regs kliek en “save image as”, maar dit mag dalk te klein wees – ek weet nie hoe groot jy jou fotos verkies nie. Ek plaas gewoonlik 1200 pixels om facebook ook gelukkig te hou. Ek stuur gewoonlik images en dokumente vir ander bloggers oor whatsapp maar ek het nie jou nommer nie – ek sal Una vra of sy kan help.
LikeLiked by 1 person
Of mens kan op die foto kliek en die url copy
LikeLiked by 2 people
Ja, maar dan verwys die URL jou elke keer na Una se blog toe. Nie dat daar fout mee is nie, maar as web designer raai jy liewer jou kliënte aan om nie URLs te gebruik wat jou leser weglei van jou eie webtuiste af nie 😏
LikeLike
Nee nee nee.
1 kliek op die foto
2 copy url
In jou blog:
3 voeg media by
4 heel links: Voeg vanaf die url by
5 regskliek paste
LikeLiked by 1 person
Damn dis baie werk. Vra vir Hester dan stuur sy dit in die regte grootte vir jou.
LikeLiked by 1 person
Of jy neem ‘n screenshot. Of jy maak gebruik van snipping tool en knip die prentjie uit. Of as jy ‘n Appel rekenaar het, druk jy shift, command en 4 en knip ook die prentjie uit.
LikeLiked by 1 person
Of jt gebruik Snagit, Corel, Lightroom, ens. Jy’s reg, maar jy kry nie altyd op hierdie manier die aantal pixels wat jy nodig het vir ‘n HDR foto nie. Ek verkies die oorspronklike, veral as dit ‘n foto is en ek kies my groottes na gelang van die media waarop ek dit wil gebruik.
LikeLiked by 1 person
Jy praat groot woorde!
LikeLiked by 1 person
As jy dit doen soos ek nou gewys het, verskyn net die foto daar
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester, ek het my nommer in messenger vir jou gelos.
LikeLiked by 2 people
Toorts ek het net ‘n musikale oor. Sal luister. Ek moes reeds op skool nader aan die seuns staan om my valserige alt te verdoesel.Ek sal mimiek. Jy is te oulik. Ons springmieliebesige-kitaarspelende-singende-komponerende-banter Toort
LikeLiked by 4 people
Toorts is ‘n vrou van vele talente. Die grootste nou is die oorwurms wat sy plant
LikeLiked by 3 people
Wurmpie wurmpie waaaarrrr is jy?
LikeLiked by 2 people
Ek soek na my (Dina) wurm, my wurm.
Ek soek na my wurm, die wurm van my.
LikeLiked by 5 people
O waaaar is my wurm, my wurm, my wurm
O waaaarrrr is my wurm die wurmvan my.
😂
LikeLiked by 1 person
En daar is sowaar ‘n Dina in die vorm van ‘n perdeby op die bus!
LikeLiked by 2 people
Natuurlik!
LikeLiked by 1 person
En wat kan ek van ons vlymskerp joernalis sê?🙃
LikeLike
Ag jinne, ek dink Perdeby en Abrie is daai liga.
LikeLiked by 2 people
Jy ook! 😂
LikeLiked by 1 person
Ek gaan daai kompliment met my hele hart vat. Dankie!
LikeLiked by 3 people
Jy mag! Ek slaan net my hande saam as julle skryf.
LikeLike
Beste verskoning wat ek nog gehoor het om nader aan die seuns te staan!
LikeLiked by 2 people
😁
LikeLiked by 1 person
Hehe, jy is skerp soos Minora
LikeLiked by 2 people
Jy is voorwaar ń vrou van vele talente, so bly jy is op die bus. Ek het heel agter gestaan met die uitdeel van die sing talent, maar dit sit my nie af as dit vrolik begin gaan nie. Dan sing ek ń heerlike vals-setto. Druk maar ore toe julle towerinne. Vanoggend sing ek en my Emma (3jr) so lekker “koljander, koljander so deur die bos…..” sy loop sommer onder Karolus se leiriem deur en word gevang, my gedagtes loop toe ver paaie.
LikeLiked by 4 people
Jy gaan jou geheimpies nog verklap, gee net kans! 😁
LikeLike
Klink al te jolig!
