Limeriek oor seisoene en towerinne

Hierdie is nou alles Abrie se skuld! Ek kan nie ek kan nie ek kan nie! Ek kyk nie eers na Scrapy se gedigte-uitdaging nie, want ek kan nie! En toe foeter Abrie my kop deurmekaar met sy limeriek oor die lente.

So, in opdrag van Scrapydo:

Skryf ‘n limeriek oor seisoene

van blare en blomme en soene

Van canola wat blom 

en kersfees wat kom

Die jaar staan in outannieskoene.

Geïnspireer deur Abrie:

Abrie skryf ‘n limeriek

en ek het dit baie geniet

‘n man met talente

en dít in die lente

wie het dit tog gewiet?

En dan die towerinne, ‘n spesie op hulle eie:

Die towerinne wil graag gaan toer

terwyl die ander jaloers loer

Dis koffers en glase

en mense met klein blase

en ‘n lepel om die pretpot te roer! 

Hoe’s daai?

Ek wil sommer hiermee aan my ma eer gee. Sy was ‘n taalkundige. Ons het nie vreeslik gedig nie, maar het baie in idioom gepraat, en soms gerym, sommer vir die lekker. En sou ons ‘per ongeluk’ in ons praat iets rym, sou ons altyd sê: ‘I am a poet and I didn’t know it.’ 🙂

Ai tog, en tipies Toortsie het hier nou ‘n oorwurm ontstaan met die ritme van ‘n limeriek:

te tere te tere te tere

te tere te tere te tere

te terete tam

te terete tam

te tere te tere te tim.

(fluister: toortsie is besig om mal te word, ek vermoed dis die toer wat haar opgewonde maak)

Nee, ek is verkeerd! Daar moet ‘n tere op die end wees, nie ‘n tim nie.

Okay, ek sal onthou.

Te tere te tere …

Ou Toortsie se kind wil loop troue

Met die beste vrou uit die vroue

Sy hart gaan aan bons

En die hele kotiljons

Staan gereed vir die fees vol vertroue.

Te tere te tere te tere … 😱

Toortsie

35 thoughts on “Limeriek oor seisoene en towerinne

      1. Ja, ek dink ek het te hard aan die kinders se stories geskryf die afgelope 5 weke. Gelukkig is dit nou klaar. Daar is 11 boeke getik en gedruk. Elke kind het 4 stories geskryf wat ek geproeflees en getik het. Voorblad, inhoud en prentjies gesoek om by te sit. Eks sommer trots op die kindrrs se skrywery.

        Liked by 2 people

    1. Maar wat van die ‘rude twist’ wat daar ook veronderstel is om te wees, volgens die internet?
      Ek het nog een geskryf van,n doring wat dink hy’s ‘n koning, maar hom sal ek nie plaas nie.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s