Ons raak verlief, ons kan net nie genoeg van mekaar kry nie, ons loop oor van woorde en liefde, ons praat en vry as ons by mekaar is, eet mekaar amper op, die res van die dag whattsapp ons en bel en wat nog alles.
Dan trou ons en die lewe gaan aan en ons besef ons het nog ons eie belangstellings ook, ons wil soms ons eie ruimte hê, ons vriende raak weer vir ons belangriker, ons vreet mekaar nie meer heeltemal op nie, die kindertjies kom, die werk roep en ons raak gewoond aan mekaar. En as ‘n mens baie lank getroud is, hét jy al regtig alles gesê en kan jy nie meer ure aaneen babbel nie. Soms is dit selfs moeilik om 10 woorde op ‘n aand te sê.
Dit kan vir party van ons ‘n groot probleem wees, veral as ons praters is. Die stiltes kan ongemaklik raak.
Dis sulke tye wat ‘n mense weer moet kreatief raak. Alles gaan tog nie oor gesels nie, selfs al is opbouende woorde jou liefdestaal. Dis wanneer ons doelbewus maniere moet vind om vir mekaar te wys ons is lief vir mekaar, dat dit vir ons lekker is om in mekaar se teenwoordigheid te wees, selfs al gesels ons nie die hele tyd nie.
Intiem.co.za waarsku ons ook teen iets anders, dat ons so moeite doen om ‘goeie vriende’ in die huwelik te wees, dat ons huismaats raak in plaas van huweliksmaats, en dís baie gevaarlik. Dat dit so ‘goed’ gaan in die huis, maar eintlik het julle niks met mekaar te doen nie.
Ons moet doelbewus planne maak oor hoe om die vlam aan die brand te hou, dis regtig die moeite werd. As die tyd min is, doen klein goedjies. Raak aan jou man as hy by jou verbystap, gaan sit by hom op die stoel as julle saam TV kyk, maak tyd vir ‘n vinnige skemerkelkie, gaan stap saam en hou sy hand vas.
Ook ek moet gereeld hierop konsentreer, ons verval so maklik in ons eie roetiene en vergeet van ons huweliksmaat. En onthou, geen huwelik kan sonder intimiteit voortleef nie. Wanneer seks reg is in die huwelik, het dit te doen met slegs 10% van die probleme. Wanneer die seks egter nie reg is nie, is dit verantwoordelik vir 90% van die probleme.
En, moenie te veel bekommer oor die gesels wat min raak nie, geniet die saamwees.
Groetnis
Toortsie
Geniet die saamwees is BAIE belangrik, die gesels kom dan natuurlik by.
LikeLiked by 1 person
Ja, die saamwees. Rustig saamwees in mekaar se teenwoordigheid. 😊
LikeLike
Weet jy, daardie samesyn bring meestal gedagtes wat spontaan gedeel word.
LikeLiked by 1 person
Dit doen. 😁
LikeLiked by 1 person
Ons is al 43 jaar getroud en alles wat jy hierbo sê is so waar, Toortsie. As ek eerlik moet wees, is hierdie vir my die lekkerste fase van ons lewe tot dusver saam. Ons hoef nie eers iets te sê nie en weet presies hoe die ander een dink, voel en reageer in alle omstandighede.
LikeLiked by 1 person
Netso!
LikeLiked by 1 person
Ons is nog 10 jaar agter julle!
LikeLiked by 1 person
Ek stem ook saam met die sentimente so raak verwoord. My man is ook nie ‘n groot prater nie, en dan moet mens kreatief wees om samehorigheid te behou
LikeLiked by 1 person
En dis heeltemal moontlik.
LikeLike
My man is ‘n prater. Ek moet hom so nou en dan omkoop om stil te bly sodat ek die fliek se draad kan volg.
LikeLiked by 1 person
My man gesels graag met ander mense, minder met my. Ek wil graag gesels.
LikeLike
Dalk is jy sy gunsteling ruspunt waar hy in stille vrede kan verkeer.
LikeLiked by 1 person
Haai! So het ek nog nooit daaroor gedink nie!
LikeLiked by 1 person
En my kinders sê ek bly nie stil as ons fliek kyk nie. Ek dink hulle praat nonsens.
LikeLiked by 1 person
Ek kry sulke running commentary deur die hele fliek – sommige is heeltemal off-topic, niks te doen met wat op die TV aangaan nie. As ek hom probeer stilmaak, word hy vies. Ek dink hy kom ook nie agter hoeveel hy praat nie.
LikeLiked by 1 person
Ook. Ek wonder wat jy bedoel?
LikeLiked by 1 person
Nee, ek meen nou maar net mevrou! 😇
LikeLike
Watch it!
LikeLiked by 1 person
😨 😱
LikeLike
😁
LikeLike