Dat een fiktiewe persoon

Dat een fiktiewe Nellie Visagie ‘n mens se gedagtes so kan vasvang, is eintlik ongelooflik! Die bloggers is mos besig om Nellie se storie te skryf.

Nellie het ons harte aangegryp. Die arme kind maak die een foutiewe besluit na die ander en met elke stap wat sy gee, raak sy net meer en meer in die moeilikheid. Sy stuur ongetwyfeld af op ‘n fiasko.

Ons moes ‘inskryf’ om deel van die storie te wees, en ek was verantwoordelik vir hoofstuk 10. Dis uitdagend, want jy moet die hele storie in ag neem en jy weet eers waar jy moet aangaan as die hoofstuk voor joune geskryf word.

Sommer heel aan die begin, het ek die woorde in my kop en skryf my storie, met die gedagte om dit deurentyd aan te pas. Soos Lekkervurig gesê het, dis soos om kwik in jou hand te hou, en ja, dit wás ‘n storie om daardie kwik in my hand te hou!

Intussen kry ek ‘n nuwe gedagte wat dalk met Nellie kon gebeur en skryf storie nr 2, doen selfs ‘n bietjie navorsing daaroor en alles.

My beurt kom nader en ek maak vir Hester mal, want dan is dít my idee, dan dát. Gaan ek beide die stories publiseer? Dalk eers nr 2 en nog ‘n keer inskryf en wel op die ou end my oorspronklike storie plaas? Alles afhangende van wat gebeur.

Die hele naweek is ek bedrywig met die stories, dan ruil ek dit om, dan vee ek dit af, ai tog!

Maar my finale besluit berus toe by die arme Nellie. Ek gun nie vir haar die fiasko waarop sy afstuur nie. Ek wil hê sy moet rustig raak. Ophou hardloop. Ophou oor haar skouer loer. En dis in my hande om haar rustiger te kry.

Maar wat dan van storie 2? Storie 2 is hartseer en ontstellend, maar ter wille van vrouemaand en soveel vroue wat daardeur geraak word, voel ek tog dat ek dit wel moet plaas.

Maandagoggend moet ek publiseer. Sondagaand net voor ek die lig afskakel, gooi ek die twee stories saam, verander hier en daar, maak woorde minder, ens.

Genade! Ek het nooit gedink skryfwerk is só ingewikkeld nie. Dis mos net ‘n STORIE!

En net mooi toe ek dink dat Nellie Visagie ‘n hoenderboer van formaat gaan raak wat die hele land se verbeelding gaan aangryp, besluit die volgende blogger anders! Met Nellie, en in Blogland, het ons nooit ‘n verveelde oomblik nie!

En nou is ons almal besig met rondte twee, asof rondte een nie uitputtend genoeg was nie!

Toortsie

30 thoughts on “Dat een fiktiewe persoon

      1. Hester ek weet nie so mooi nie…. dan gee Nellie al die goed tas en al terug….dan spuit sy parfuum wat sy nie het nie aan ens ens. Toe jy vandag sê sy het nog al haar beserings was dit tickets met my. Kannie die draad volg nie 😁😁😁😁 Nou gaan ek maar net lees.

        Liked by 2 people

  1. Nellie het nou ‘n lewe van haar eie. Ek dink nie ‘n skrywer het altyd beheer oor wat sy / haar karakters doen nie, laat staan nog ‘n klomp skrywers wat elkeen hulle eie stempel op die storie afdruk. Dis wat die spanpoging so interessant maak.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!