Kuier-safari: Die towerinne kom mos kuier

Die towerinne kom mos kuier. Nie nou al nie, eers aan die einde van die jaar as dit amper krismis is. Veertien van ons is mos op ‘n virtuele toer waar ons by elkeen van ons gaan kuier en trakteer word uit die boeke uit.

En dan, in Desember, kom kuier hulle by ons hier aan die suidpunt van Afrika! Eers by Seegogga, en dan by my. Man, ek sien uit daarna!

Die probleem is net, die héle land is mos daai tyd van die jaar by ons. Dat Afrika nog nooit oor Desember getip het met al die mense gekonsentreer hier onder nie, is ook maar net ‘n wonder. En van wonder gaan die son mos onder, sê hulle, en hulle sê is ‘n vreeslik gevaarlike ding! En sou iemand net waag om daai tyd van die jaar die landkaart te skud, foeter die hele kaboedel in die see!

Die towerinne assosieer my mos met kos, en ek het al so tussen die lyne gelees dat die verwagtinge hoog is. Maar nou toer ek mos ook saam en moes vooruit my beplanning doen, anders skrik ek myself dood as ons by my kom.

So, hier is die voorlopige beplanning. Alles kan natuurlik nog verander intussen, en met die Toortsie is jy ook nie altyd so seker of alles volgens plan gaan verloop nie, sy verras haarself mos keer op keer!

Ek hoop nie hier is vegetariërs tussen ons nie! En die geheimsinnige paparazi sal maar van buite die venster moet sit en kwyl. Sies tog. Ek dink ons moet vir hom maar kossies deur die venster aangee. En net as jul wonder, dit is wel paparazi, nie mamarazi nie. Mamarazi lyk nie so nie. 😂

Die virtuele toer van die towerinne kan op hierdie skakel gevolg word:  http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Groetnis

Toortsie

63 thoughts on “Kuier-safari: Die towerinne kom mos kuier

  1. Lag ek nou vir ons in die bus 😁😁😁 Sien ek sit voor…. Lekkervurig se dêpsplek dink ek. Beter sy sit agter met haar 40 km blaas…. ons soek nie glipse nie. Jy kan alles verander Toorts, maar die beesstert bly!!!

    Liked by 1 person

      1. Jy kroek!!! As gasvrou moet jy plan maak. Ek kom nie naby jou kombuis nie… te gevaarlik.
        Hierdie keer is dit weer Scrapy se energiedrankie wat nie vir my kosher klink nie. Sal maar my oë moet oophou…. die koerant verstaan!!!!

        Liked by 2 people

  2. Julle moet maar “grand” eet nou, op Gariep eet julle in ‘n Biker’s Cafe met die beste brood (dit belowe ek) ooit. So dis ‘n simpel menu wat enige een van banting tot vegan iets gaan hê om te eet- en in blik-borde😁🌻

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!