Blogkaleidoskoop Hoofstuk 17 Draaipunt

Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die vorige hoofstukke te lees, klik op hierdie InLinkz skakel:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999

………………………….

Toneel: Twee motors wat gebors het. Nooddienswerkers is besig om die insittendes van hulp te verleen en iemand met ‘n draagbaar ambulans toe te dra.

Renier kom aangestorm, reguit na die twee ambulansmanne wat besig is om die bewustelose Nellie op die draagbaar, in die ambulans te laai. Hy vou omtrent dubbeld in sy hartseer.

“Nellie! My lief! Word wakker, asseblief!”

“Meneer, kalmeer net asseblief. ”

“Nellie, byt net vas, ek het jou lief! Ek is so verskriklik jammer dat ons jou in hierdie situasie ingestuur het. ” Hy klim saam met haar in die ambulans.

Terselfdertyd word Chris in ‘n ander ambulans gelaai, terwyl twee polisiemanne oor hom die wag hou.

“Cut”, sê Athol. “Dankie, mense, dis reg. Kry asseblief alles reg vir die volgende toneel.”

Die volgende toneel speel af in die hospitaal se wagkamer waar Renier en Lettie vir nuus oor Nellie wag.

“Ai, meneer Renier, hier lê onse Nellie nou in so ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Die arme kind moes al soveel in haar lewe deurmaak. Al die jare soos ‘n slaaf gewerk vir ou meneer Esra en mevrou Krissie. Nooit ‘n woord van dank gekry uit hulle monde nie en net mooi toe ek dink dinge gaan nou ten goede vir haar begin draai, toe kry daardie spul dit reg om haar ook vir húlle sondes te beskuldig. Maar sy moet nou net regkom, dinge gaan nou verander vir haar. ”

“Ja, Lettie, sy moet net gesond word. Dinge sal verander, ek sal haar help. Chris het van die skok soveel goed uitgeblaker, ons het nou genoeg bewyse om vir hom, Kara en Gawie Visagie sommer vir lank agter die tralies weg te bêre. Ons soek al so lank na hulle. ”

“Ja, meneer, sy sál regkom. Die liefde het ‘n manier om baie wonderwerke te verrig. En as dit waar is wat meneer Esra in sy brief geskryf het dat hy die hoenderplaas en nog baie ander dinge en geld aan haar bemaak het, weet ek sommer daar is ‘n blink toekoms voor haar. Dis ook net reg dat sy by hom erf, sy is dan sy eie kind! ”

‘n Verpleegster kom staan in die deur. “Ek het goeie nuus: Nellie het bygekom!”

Maar Nellie moet besluit: Gaan sy die geleentheid aangryp om die beste hoenderboer in die land te word en mense se verbeelding aan te gryp oor sy regtig verrys het uit die as, of nie?

40 thoughts on “Blogkaleidoskoop Hoofstuk 17 Draaipunt

  1. 😄 😃 😀 Ek het nou gekraai van die lag oor die kommentaar tussen jou en Scrapy, Toortsie. Julle twee ou hekse – julle maak geen geheim van julle blydskap dat tannie Krissie oorle is nie. Haai nee! Ek hoop die ou tante kom spook as Nellie (en Renier?) besluit om hoenderboere te word: “Die spook in die hoenderhok”.

    Liked by 3 people

  2. Joehoe…..onthou vir Nellie se groei en die sepieakteurs se romanse. Wat is dit nou hier in die doodsnikke met begrafnisse en hoenders. Hester jou Lê-jou-eier en Toweropstal se hoenders….lyk my dis in mense se bloed. 🤣🤣🤣🤣🤣🤣😉

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!