Ons kerk se voorsanggroep begin altyd met skriflesing en gebed. Verlede Sondag was dit my beurt om te open.
Toe ons leidster Donderdag vir my vra om te open, het ek dadelik ja gesê en vir God gevra dat Hy vir my sal wys wat ek moet sê, maar so kom Saterdagaand en Hy het nog nie gewys nie.
Want
Skielik is Vrydag en Saterdag só besig en deurmekaar, glad nie hoe dit normaalweg verloop nie.
Skielik kry ek nie regtig tyd om goeie stiltetyd te hou en stil te word by God nie.
Ek kom amper nie eers uit by sommer net vinnig Bybel lees en ‘n vinnige gebed aframmel nie.
Ek kry nie tyd om stil te sit en te hoor wat God vir my wil sê nie, want ek storm voort van die een ding na die volgende.
En God gee vir my hierdie versie: Matt 27:46: My God, my God, waarom het U my verlaat?
Ek besef die konteks is nou nie reg nie, dit was Jesus se kruiswoorde en vir Hom het dit regtig gevoel of God Hom verlaat het, terwyl ek dit regtig nie gevoel het nie. Ek is die laaste tyd uiters bewus van God se teenwoordigheid en Sy sorg.
Soms kan dit vir ons voel of God ons verlaat het, of dat ons Hom nie hoor nie, omdat ons dalk nie vir Hom tyd gee om met ons te praat nie, soos wat ek die vorige twee dae gedoen het.
Soms kan God vir ons ver van ons af voel, nie omdat Hy ver is nie, maar omdat ons ver is.
En dis die boodskap wat ek toe bring: As ons God soek, sal ons Hom vind.
Ons kry Hom deur stil te gaan sit by sy voete, te luister wat Hy sê uit sy woord. Ons kry Hom op baie ander maniere, in die natuur, of waar ookal. Maar ons MOET Hom soek. Ons kan Hom op al die ander plekke gaan soek, maar die sekerste plek waar ons Hom sal kry, is as ons die Bybel self oopmaak en by Hom self gaan hoor.
Geestelike boeke is goed om te lees, maar slegs aanvullend, nie in die plek van die Bybel nie. Ons moet eerder lees wat God self sê, as wat ons lees wat mense OOR die Woord sê.
Ek het fouteer, ek het voortgestorm, en sulke tye slaap ek sleg, want my siel kom slegs tot rus wanneer dit rus vind in Hom.
Mag elkeen van ons vir God soek en Hom vind.
Groetnis
Toortsie
Ek stem saam… Hy sê as ons moet hom soek met ons hele hart sal ons hom vind.
LikeLiked by 2 people
Jeremia 29:13
LikeLike
Jip. Verwaarloos tyd saam met God, en kort voor lank voel jy daardie velatenheid.
LikeLiked by 2 people
Soveel wysheid in hierdie skrywe, Toortsie. Ek het die week wat verby is, ook weer tot die besef gekom dat Hy wil praat, maar ek raak nie stil nie.
LikeLiked by 2 people
Man en dan storm ek voort!
LikeLike
Dankie, dis ‘n belangrike boodskap. Ek is ook skuldig daaraan dat ek te veel dinge in my dag wil prop. Om God te vind, moet ‘n mens hom nie net soek nie, maar ook genoegsaam stil word om te kan luister,,,,,
LikeLiked by 1 person
En al ken ons die antwoord, al weet ons ons moet Hom soek, stil word, luister, tyd by Sy voete deurbring, gebeur dit steeds dat ons dit nie doen nie. Ek is erg skuldig.
LikeLiked by 1 person
Waarheid Toorts en ons is almal skuldig daaraan..
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Ek soek, maar ek skarrel en ek praat met Hom, maar Hy skarrel nie saam nie…. so weet ek ek moet gaan stilsit by Hom net daar waar ek Hom laas gekry het. Ek weet Hy wag geduldig daar. Dankie tog dat ek dit mag weet!
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n lekker wete, né? 😁
LikeLike
Pragtig en baie waar. Baie dankie.
LikeLiked by 1 person