Nellie staan verwese. Sonder geld, sonder vriende. Sy doen allerhande werkies om aan die lewe te bly.
Hoe het sy in hierdie gemors beland?
By die kruispad het sy links gedraai Kimberley toe, ‘n vragmotor sien staan langs die pad en by die vragmotorbestuurder hulp gesoek. Hy kon sommer aan haar verskrikte uitdrukking en die verband om haar kop sien dat sy in groot nood verkeer en het haar gehelp om die motorfiets ‘n entjie van die pad af in die veld te versteek en vir haar geleentheid gegee tot in die Kaap.
Die geld het nie lank gehou nie.
Meestal werk sy as kelnerin en dis daar wat sy vir John ontmoet. ‘n Ouer, saggeaarde man, wat elke keer so vriendelik is met haar en geselsies aanknoop. Hul begin al hoe meer tyd saam deurbring.
Een dag nooi John haar om te kom kyk waar hy werk, hy is ‘n besigheidsman en het toekomsplanne met haar.
Min het sy geweet dat hy deel is van ‘n groot sindikaat van gesellinklubs en wat die toekomsplanne was wat hy in gedagte gehad het!
Voor sy behoorlik besef het wat gebeur, was sy vasgevang in hulle groot web en moes sy mans vermaak op die slegste, moontlike maniere. Hul het haar ID dokument en selfoon afgevat en haar identiteit totaal verander. Sy het ‘n wag gehad wat haar voltyds opgepas het.
Vir John het sy nie weer gesien nie. Sy was ‘n gevangene van hierdie sindikaat en sy moes net werk, werk, werk sonder enige vergoeding. Sy kon geen kontak maak met die buitewêreld nie en kon geen hulp inroep van iewers af nie.
Gereeld is al die meisies wat daar werk, geskuif na ‘n volgende klub, soms in dieselfde stad, soms na ‘n volgende stad. Sy het nie meer geweet waar sy is nie, haar hoop en selfvertroue was weg.
……………………………………………………. maaarrrrrr …
Nellie voel vreemd. En koud. Wat op aarde maak sy hier in die stofpad? Wat gaan aan? Dan besef sy: Sy het gedroom.
Al hierdie dinge wat gebeur het … die toksak, die rolle geld, die bus Bloemfontein toe, Chris op die lughawe, die liewe, stomme Jakkie op die vliegtuig, die naakte foto’s van tannie Chrissie, oom Esra se bekentenis dat hy haar biologiese pa is, Renier, die vervalsde geld, die koerantberig, die bloedskande, die diamantsmokkelary, die vlug met die privaatvliegtuig, die houthut in die bos, die vliegtuigwrak, die gesellinklub, … was alles net ‘n droom! ‘n Verskriklike nagmerrie!
Sy het haarself sowaar aan die slaap gehuil en hier sit sy steeds langs oom Esra se verflinterde bakkie met die pap wiel nadat sy in ‘n oomblik van woede en moedeloosheid daar weggery het, ewe met ou tant Krissie se dure leertas vol Franse onderklere en parfuum en wat nog alles!
Nee! Nellie Visagie mag arm wees, maar sy is nie ‘n skelm nie en sy gaan ook nie die res van haar lewe oor haar skouer moet loer nie! Sy weet nou presies wat sy moet doen.
Pap wiel of te nie, sy gaan nou ry met hierdie ou bakkie. Terug na waar sy vandaan kom, oom Esra en tannie Krissie groet, die hoenders, wat sy met haar groentegeld gekoop het, optel en dan na haar ouers gaan. Dan sal sy die ou verflenterde bakkie terugneem. Ja! Dis wat sy gaan doen.
Sy is nie armsalig nie, en beslis nie dom nie. Sy het glad nie sleg gedoen op skool nie en is ook nie lui nie. By die Viljees in die huis het sy baie dinge geleer van die lewe, selfs al het hulle haar soos ‘n rondloperhond behandel. En die Franse onderkleertjies kan tannie Krissie maar hou, wat wil sy, wat Nellie is, in elk geval daarmee maak?
