Kinders was nog kinders toe ons nog kinders was …
Ja, alles verander voortdurend. Ook Facebook. Die nuutjie is oor. Daar is nog net ‘n paar lawwes, soos ek, wat gereeld goed op Facebook publiseer.
Iewers in die verlede was FB ‘n lewendige platvorm wat my van totale vereensaming gered het. Dit was ‘n plek waar ek met ander regte, lewendige mense gekommunikeer het. Dit was lekker. Ons was laf. Ons het grappe gemaak. Soms selfs moeilikheid opgetel.
Maar dinge het verander.
Die deelnemers het totaal verminder. Daar is min wat iets oorspronkliks opsit, die meeste is goed wat ge’share’ word.
Op ‘n stadium het dit begin gebeur dat ‘n mens nie meer almal se goed sien wat publiseer nie, net ‘n paar mense se goed word gewys.
Vir my beteken Facebook geweldig baie vir my boek en ook vir my blog. Facebook het baie mense na my blog gebring en ek is seker hy doen dit steeds, alhoewel ek vermoed dat Google nou die hoofbron van klieke raak op my blog. My boeke sou nie die sukses wees wat dit was as dit nie vir Facebook was nie. Daarom is dit vir my ‘n bekommernis as daar iets met FB gebeur!
Waar FB veral baie vir my boek beteken het, was dat ek ‘n page kon maak net daarvoor. Mense wat my fb vriende is, maar nie belangstel in Banting nie, hoef nie die goed te sien wat ek opsit nie. En ek het my ook getroos daaraan dat die mense wat die page volg, dit WIL volg, niemand is gedwing nie.
Wat ook lekker was, was dat ek tot soveel as drie maande vooruit goed kon skeduleer. Ek sou een aand amper deurnag werk en sommer die volgende drie maande se posts doen. Of, terwyl ek kosmaak en raak geïnspireerd, kon ek sommer 5 of 6 posts vooruit doen. Die woorde vir ‘n advertensie kom vinnig en gou en dan moet ek dit neerskryf, of dis verby! Dit help nie ek wag tot môre nie! (En toe het Sonell my iets geleer: Die skeduleerfunksie is steeds daar, dit het net geskuif! Dankie, dankie, dankie!)
Skielik kan ek nie meer skeduleer met my foon nie, en dit lyk vir my of dit ook nie meer op my rekenaar gedoen kan word nie.
Nou wonder ek: Hoekom? Hoekom verander FB voortdurend aan die goed en maak dit minder gebruikersvriendelik? Wil hulle dalk hê dat ons moet aanbeweeg?
So, Toortsie, dit lyk vir my dis tyd dat jy jou vlerke wyer sprei. Dalk Instagram? Ek sal nog lank by FB bly en my blaaie aan die gang hou, maar dis tyd om iets nuuts te probeer.
Maar wat? Waar is die nuutste en beste bemarkingsplekke?
Ek raak te oud!
Uitnodiging: Soek toortsiebooks by Instagram as jy wil.
Toortsie
Ek vind ook FB het deesdae baie gemors op, veral hierdie politiekopruiende boodskappe waar almal mekaar uitskel. Ek gebruik dit net om te sien hoe dit met my vriende gaan en ek link my blog, sodat hulle dit kan volg.
LikeLiked by 3 people
Dit hou my tog nog in ‘n mate op hoogte met wat aangaan in ons dorp. Ek sal dit nie sommer los nie.
LikeLiked by 1 person
Ek is nie n ” ernstige” Faceboeker nie. Dit was lekker toe my blog sommer outomaties opgesit kon word. Nou moet ek dit self doen. Dis eintlik maar vir my kennise en familie om te sien. Ek kyk gladnie na al die ander opgeplakte goete nie.
LikeLiked by 2 people
Ja ek het ook my smaak vir facebook verloor. Blogland het oorgevat….
LikeLiked by 1 person
Blogland is so lekker!
LikeLiked by 1 person
Ja sjoe, nou voel ek ook oud…
Mens kan steeds op WordPress posts vooruit publiseer, kan datum en tyd daarvoor kies. Vanuit WordPress dan op FB blad Post…
Google is verseker nou my blog se grootste bron van klieke, slegs 1% FB en 3% ander browsers.
LikeLike
Ek gebruik die skeduleerfunksie by WordPress ook baie.
LikeLike
Ek weet ook nie waarheen nou nie… Instagram, Paths, Twitter… En wat nog? Soos jy sê, maar die vlerke wyd span en met valk oë ander markvelde soek.
LikeLiked by 1 person
Facebook is so “stale” soos gister se witbrood. Ek kom baie min daar. Instagram is te veel werk, want dis baie visueel ungestel; jy moet voortdurend nuwe inligting opsit om raakgesien te word en die posts word nie gedeel soos op Twitter nie – ek sou Twitter verkies vir bemarkingsdoeleindes, maar daar is ook ‘n oormag inligting wat verbyrol.
LikeLike
Twitter het ek ook nog nie probeer nie. Ek het nou ‘n bemarkingsrek op Instegram begin. Ek sal dit nou mooi leer en dan kyk wat op Twitter gebeur. Op hierdie ouderdom net een ding op ‘n slag. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek stem Toortsie. Facebook doen natuurlik baie vir my video’s en blogs, maar dit verander nou teveel.
LikeLiked by 1 person
Dis regtig sleg dat ek nie meer kan skeduleer nie.
LikeLiked by 1 person
Kan jy nie meer nie? Ek doen nog op my group. Dit is baie snaaks. Dalk het hul die funksie geskuif? Gaan loer en jou laat weet. Xx
LikeLiked by 1 person
Sonell jy is ‘n wenner! Dankie, hul het dit net op ‘n ander plek gesit. Baie baie dankie.
LikeLiked by 1 person
❤️❤️❤️
LikeLiked by 1 person
Ek het net verlede week dieselfde gesprek gehad. Facebook is deesdae onpersoonlik.
LikeLiked by 1 person
Ek mis die ou fb.
LikeLike
Facebook maak my moeg en moedeloos. Hulle het sogenaamd veranderinge aangebring om dit meer persoonlik te maak, maar eintlik is dit om dat hul wil he dat ons moet betaal om ons goed sigbaar te maak. Dis ‘n frustrasie!
LikeLiked by 1 person