Hoe weet mense van my nuwe blog?

Jy het nou ‘n nuwe blog begin, hoe weet mense van hom? Hoe kry jy mense sover om jou blog te lees?

Ongelukkig móét jy jouself bekendstel as jy wil hê mense moet jou blog lees.

Die heel maklikste manier is natuurlik om elke keer wat jy skryf, dit op jou eie facebook te plaas, maar baie mense wil graag anoniem skryf.

Stel jouself bekend aan ander bloggers deur hulle blogs te lees en daarop kommentaar te lewer.

Hoe weet jy waar om ander bloggers te vind? As jy reeds iemand se blog lees, is dit ‘n goeie idee om by die kommentare te kyk of daar nie ander bloggers is wat kommentaar gelewer het nie. Kliek op hulle icons en dan kom jy by hulle blogs uit. Lees dit en lewer positiewe kommentaar, jy wil nie sommer dadelik almal die josie in maak nie, of hoe? 🙂

As jy op jou rekenaar werk, kyk bo, tweede van links af, staan leser. Begin om blogs te volg wat jy lees, teken in op hulle, stel WordPress se e-poskennisgewings af, en al die nuwe bloginskrywings van mense wat jy volg, kom in die leser. As jy in jou leser lees op die rekenaar, is daar onderaan die bloginskrywings verwysings na ander bloginskrywings. Kliek daarop en …

Die heel belangrikste ding wat soveel mense verkeerd doen en dan kom mense nie by hulle uit nie, is om nie hulle blogadres (URL) reg in te tik nie. Kyk bo-aan jou blog, copy en die adres. Myne lyk so: https://toortsie.com

As jy kommentaar lewer, moet jy die URL reg invul. ‘n Mens doen dit net een keer, dan bly dit so, of dis veronderstel om so te bly. As voorbeeld wys ek hoe dit by my blog lyk:

Nou staan daar: Toortsie: Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress (Log Out/Verander).

Kies VERANDER. Nou lyk die prentjie so:

Vul die besonderhede in. E-posadres. By Naam is jou naam soos wat jy wil hê dit moet by die kommentaar verskyn. Nou kom die belangrikste deel: Webwerf. Regskliek in die blokkie en paste die webadres wat jy by jou gecopy het. Moet niks anders daar inskryf nie. Dit moet presies reg wees soos dit bo-aan jou blog staan. Weer eens, myne lyk so: https://toortsie.com.  Die volledige adres.

Dan publiseer jy die kommentaar. En die bloggers sien: Aha! Hier is ‘n nuwe blog, en hulle is NUUSKIERIG en gaan kyk wat daar aangaan en jou sommer gou in die blogginggemeenskap intrek. Onthou om te reageer op hulle kommentare, hoor.

Benodig jy nog blograad? Kliek HIER. Daar is sowaar al 100 blograadinskrywings! En wil jy ook begin blog? Kyk HIER hoe om dit te doen.

Groetnis

Toortsie

 

 

25 thoughts on “Hoe weet mense van my nuwe blog?

      1. Sjoe, ek sal meer moet blog om eers weer te kyk. Ek dink om te weet hoe om te beweeg vanaf my blog, na instellings ensovoorts, is altyd ‘n probeer-en-tref. Toe ek nou so pas my nuutste blog geskryf het, is ek elke keer uit die “drafts” gegooi wanneer ek die deelteken op die e (alt 137) wou tik. Drie maal, Het toe maar later eers die verkeerde spelling gehou, alles na Word oorgeplaas, daar reggemaak en toe terug in die draft gesit. Wat is ‘n draft in Afrikaans??? Hoekom word ek uit die draft gegooi??? Dan, webwerfontwerp – myne lyk maar so omdat dit so uitgedraai het, ek kan dit nie juis ontwerp om te lyk soos ek dit graag wil hê nie!

        Like

        1. Werk jy in die beheerpaneel? Ek weet nie hoekom jy uitgegooi word wanneer jy die alt 137 wil tik nie. Daar is egter ‘n ander manier. As jy in die ‘skep nuwe artikel’ tik en jy wil ‘n woord tik met ‘n spesiale teken soos ‘n ë kan jy kyk bo-aan die deel wat jy tik, is ‘n omegateken waarop jy kan kliek. Dan maak al daardie spesiale tekens oop.
          Ek dink hulle praat van ‘n ‘konsep’ vir ‘n draft?
          Op die gewone blogs kan ‘n mens nie vreeslik ontwerp nie, maar jy kan kyk aan die linkerkant van jou skerm as jy in die beheerpaneel is. Kies voorkoms, dan ontwerpe. Daar kan jy effens kies watter ontwerp jy wil hê. Ook by Voorkoms Widgets kan jy ‘n bietjie speel met hoe jou bladsy gaan lyk. Ek hoop dit help.

          Like

      2. Tans is een van my groot frustrasies dat ek elke keer by twee keer gelede se webwerf uitkom as ek die webwerf wil besoek, Uit die aard van die saak wil ek graag my laaste/nuutste blog deurgaan! Ek beland in ‘n tipe “loop” waaruit ek nie kan kom nie! Al wat erk is om na Reader te gaan en vandaar my eie webwerf te besoek en dit kan tog nie die enigste manier wees nie!!

        Like

        1. Maak seker jy tik die korrekte adres in, nl blafwoef.wordpress.com. Dalk kliek jy op ‘n ou adres.
          Sou jy jou blog oopmaak en jy is by ‘n ouer bloginskrywing, kliek net heel bo-aan jou bladsy op die groot BLAFWOEF. Dan sal jou blog op die nuutste oopmaak.
          Sou jy jou skrywes wil deurgaan en edit, is die beste plek om dit te doen in jou beheerpaneel. Artikels. Dan kliek jy op die een wat jy wil deurgaan.
          Om in jou beheerpaneel te kom, kyk heel bo links op jou blog staan: My webwerwe. Kies dit. Dan beheerpaneel.

          Like

Gesels saam, asseblief!