Haar kennis van groentetuin- en hoenderboerdery, saam met die verkoopsvernuf wat sy by die vlooimark opgedoen het, is nét wat sy nodig het om ‘n nuwe lewe by haar ouers te begin.
Ja! Sy is nie bang vir werk óf vir swaarkry nie, sy is sterk en sal dit kan hanteer, en hou haar maar net dop, sy sal vir die Viljees en al die ander la-di-da’s van die dorp wys dat die Visagies nie mense is op wie jy neersien nie.
So hoppende, op drie wiele en een rim, ry sy terug en vat sy die eerste treë op haar nuwe pad van vryheid.
Maar toe sy by oom Esra-hulle op die plaaswerf inry, staan hy haar en inwag. Hoe nou gemaak? Sy kan nie besluit nie: Lyk hy kwaad, of lyk hy verlig?
…………………………………….
(Die eerste gedeelte van hierdie hoofstuk is geskryf uit simpatie vir soveel meisies wat opgeslurp is in hierdie web, wat vasgevang is en nie weet hoe om te ontsnap nie. Menseroof, of Human Trafficing, is ‘n realiteit in ons land. Spesiale dank aan Christna Junius wat haar storie met my gedeel het. Sou u ingesleep voel by menseroof, moet u dringend die noodnommer skakel. 0800 222 777. Die tweede week in Oktober is dit Nasionale Human Trafficing week.)
Storie en name fiktief.
Toortsie
……………
Die vorige hoofstukke van hierdie storie kan by ondergenoemde Inlinkz-skakel gelees word.
Om aan hierdie uitdaging deel te neem, lees die reëls by hierdie skakel.
InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999
Oe ek hou hiervan – ‘n tweede kans vir Nellie!
LikeLiked by 1 person
Sy kan nie so aanhou vlug nie, die arme kind.
LikeLiked by 1 person
Mmm.gewonder wanneer sy tot inkeer gaan kom. .
LikeLiked by 2 people
Dankie tog sy kan ophou vlug!!! Dankie toortsie…
LikeLiked by 1 person
❤
LikeLiked by 1 person
Nee waar? Ek weet nie van dit nie toorts
LikeLiked by 1 person
Dan is dit reg. 😁
LikeLiked by 1 person
Vergewe my as ek verkeerde emoji’s gebruik het asb
LikeLike
Het die kwik toe die regte pad geloop? Ek wonder. Die mense handel is n slegte ding in vandag se tyd wat veronderstel is om mekaar te respekteer. Ek wonder wat Nellie gaan doen. Weer weghardloop of oom Esra n paar waarhede vertel. Lekker kinkel in die kabel
LikeLiked by 1 person
Die tweede deel van die storie is wat ek al heel in die begin geskryf het. Die kwik het gehou!
LikeLike
Het so gedink, Jy het n goeie paadjie terug voorberei. Nellie moet nou net haar man staan.
LikeLiked by 1 person
Ek was so bang iemand kry dieselfde gedagte en dan val my kwik op die vloer!
LikeLike
Mensehandel gebeur blykbaar onder ons neuse. Dis verskriklik.
LikeLike
Beslis. Weet jy as ek so met die kinders hier werk dan verstaan ek meer en meer dat jong mense uitgevang word en dat familie en volwassenes die oorsaak van alles is omdat hul geld nodig het nie net om te oorleef nie maar meestal omdat hul n probleem het met Dobbel of verdowingsmiddels. Hier wil hul nou probeer om mensehandel te stop. Dis egter n druppel in die emmer.
LikeLiked by 1 person
Dis wêreldwye sindikate. Moeilik om te stop.
LikeLike
Sjooooeee! So goed geskryf!