LikeLiked by 1 person
Sal jou groet hierby inpas? 😁
LikeLike
Al is ek hier en nie daar nie, doen ek alles mee, en sing saam. Ek het die F.A.K by die huis…o genade, dit klink nou nie reg nie! Daardie groen dik boek met al die ou Afrikaanse liedjies in… Sodra ek terug is gaan ek ook ń paar opdiep vir nuwe oorwurms.
LikeLiked by 2 people
Ons sit op aandag en wag! ❤️😁
LikeLike
FAK oorwurms, ek gaan my doodlag.
LikeLiked by 2 people
😂👂🏻🐛
LikeLike
Moet net nie nou al Ver in die ou kalahari begin sing nie…dis nog ‘n entjie voor die bus daar kom!
LikeLiked by 1 person
Maaarrr ons dink met heimwee aan die plek. 😊
LikeLike
FAK liedjies het catchy tunes en lirieke.
LikeLiked by 1 person
Kameel is die voorsanger sê jy 😁😁😁😁 Toorts wat het jy gedrink????
LikeLiked by 2 people
Niks! 🐣 Ek drink mos net water!
LikeLiked by 1 person
Wat van daardie brandewyntjie saam manlief so met sonsondergangs?
LikeLiked by 1 person
O dít. 😊🥂
LikeLiked by 1 person
Issie sy het ook scrapy se mengsel geproe toe sy dog niemand kyk…
LikeLiked by 2 people
Oeps. Uitgevang!
LikeLike
Sy maak my lewe baie moeilik, kannie my rug vir ‘n oomblik draai nie of sy vang nonsens aan…tsk. 😣
LikeLiked by 1 person
Kameeltjie, sy is altyd prim en proper, laat haar maar biekie toe om n gewone mens te wees soos ons….
LikeLiked by 2 people
Bondels! Jy het duidelik ‘n skewe opinie van my! Prom en proper! Wat jy waar kry?
LikeLike
Jong Toortsie , jy doen so altyd die regte goed, help mense, red die hoenders en eiers ens.ens..😁
LikeLiked by 1 person
Klink vir my eerder na ‘n malkophoender! 😂🐣🐥🐔
LikeLike
Noudat jy dit so stel……🤣
LikeLiked by 1 person
Ek sal dit sterk oorweeg want ek wil ook die toer geniet… nou speel ek heeltyd ma. Dis net as ek eers my hare losmaak….
LikeLiked by 1 person
Ja toe Kameelkie, skud llos die hare, almal nodig die rus….en dan kan ons jou ook geniet….dalk inspireer dit almal wat nog styf is….
LikeLiked by 2 people
Ek bly mos sê jy het met ‘n doel oor my pad gekom! 😊🙃
LikeLiked by 1 person
Nou het ek heerlik gelag oor al die liedjies en woorde wat sommer so by jou mond uitvlieg! Baie bly jy’t jou kitaar gebring. Dit maak die geselskap sommer baie vloeibaar, as jy verstaan wat ek meen.(Ek vertel my seun nounet van ons besoek aan Hartebeespoortdam en die dinge wat gebeur. Hy skud net sy kop in ongeloof dat ons so opgewonde kan wees oor alles!)
LikeLiked by 1 person
Ek duef nie wag om dit vit ‘n nie-blogger te vertel nie. Hul kyk jou met sulke vreemde oë aan. Endan altyd: Waar jry jy die tyd om dit te doen? Wel ek kyk nie eintlik TV nie.
LikeLike
Ja jong ons ou bloggers is ook maar n nasie op ons eie as dit by gesellig wees kom.
LikeLiked by 1 person
Toorts jy is my heldin…. ek loooooooove so saam singery… en ja dis amasing wat mens als gedoen kry as mens nie tv het nie…
LikeLiked by 1 person
Julle moet die toer geniet. Ek het heeltemal uitgemis met hierdie een, maar dinge lyk rustiger aan my kant en mis ek nie die volgende een nie.
Lekker sing!
LikeLiked by 1 person
Jy kan steeds ‘saamtoer’. 😁
LikeLiked by 1 person
Dankie! Ek sal by Hester die details hoor. Xx
LikeLike
Te heerlik. Julle toer ek moet kos kook.
LikeLiked by 1 person