Twee boeke

Op een dag beland hier twee nuwe boeke in my skoot:

Die eerste boek, Karoo Vryheid, is deur ons eie blogmaat, Sonell van Niekerk geskryf, en die tweede boek, Filtervlinder, deur Elsabé Welman, het ‘n ander blogmaat vir my in die hand gestop. 🙂 Hoe gelukkig kan ‘n mens nou wees!

Beide hierdie boeke het regtig lekker en maklik gelees, selfs al was die tema van die verhale nie die maklikste, of gemaklikste onderwerpe nie. Dit is nie sommer die gewone liefdesverhaal met ‘n held en ‘n heldin en iewers loop iets skeef en hulle kom weer bymekaar nie. In beide die stories word dinge ervaar waarvan ons nie aldag lees nie. In beide die stories het die heldin van die verhaal ‘n uiters moeilike kinderlewe agter die rug.

In Karoo Vryheid word Ester fisies en emosioneel mishandel deur haar Narcisistiese man wat haar verkul ook nog. Sy beland keer op keer in die hospitaal nadat hy haar aanrand. Maar dan neem sy standpunt in en gebruik haar innerlike krag en maak moeilike en sterk keuses. In hierdie boek is hier egter geen manlike helde nie. Ek het gehou van die versoening wat daar op die ou end gekom het tussen ‘n hele paar mense.

Dit is Sonell se eerste boek en die tweede is blykbaar nie meer te ver nie, as ek reg verstaan. Sonell kan waarlik ‘n storie goed vertel.

Filterflinder vertel op ‘n baie sensitiewe manier die verhaal van ‘n vrou wat al sedert sy drie jaar oud is, seksueel mishandel word. Lig word gewerp op die lewe van ‘n prostituut en ook hoe moeilik dit is om daaruit te breek. Met baie geduld, liefde, gebed en aanvaarding, help Darius vir Sanita om haar lewe totaal om te draai en ‘n nuwe lewe in liefde en vrede en geluk te begin. Voetjie vir voetjie, stukkie vir stukkie, help hy haar om die een na die ander spook uit die verlede te verwerk en te verslaan en sodoende heel te word. Natuurlik is daar terugslae, maar op die ou end is dit ‘n storie van vergifnis, vertroue en liefde. Ek sal hierdie boek aanbeveel vir almal wat meer wil weet van mensehandel (human trafficing).

Groetnis

Toortsie

10 thoughts on “Twee boeke

  1. Toortsie, is jy lid van Lekkerles Boekrak op Faceboek? Dan kan jy asb hierdie lesersindrukke daar gaan plaas, want dit is presies dié tipe inligting wat ons graag daar bekom. Baie goed vir die skrywers tov bemarking

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s