LikeLiked by 2 people
Dankie
LikeLiked by 1 person
Sjoe, 360° wending en die storie is terug waar Blogger 1 (ek) opgehou het. Dit was voorwaar onverwags Toorts en ‘n uitdaging vir die volgende blogger. Ek is nou net jammer dat Renier ook daarmee heen is – nooit bestaan nie. Aan die ander kant is ek ook bly John het nooit regtig in haar lewe gekom nie, want mensehandel is ‘n vieslike onding. Ek het so pas ‘n reeks boeke van ‘n Noorweegse skrywer gelees wat kort-kort daardie onderwerp aanraak. As dit so gaan in ‘n beskaafde Westerse land, ja, dan sal dit nie vreemd wees hier op die puntjie van Afrika nie.
LikeLiked by 2 people
Miskien kom Renier nog in ‘n ander gedaante te voorkyn, wie sal ooit weet?
LikeLiked by 1 person
Gedaante. O hoe gril ek nou.
LikeLiked by 1 person
Nee man! Nie soos ‘n spook nie!
LikeLiked by 1 person
Hester, hier is ‘n vreeslike inskrywery vir ‘n tweede keer, maar ek sien die nommers is nou soos my kop, lekker deurmekaar en ek en Ouch my Back hurts lê daar onder, totaal verwyder van die ander. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek is die skuldige! Ek was besig om die lys te edit. Bytjie het per ongeluk 2 x ingeskryf en ek moes een delete. Ek wou Ouch (AJ) net afskuif om te wys hy is ook besig met Nellie, maar nie regtig deel van die vervolgverhaal nie. Toe smyt ek jou weg!!! Ek het nou vir AJ uitgehaal sodat ek die nommers kan regkry – ek gaan in elke geval hierdie vorm delete as ons klaar geskryf is. Jy is nou weer terug op die map, hoor?
LikeLiked by 1 person
Ai tog! Ek het so gehoop ek het totaal weggeval en AJ moet kom saamspeel met ons. 😁
LikeLiked by 1 person
Nou … ek dog jy het ingeskryf vir ‘n tweede rondte. Hoekom wil jy nou wegval? Jy smokkel met my arme brein.
LikeLiked by 1 person
Ek is maar net gehoorsaam aan Bondelsgedagtes. Sy sê ons moet almal nog ‘n keer skryf en hierdie keer sal my eerste plan nie weer werk nie! Ek sal sowaar ‘n storie moet uitdink.
LikeLiked by 2 people
Mooi so Joey! Ons medebloggers moet ons op ons tone hou.
LikeLiked by 2 people
Maar ek het al weer ‘n gevoelentheid van ‘n balletjie kwik. Ai toggie!
LikeLiked by 1 person
*koes weg*
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook so. Kwik is giftig!
LikeLiked by 1 person
En dit spring rond soos ‘n verkouekiem
LikeLiked by 1 person
Hahahaaaa so bly iemand luister vir my😁
LikeLiked by 1 person
😝
LikeLike
Hester ek het my naam ook vroeer opgesit maar sien dit nie nou nie? Is daar nuwe link waar ek kan kyk?
LikeLiked by 2 people
Weet iemand of Hester se naam weer op is?
LikeLike
Dit is daar. Hierdie link bly dieselfde, maar word opdateer elke keer as iemand iets bylas. Jy moet dalk net refresh wanneer jy dit oopmaak https://docs.google.com/spreadsheets/d/1vCjw0mZJE4KfDAvpitqvSQm5V-JDWVTVNrcubk_BQGc/edit#gid=581784030
LikeLiked by 1 person
My 2de inskrywing is nie daar nie?
LikeLiked by 2 people
Kyk w/a
LikeLiked by 1 person
Dkie
LikeLiked by 2 people
Toorts ons koppe werk saam. Het ek deelgeneem het jou kwik op die vloer geval. Soos die storie aangegaan het, het ek gewens iemand wil skryf dat Nellie wakker word en alles was net ‘n nagmerrie. Welgedaan!!!
