Toortsie word 8

So, Toortsie is 8 jaar oud!

Vir ‘n kort rukkie was daar ‘n Madelé oor leef, wat nie oorleef het nie! Een nag word die blog net woeps!, weggevee. Toe kry Madelé onttrekkingsimptome en probeer ‘blog’ op Facebook, maar dit was minder opwindend. Sy het haar blogmaats gemis.

En net daar word Toortsie gebore, ‘n liggie veronderstel om te wees. Sy gaan deur wroeging, gewetensbesware, wat sal die mense sê, is sy verslaaf, of is sy nou nie, is blogging goed of sleg, een twee drie blok myself, maar Toortsie byt vas en groei verby alles wat sy vrees, van verslaaf of nie, wat maak dit saak wat die mense sê, tot waar sy vandag is. Haar gesin het haar skrywery lankal aanvaar en is nie meer te bang dat hulle ma oor hulle sal skinder nie, sy doen, maar doen dit so subtiel, hulle kom dit net nie agter nie. 🙂

So, 8 jaar, 2 371 bloginskrywings (waaraan Kameel ook hard help skryf het), 425 049 besoeke en 32 967 kommentare, 2 gepubliseerde boeke later, geniet Toortsie die geselskap wat die blogwêreld bied, net nog meer as ooit.

A few days ago Dr Perry asked what your social media says about your mental health. I asked him if reading blogs was part of the social media problem, and he answered:

I actually think the blog world is not only safe but mentally healthy✨

Yes! Thank you!

So liewe maters, mag blogland nog lank voortleef. 🙂

Groetnis

Toortsie

39 thoughts on “Toortsie word 8

  1. Geluk liewe Toortsie omdat jy verjaar 🎵🎶🎸🎹🎷🎺🎻 Wie weet hoeveel invloed jy nie al in ander se lewens gehad het met jou blogs nie?

    Wonder sommer nou of almal so wroeg oor blogging. Met tye oorval ‘n onsekerheid daaroor my nog.

    Liked by 1 person

  2. Baie geluk Toortsie! Jou skrywes was nog altyd ‘n wonderlike inspirasie vir my. Blogland is gesond…ek het nog nooit lelike kommentaar of vyandigheid hier beleef nie. Inteendeel my leefwêreld is so verbreed omdat ek mense in ander lande ook leer ken het.My SA blogmaats deel weer mekaar se blydskap en smarte en omdat ons baie dieselfde dink en voel, ondersteun ons mekaar op verskeie maniere.

    Liked by 2 people

    1. Ag dankie, jy is ook so spesiaal. In blogland het ek met mense te doen gekry wat anders dink, doen, glo as ek en ons respekteer mekaar se manier van glo, doen, wat ook al. Ek het in my menswees soveel gegroei. Soms noem ek in ‘gewone’ geselskap dinge wat ek in blogland raakgelees het wat buite ons ervaringswêreld is, dan het die ander mense so ‘n ‘dowwe’ uitdrukking in die oë, want hulle ken dit nie. Ek waardeer elke blogmaat. ❤️

      Liked by 1 person

      1. As mens aaklig wil wees,kan dit ontaard soos op FB, maar om een of ander rede verskil mense op ‘n ordentlike manier van mekaar. Ek weet nie hoekom dit so is nie. Miskien omdat mens nie jou blogspasie wil bevuil met lelike aanmerkings nie.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!