Of ons dit nou so wil hê, of nie, ons gemoedstoestand word weerspieël in ons skryfwerk. Ons kan dit so wil wegsteek soos ons wil, maar as ons kwaad is, is ons blogs kwaad, as ons bly is, is ons blogs bly. En natuurlik, saam met dit, is ons blogmaats ook bly of kwaad of hartseer saam met ons wanneer ons mekaar se blogs lees en dis wonderlik.
Dis wat Jo Black gesê het by die vroue-oggend wat ek was: Empatie en ons glimlag is alles gawes wat God vir ons gegee het om vir ander uit te deel. As ek glimlag, voel jy ook opgelig. As ek empatie het met jou, voel jy dit en voel jy nie meer so alleen nie.
‘n Hele rukkie gelede was ek baie kwaad vir iemand. Dit het gevoel of my persoonlikheid aangetas is, of ek buite my persoonlikheid moes optree om hierdie persoon tevrede te stel. Ek is beskuldig van goed waarvan ek regtig nie skuldig is nie, en dan sê sy, ek besef nie ek doen dit nie, wat seker waar is.
In hierdie tyd het ek ‘n hele paar ‘kwaaiblogs’ geskryf. Ek moes net, ek moes ontslae raak van die woede wat in my opgekrop het, behoorlik ingelê met die lat. Ek het my sê behoorlik gesê in hierdie blogs, sonder om na hierdie persoon direk te verwys, sonder om selfs te verwys dat dit teenoor my gedoen is. Ek het probeer om dit in die algemeen te skryf. Ek het dit nie dadelik gepubliseer nie, omdat ek besef het dat dit op daardie stadium skade sou doen.
Oor en oor het ek die bloginskrywings wat lê en wag het, gelees, verander daaraan, hardheid daaruit gehaal, probeer om die byt te verwyder. Wanneer ek gevoel het dit is tyd, het ek selfs van hulle gepubliseer.
Een van hulle het ek al ‘n maand gelede verwyder omdat ek gevoel het dis nie iets om te publiseer nie. Tog het twee bloginskrywings hier bly lê, die een gereed om gepubliseer te word, die ander een nog ‘n bietjie op die ys.
Elke keer skryf ek nuwe goed, en hierdie twee bloginskrywinkies skuif af en af en af.
Skielik bekyk ek die blogs wat ek tans skryf en dink, ek is tans vrolik en lig in die hart, ek is laf en maak grappe, trek my eie been, vertel lawwighede oor myself, hierdie twee bloggies pas regtig nie in nie, Eintlik het ek dit klaar uit my sisteem gesit. Klaar verwerk.
En ek vee hulle uit.
Weet julle hoe lekker voel dit?
Toortsie
Ek dink is baie waar daai uitlaat. Bly jy voel beter. Dalk is tyd tog een van die grootste genades wat ons as mense het. Bly jou hart voel ligter,🌻
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Ja, tyd is ook een van die genades wat ons gekry het.
LikeLike
🌻
LikeLike
Dit help regtig om die kwaad uit te skryf. It maak n mens se gemoed skoon. Maar dis nie te sê n mens moet dit publiseer nie! Bly jy voel beter.
LikeLiked by 2 people
Ja, dis nie te sê jy moet dit publiseer nie, sekfs al is al die angels al uitgehaal. 😁 Soms moet mens wel.
LikeLiked by 1 person
Soos wat tyd aanstap versag daardie woede en is mens maar bly jy het die blogs uitgevee. Het met my ook al gebeur. In die hitte van die oomblik kan dinge gesê word wat nooit teruggetrek kan word nie. Die kuberruim is in daardie opsig uiters gevaarlik.
LikeLiked by 2 people
Hierdie is so absoluut waar, dat ń mens se gemoedstoestand in jou skrywes weerspieël word. Ek dink ek moet jou voorbeeld volg, en soms ń stuk eers eenkant hou voor ek dit opsit …nadat die angel uitgehaal is.
LikeLiked by 1 person
Jou stories het nog nooit ‘n angel ingehad nie, Una.
LikeLiked by 1 person
Jong Toortsie, ek het al een spesifieke een na ń paar uur verwyder omdat ek teen ń aangetroude familielid uitgevaar het.🙈
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly jy is menslik. ❤️😁
LikeLike
Una, een van die twee blogs wat nog lê en wag het, se woorde wou net nie sag raak nie. Toe skryf jy een dag ‘n blog met dieselfde boodskap, maar so mooi en reg en ek wou skree: ‘Ja! Dis wat ek bedoel!’ Maar dan lees ek weer myne en ek kon dit nie mooi kry sonder harde kante nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Sjoe, ek is bly as ek ietwat kon help al was dit onbewustelik.🌸
LikeLiked by 1 person
Jy help baie! 😁
LikeLike
Ek skeduleer ‘n post soms maande vooruit in die hoop die angel verdwyn.
LikeLike
Ek leer lekker by jou.
LikeLike
❤️
LikeLike
Ons leer by mekaar.
LikeLike
Hier verduidelik jy presies die terapeutiese waarde van skryf – en die genade van uitvee.
LikeLiked by 2 people
Beslis terapeutiese waarde. In diebegin moet die woorde net uit, dit voel of jy wil bars. Met tyd, deur dit oor en oor te lees, kry jy kans om daaraan, en aan jouself, te skawe. Op die ou end kry jy sommiges publiseerbaar, maar ander kom net nooit reg nie.
LikeLiked by 2 people
Ek is dankbaar dat ek by julle kan leer…
LikeLiked by 1 person
En ons by jou. ❤️
LikeLike
❣⚘
LikeLike
Dink nie as ek rêgtig kwaad is gaan skryf help nie. Ek het al net gestaan en ten hemele gegil, en gil, en gil. Uitlaatklep om van al die opgekropte woede ontslae te raak. Die Here het eendag vir my gesê “en jy gaan skreeu om hulp…..” so Hy ken my goed 😊
LikeLike
Gil werk uitstekend. Tot 10 tel werk glad nie.
LikeLiked by 1 person
Ek dink dit verskil, hang af of jy onder ‘n skuilnaam skryf en wie by jou lees. As ek onder my eie naam geskryf het, het ek helfte van die goed nooit gepubliseer nie. Dieselfde geld as familie of my kinders hier sou lees. Ek het spesifiek begin blog om die gif te kon uitskryf
LikeLiked by 2 people
Ongelukkig weet die mense wie ek is en ons is ‘n klein dorpie. 😱😎
LikeLiked by 1 person
Dis nou die waarheid. Ek is so bly hier is altyd ‘n simpatieke oor wanneer ek nodig het om stoom af te blaas.
LikeLiked by 1 person
Is so waar. Maar vodacom het my al so van skryf en kommunikeer afgestomp dat ek maar begin stap het.
LikeLiked by 1 person
Baaaie beter!
LikeLike
Og! Ek het soveel om te leer hieruit. Mind you, ek het wel een of twee inskrywings wat ook nie gepubliseer is nie en dalk, net dalk mettertyd oorbodig en onnodig sal raak, wanneer die eina verdwyn het.
LikeLiked by 1 person
Bb ek oortree self! Onthou, meeste van alles skryf ek vir myself. Ek het gister weer ‘n geskeduleerde blog geskryf wat ek gisteraand afgevee het. Die skryf is nodig. Die publiseer dalk nie altyd nie. ❤️
LikeLiked by 1 person
♥
LikeLike