Elke beroep het sy pyn, elke sport sy beserings, maar om een of ander rede laat ‘lone’ my diep sug. Dis eintlik iets wat sommer vinnig en maklik moet gebeur, maar iewers is daar altyd ‘n verrassinkie wat wegkruip. ‘n Kinkel in die kabel.
Ek het al in moedeloosheid harde woorde geskree toe die werksmense die voordeurklokkie die een na die ander lui en die druk hoog was, toe dit ‘n buurman was by die deur en nie nóg ‘n werker nie.
My kinders wat stokflou en oormoeg van oorsee af by die huis gekom het, moes een aand self kom kosmaak omdat die lone net nie klaar kom nie.
Die vorige maand se loneweek was ‘n absolute riller waar letterlik ALLES verkeerd geloop het en ek redelik op en moedeloos die taak voltooi het.
Die laaste week verloop alles toe weer heeltemal glad, behalwe dat daar ‘n paar sosiale en ander belangrike items op die rooster was wat ek nie kon of wou mis nie. Iewers draai ek dan op die ou end vas, of ek dit beplan, of nie.
Dit bring toe mee dat ek op die pendelpad met ‘n pak betaalstrokies op die skoot, pen in die een hand, teen ‘n redelike hoë spoed op ‘n besige pad en soms skielike remtrap, met my reisgenoot wat ook kliphard op volle volume sy besigheid moet bestuur op die speakerphone omdat hy bestuur, my betalings op my selfoon sit en doen het, die een na die ander. Dis hier ‘n ding optel, daar een neersit …
En ek besef: Dis darem maar goed dat die mens ‘n aanpasbare wese is. En dis ook goed dat ons keuses in die lewe het. Ek kon kies om my te vererg en dinge vir myself net moeiliker te maak, of ek kon kies om die ongemaklike situasie na die beste van my vermoë te hanteer. (Gewoonlik kies ek die vererg-een omdat die spanning op loneweek gewoonlik ‘n bietjie oorhel. )
Ja, ek móes ná die tyd dubbeld seker maak dat ek niemand oorgeslaan het in my beperkte kantoorspasie van een Toortsieskoot nie, maar in die proses kon ek my werk seker twee ure vroeër afhandel.
Nou ja, wie het gesê die lewe is oninteressant? Dit hoef nie te wees nie!
Groetnis
Toortsie
If you want to play where others don’t, you have to do what others won’t. -ANON
Eish, balance, balance balance…
LikeLiked by 1 person
En dít teen ‘n hoë spoed op ‘n draaitjiespad! 😱
LikeLike
Sjoh, seekat lyf????
LikeLike
Min hande! Ek klou net vir al wat ek weet!
LikeLike
Sorry vir jou…. maar ek wag nog vir my geld. Gaan check, ek is oorgeslaan 😔
LikeLike
Well. Sorry vir jou! Die fondse is uitgeput!
LikeLiked by 1 person
Al daardie balle wat jy so in die lug hou…! Wow. Ek loer so oor Kameel se skouer, is ek nie net dalk ook oorgeslaan nie?☺
LikeLiked by 1 person
Dieselfde probleem as met Kameel. Fondse opgedroog. Tsk
LikeLiked by 1 person
Ag nee man! Ons twee sal maar einde van die maand weer inloer.xxx Lekker pendel.
LikeLiked by 1 person
Hoop daar sal genoeg wees! 😱
LikeLiked by 1 person
Mens sê net dankie tog vir die moderne tegnologie, anders sou jy dit nie op jou skoot kon doen in ‘n bewegende motor nie!
LikeLiked by 1 person
Netso! En dankie dsnkie vir selfoonbankdienste, wat mos maar tegnologie is, soos jy sê. 😁
LikeLiked by 1 person
Aanlynbankdienste – my lewensredder. Ek het vanoggend saam met my dogter bank toe gegaan om haar nuwe kaart af te haal. Daai staan-staan en wag dat jy gehelp kan word – daar sal nooit weer gras groei waar my gedagtes geval het nie.
LikeLiked by 1 person
Dis daai tye wat jy lang blogs skryf oor Nellie wat die hoenders in is!
LikeLiked by 1 person
Jy verstaan nie. Daai tak het ‘n OTM wat klink soos ‘n casino-masjien. Dan is daar een of ander stelsel (ek dink dis by die tellers) wat klink soos O R Tambo se aankondigingstelsel. Ek het die hele tyd in die ry gestaan en met die tik van die gong afgekondig dat ‘n vliegtuig geland het. Die kliënte het dit vermaaklik gevind; die personeel nie (ag sjym en ek voel jammer vir hulle), maar ek PES sulke geraas.
LikeLike
Plaas dat jy opgeklim het en saamgevlieg het! 😁
LikeLiked by 1 person
*fluister* ek haat dit om te vlieg. Ek is ‘n swak passassier – as ek nie kan bestuur nie, gaan ek nie saam nie. Dit krap my om as daar soveel mense rondom my is, veral wanneer daar babatjies is wat huil, waardinne wat hulle trollies verby my stoel wil stoot, vlieëniers wat daarop aandring om my te vertel hoe hoog ons vlieg, medepassassiers wat ‘n vuurwarm vryery aan die gang het langs my, oor my wil klim om by die toilet uit te kom, hulle bes probeer om met een van hulle boude op my stoel ook te sit … As ek nou besigheidsklas kon bekostig, sou ek gevlieg het met ‘n smile.
LikeLike
Dit klink my jy moet vra vir ‘n venstersitplek. Dan kan jy oor die ander klim om by die toilet uit te kom. Luister, ek is ook nie mal oor vlieg nie, maar hoe gaan ek nou op ‘n ander manier aan die ander kant van die wêreld kom?
LikeLiked by 1 person
Nou sien, dis waar ons verskil. Hierdie kant van die wêreld, hierdie kontinent suid van die ewenaar, geniet ek (al sy probleme ten spyt). Links en regs van die kontinent of bo die ewenaar hou vir my geen aantrekkingskrag in nie. Gelukkig nie, want ek het ook nie die geld om vir die res van die wêreld te gaan kuier nie. En as ek die lotto wen (wanneer ek onthou om te speel), gaan ek vir my ‘n eiland koop sodat ek my wêreldjie kleiner en minder dig bevolk kan maak.
LikeLiked by 1 person
Mag ek vir jou kom kuier op jou eiland?
LikeLiked by 1 person
Natuurlik. Vriende is welkom. Bring jou tent, nè? 😜
LikeLiked by 1 person
Reg!
LikeLiked by 1 person
Daardie aanhaling is sO waar.
LikeLike
Jy gaan nou lekker lag. Ek weet toe GLAD NIE van watter aanhaling jy praat nie en moes dit sowaar loop oorlees om te kyk wat dit dan kan wees! 🙂 Die onthougoed werk nie meer so lekker nie!
LikeLiked by 1 person
Hehe! Ek sal dit volgende keer aanhaal. 😜
LikeLike
Nee, dis reg. Ek het dit darem gevind. 🙂
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike