Hou vas julle koppe! Toortsie moes alleen Kaap toe, en dié van julle wat weet, Toortsie het geen rigting nie. Noord? Oos? Wes? Suid? Wat is die verskil? As Toortsie Kaap toe ry, ry sy in die rigting van Tafelberg. Moet sy weer uit die Kaap uit kom, moet Tafelberg op haar rugkant wees. Dis al.
Toortsie kan met gemak by ‘n paar plekke in die Kaap kom, en sy kan dit doen, ongeag of sy op die N1 of die N2 ry. Ek noem hulle gou vir jou op: Tygervallei en die Arts Cape. Niks meer nie, hoor jy!? Wil jy na een van hierdie plekke gaan, kan julle vir Toortsie vra, die kans is goed dat sy julle daar gaan besorg, wel, baie goed, tensy sy skielik onseker raak en totaal verdwaal, maar nêrens anders nie, hoor!
Soos Toortsie ouer raak, kom sy natuurlik al hoe minder in die stad, en vandat haar kinders al donkiejare gelede hulle lisensies gekry het, het sy al hoe minder die geleentheid gebruik om self te bestuur, die bloedjies moet mos ook leer ry! En later kon hulle so gemaklik in die stad ry, hoekom sal Toortsie?
Al wat sy hoef te doen, is sit links en hou die selfoon vas sodat kind op Google Maps kan kyk en dis natuurlik ook ‘n uitdaging op sy eie! Want Toortsie raak per ongeluk aan goedjies. Soms. Of sy gesels so baie, sy vergeet om te help kyk wat Google vir haar wil sê.
Wat ek eintlik wil sê, is, dat Toortsie nie eintlik meer in die stad ry nie.
Toe moet Toortsie skielik vir ‘n daguitstappie Kaap toe. Paardeneiland toe. Alleen. Stokalleen. En dit reën katte en honde, nie dat dít haar eintlik afsit nie, sy hou mos vreeslik baie van reën.
Toortsie en tannie Google hét heelhuids daar uitgekom, dalk is die geduld van ‘n paar ander bestuurders beproef, dalk het ‘n paar vir haar genade betoon, maar met ‘n hart wat klop het sy gekom waar sy moes wees en haar aankope gedoen.
En tóé vang sy die spitsverkeer. Sy sien die N1 langs haar, maar dit vat haar ‘n halfuur net om op hom te kom.
Google het gesê sy moet regs hou en soos dit ‘n ordentlike bestuurder uit die platteland in die stad betaam, hou sy die regterbaan sodat daar nie ‘n gesukkel is vorentoe nie. Genade! Sy het nie besef sy sit in die ry wat KAAP toe draai nie, dit besef sy eers toe sy heel voor kom en toe moes uitsukkel, want die afdraai Paarl toe is 500 m vorentoe.
EK HET DIT GEMAAK! BRAVO! En moenie dink ek gaan dit môre weer doen nie, hoor jy! Gmf.
Groetnis
Toortsie
Ha! Ek weet presies waarvan jy praat. Ek het eendag per ongeluk die Kaap misgery. Moenie my vra hoe nie. Maar toe ons weer sien is die berg nie meer voor ons nie- hy’s weg! Toe ontdek ons hom later so skuins in die linkeragter ruit….. Bly jy is weer veilig terug.
LikeLiked by 1 person
As jy die Kaap so maklik misry, moet jy nie jou oë knip as jy by Napier verby ry nie! 😂 Jissie seegogga, dis erg in die Diepkaap! Ek het hoofpyn gehad en my nek was stokstyf. Lekker om terug te wees. Ek het toe daai koekies by Spar opgespoor.
LikeLiked by 1 person
🙄😉😎
LikeLiked by 2 people
We rol vir my oë!? 😂
LikeLike
Wie rol hulle ogies vir my? 😂
LikeLike
🤗
LikeLike
Ek verstaan ook wat jy bedoel. Ek moet Pretoria en Johannesburg aandurf en hierdie snelweë met die miljoene voertuie is ‘n riller!
LikeLiked by 1 person
En daar is nie eers ‘n berg om dop te hou nie! My dogter moes een keer by Unisa aan ‘n musiekkompetisie deelneem. Ons het daardie middag Gauteng platgery, maar darem Unisa gevind met ander se hulp.
LikeLiked by 1 person
Unisa is darem op ‘n berg…’n platterige een.😄😄
LikeLiked by 1 person
En ek het hom heeltemal misgery daai dag!
LikeLiked by 1 person
In ou Johies is 2 bakens: die FM toring en die Hillbrowtoring. ‘n Mens kan darem mooi jou rigting bepaal as jy een van daardie 2 sien. Pretoria is vierkantig.in d middestad- soos grafiekpapier. (preek ek wat Kaapstad verloor het, nou vir jou!)
LikeLiked by 1 person
Dis juis ons wat goed soos die Kaap verloor, wat weet van bakens dophou. 😁
LikeLiked by 1 person
Ons word mos nie oud nie- net versigtiger, né! Bly jy het koekies gekry.
LikeLiked by 1 person
Ek het gaan soek oresies waar jy gesê het.
LikeLike
Hahaha, dis die eerste keer wat ek hoor ‘n mens kan die Kaap mis ry. Toemaar, ek was nog altyd so rigtingbedinges – dis hoekom Edward altyd saam met my ry. Hy sit daar binne my voorruit en sê vir my in hogere English Public School aksent “in 200 meters, turn left”. As ek nie betyds left turn nie, gil hy ook nie vir my om te “recalculate! recalculate!” soos wat sy onbeskofte Amerikaanse vroulike kollega in haar histeriese stemmetjie doen nie. Edward is besadig – hy lei my net kalmpies terug op die regte pad. Toortsie, het jy nou alo die pad Kaap toe gery om te gaan koekies koop by die Spar?
LikeLike
Die koekies het ek by ons eie Spar gekoop. Ek ondersteun plaaslik! 😱
LikeLiked by 1 person
Die mooie Kaap! Eks bang vir die karre, so Pappa moet ook maar dryf as ons daar is, want as ek moet ry sal ons iewers op eindig waar niemand ons weer gaan kry nie!
LikeLiked by 1 person
Dan ry jy net weer met die berg asn jou rugkant. 😁 Probeer dit!
LikeLike
Trots op jou, bravo
LikeLiked by 1 person
I did it! 😁😎🤸🏼♀️
LikeLiked by 1 person
Die Kaapse bestuurders is aansienlik genadiger as die Gautengers!
LikeLiked by 1 person
En tog sê hul dis eerder so in Johannesburg. Jong, ek het al in verkeerde rigting gery ‘n vorige keer. Ek dink die Liewe Vader en al Sy helpers staan gereed as ek alleen stad toe ry.
LikeLiked by 1 person
Giggel – sien ek skielik so ‘n ligsinnige prentjie van ‘n beskermengel wat ernstig pleit om asseblief nie deel van hierdie span te moet wees nie 🙂
LikeLiked by 1 person
Verstaan jy! ❤️😊
LikeLiked by 1 person
Toortsie, jy is ‘n tonic!!
LikeLiked by 1 person
Dis ernstige sake dié! 😂
LikeLike
Jy moet volgende keer vir my laat weet. Ek werk in die hartjie van die Kaap. My kantoorvenster wys ‘n reuse Tafelberg. Ek kan jou tjoef tjaf op al jou draaie vat en heelhuids aan die ander kant uitkry :-D. …. of vir jou die tye laat weet wanneer jy liewer lekker koffie moet sit en drink in plaas van jou wiele op die Kaapse teer waag. 😉
LikeLiked by 1 person
Dankie! Waar soek ‘n mens ‘n moeder van die bruidegom rok?
LikeLike
Twee opsies in die grote Kaap: Die weg van die minste weerstand as jy nie seker is wat jy soek nie: ‘n winkelsentrum soos Tygervallei of Canal Walk. Parkeer jou kar veilig (waar jy hom weer gaan kry), en stap winkeltjie in en winkel uit. Of in ons omgewing by Table View kant is Bridal Allure. My vriendin het haar moeder van die bruid rok daar gekry en was baie tevrede met haar rok en met hulle diens.
LikeLike
Ek het deur Tygervallei gestap, of my oë was toe, of ek wasdkm. Ek dink Vanal Walk is’n goeie roep. Dankie vir jou raad. 😁
LikeLiked by 1 person
Laat maak een by Stephen van Eeden of sy vriend wat eers by Guchi ootwerp het. Hulle is fantasties. Stephen was op project runway en sy vriend het iemand wat jy goed ken se mother of the bride rok ontwerp
Sy was baaaie tevrede.
Stephen modeontwerper
Work +27726483487
LikeLike
Ek moet by jou kom hoor. Is hy in ons kontrei? Ek is al moedeloos met sulke rokke. Ek het ná die eerste kind se troue gesê die kinders moet eerder saambly, ek soek nie weer rok nie! Nou is dit die 4e keer en ek het net 3 kinders. Ek vertrou dis regtig nou die laaste keer. Volgende keer gaan ek kaal. Genade!
LikeLiked by 1 person
Hy is in d Kaap. Ek kyk of ek link kan stuur.
LikeLike
Dankie
LikeLike
Dit is hoe ek maar ook elke keer voel wanneer ons terug kom uit die bos in die stadsverkeer, Toortsie. Niks om oor sleg te voel nie!
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLiked by 1 person
Ai Toorts, ek het lekker gelag vir jou skrywe, maar ook vir die “kinders moet maar eerder saambly…” storie
LikeLiked by 1 person
Regtig! Daardie outfitsoekery is angswekkend! My man vertel graag die storie hoe ek flou geval het oor ‘n outfit, maar hy vergeet om te vertel dat ek ‘n hele vrugtebrood saam met ‘n pot boontjiesop opgeëet het.
LikeLiked by 1 person
Homer se altyd as rigtingb4k ‘n woord in die woordeboek was, sou hulle ter verduideliking net Olga langsaan gesit het. Maar, toe ons Feb in die Kaaaap was, kon ek skadukant of sonkant van die platberg altyd die rigting beter as die gps aangee. 😉
LikeLiked by 1 person
Altans vinniger.
LikeLiked by 1 person
Jy’s goed! Lyk dit my. 😁
LikeLike
Die berg help darem met rigting in de Kaap.
Met die neem van die matriekafskeidfotos moes ek dit onderbreek om vir my vrou te gaan wys waar sy parkeer het in parkeergarage!
LikeLiked by 1 person
Ek veloor my kar in ‘n parkeerterrein Bredasdorp !
LikeLiked by 1 person
Die goeie ou Kaap!
Net so by the way… ek en daai Antie Googel klim nie saam in die kar nie!
My vrou bestuur as ons saam is… sy raak glo karsiek as sy nie haar aandag op iets anders fokus nie (pot bollie, dink ek maar wie is ek om the vra??) … so, sy weet, dis of ek of daai antie… nie altwee saam in die kar nie! 😉
LikeLiked by 1 person
Sy help my mooi, maar soms meer in die sloot in as padlangs.
LikeLiked by 1 person
Ja… dis oukei vir julle dames as sy julle in die sloot in help… en julle mans is nie daar om die blaam te vat nie!
My vrou gee vir my die blaam… al luister sy vir daai antie… no way vat ek die bollie vir haar ook nie! 😉
LikeLiked by 1 person