Persoonlikheidstoetse

My gesprek met ‘n blogmaat het my geïnspireer tot hierdie skrywe.

Ek het al baie persoonlikheidstoetse gedoen en boeke daaroor gelees. Ek hou daarvan. Dis vir my interessant. In die proses leer ek myself beter ken, maar leer ek ook ander mense beter ken en verstaan.

Daar is baie sulke toetse en teorië op die mark, en hulle oorvleuel, maar verskil ook. By party hiervan is dit soms onmoontlik om jouself geplaas te kry, en ek het al agtergekom, dat, afhangende van waar ek op daardie stadium in die lewe is, ek meer oorhel na die een kant of na die ander kant.

Die heel eerste een wat ek gedoen het, was DISC. (D Doener I, die ou wat fun in alles sien, S Shy sensitive, C Calcultative.) In my doelgerigte tyd, was ek meer D, tans is ek meer I, maar, glo dit of nie, ek het ook heelwat S in my. So, watter een is ek nou? (Man, ‘n mens kan nie ‘n Toortsie in ‘n boksie druk nie!)

‘n Boek wat ek baie geniet het, was die Vyf tale van die Liefde: Aanraking, diens, geskenke, opbouende woorde, kwaliteit tyd. Selfs met dit was ek onseker om myself te plaas, omdat ek oor tyd al van die ander tale aangeleer het, of dalk het ek so afgestomp geraak, wie weet? Tog, na baie dink en wonder oor die saak, kon ek myself redelik by een of twee van die tale plaas.

Ek het die kleure persoonlikheidstoets ook gedoen, en ek is jammer om te sê, dis die een waar ek my die swakste geplaas het, alhoewel dit baie met die DISC ooreenstem. Ek dink 4 kategorië is net te min.

Daar is twee van die skole waarvan ek nogals baie hou. Die een is ‘n persoonlikheidstoets oor 9 nommers, waar ‘n mens altyd een baie sterk nommer is, maar tog ook eienskappe van die twee nommers langsaan besit. Ek kon my perfek plaas as ‘n nommer 7. Happy go lucky. Skoenlappergeaardheid.

‘n Ander toets waarby ek sweer, is Arthur Burkes se sewe gawes. Daarby het ek ook sonder twyfel ‘n baie spesifieke persoonlikheid.

Op die ou end maak dit nie saak of jy so ‘n toets doen en jouself ‘plaas’ nie. Dit maak ook nie saak as jy nie presies weet wie jy is en waarvan jy hou nie. Dit maak veral nie saak as jy anders is as ander mense nie, want die belangrikste van alles, het God elkeen van ons uniek gemaak en ons tree verskillend op in dieselfde situasies en dit is heeltemal reg, want dit is veronderstel om so te wees.

Wat saakmaak, is dat ons gelukkig sal wees in onsself, ons geloof, ons menswees.

Mooi loop

Toortsie

30 thoughts on “Persoonlikheidstoetse

  1. As psigometris wil ek julle net waarsku: die grens tussen normaal en kens is dunnnn. Watter normale mens is nou mooi prim en propper en dan gaan steel hy goud en diamante en eet tiramisu met te veel skop, alles virtueel? Julle moet kom dat ek julle toets…..

    Liked by 3 people

    1. En ek gee glad nie om om nie heeltemal normaal te wees nie! 😂 Ek sê mos eintlik hul kan die geld soaar en hoef my nie te toets nie, julle weet mos die antwoord! 😂
      Maar hierdie gaan nie oor daaai toetse nie.

      Liked by 1 person

  2. Ek hou nie te veel van hierdie toetse nie en ek het baie ondergaan in die dae toe ek nog ‘n salaris verdien het (dis al waarna ek terugverlang – die salaris). Dit het altyd vir my gevoel asof daar ‘n etiket om my nek gehang word en dat mense my daarvolgens hanteer. Dis ook baie maklik om hierdie toetse se uitslag te beïnvloed en vir jouself ‘n nuwe persoonlikheid te bou – ek vertrou liewer op my waarneming van ‘n persoon.

    Like

  3. Tim La Haye se boeke bly vir my die beste. Dit sit mense nie in boksies nie maar gee jolly goeie aanduiding wat om te verwag. Ek het my kinders toe hul nog in huis was kon plaas en het hul gedrag beter verstaan. Ek sou bv die mure uitgeklim het, het ek nie geweet Marlé is sterk choleries nie, en dit is hoekom sy optree soos sy doen ens. Ek lief hierdie “vak” want daar is soveel moontlikhede.

    Liked by 1 person

  4. Volgens Hettie Brits se ouerskap bome is ek ‘n sier roos boom. Dit was nogal baie akkuraat.

    Maar ek sê altyd ook nes jy, ons is almal uniek en almal het ‘n unieke gawe om die lewe vir ander ook te kan ligter maak.

    Liked by 1 person

  5. Ek is nou nie een wat hou van persoonlikheidstoetse nie, seker maar omdat ek altyd in die other category val. Die sewe gawes het darem ook beter vir my gewerk. Soos jy sê is dit nie belangrik hoe, wie, wat en waar nie, solank in Hom deur Hom en tot Hom is.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!