LikeLiked by 2 people
Dankie. Ons het darem lank saam geblog, ons kan dalk al soms dieselfde begin dink! 😁
LikeLike
Jy kan natuurlik nog steeds deelneem. 🙂
LikeLiked by 1 person
Jy het sommer vir my part ook geskryf 😊
LikeLiked by 1 person
Ha, briljante kinkel in die kabel. Nou sal ons wat nog moet skryf, moet dink dat die rook trek!
LikeLiked by 2 people
Ja nou is die rigting totaal anders. Sterkte! Ag, dalk trou sy ‘n oulike boer. Wat is haar neef se naam nou weer? 😁
LikeLiked by 1 person
Chris…en hy is ook nou nie meer haar neef nie, maar aangeneem….moontlikhede raak groot.
LikeLiked by 1 person
My ouma en oupa was niggie en neef, en hulle oupa en hulle oupa en ouma ook. As dit werk, noem ‘n mens dit lynteling. As dit nie werk nie, inteling. Gelukkig moet julle nou maar besluit wat moet gebeur! Dalk verkies sy om ‘n ongetroude boervrou te word en te bly. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek dog ek is klaar, nou sien ek almal waag ‘n tweede rondte, so, dink sal dit wees. Dit het al klaar my hele lewe oorgeneem die laaste tyd!
LikeLiked by 2 people
Ek het my tweede rondte laat kanselleer…bang ek raak te betrokke.😳😄
LikeLike
Nee suster, ons is almal in hierdie ding. 😝
LikeLiked by 1 person
10 uit 10 Toortsie!!!! Jy het nou sowaar die kinkel tweekeer in die kabel gedraai!!
Welgedaan….wat die mensehandel betref kan ek saamstem dat dit n ware wrede werklikheid is.
LikeLiked by 1 person
Dis so sleg en ek weet steeds nie of dit wys was om daaroor te skryf nie, maar dit kan ook nie net geïgnoreer word nie.
LikeLiked by 1 person
Wel, my naam is op vir nog ñ keer se skryf. Hierdie gaan ñ interessante een wees… Sielsoeker, ons wag met ingehoude asems op jou.
LikeLiked by 3 people
En liewe Una het my ook bemoedig om weer n keer te skryf… komaan julle, almal moet 2 keer skryf dink ek….
LikeLike
Was myne nie 2 stories vandag nie? 😁
LikeLike
Neeeeeeeee stouterd… nie 2 in een nie, 2 verskillende stories. So sit jou naam weer op hoor…
LikeLiked by 1 person
Ja juffrou. 😊
LikeLike
😘🌹💕
LikeLike
Moet nou nie sê ek is Chicken nie! Ek het ook ingeskryf vir ‘n tweede keer. As julle sê almal moet ‘n tweede keer skryf, wie is ek om te stry?
LikeLike
Soooo trots op jou jippieeeee
LikeLiked by 1 person
Nou moet ek weer dinkdinkdink!
LikeLike
Toemaar ek ook🤗
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek is chicken! Na my byna bloedskandelike flopsie van rondte 1, gaan ek hierdie keer prim en Propper op die wal sit en eers my 50jr reunie agter die rug kry voordat ek weer my hand hier waag. Maar ek gaan niks mis nie hoor!!! Julle moet asb steeds mooi skryf soda ek lekker kan lees. 9 en ek glo ons lees almal lekker hier)
LikeLiked by 1 person
Kry gou daai reünie agter die rug en wie weet, dalk kry jy nog lus vir ‘n bydraetjie! 😁
LikeLiked by 1 person
Sjoe…hier is nie groepsdruk nie, nê?
LikeLike
Geensins! Hoe voel my keel dan so benoud?
LikeLike
Hallo Kaleidoskoop skryf maats! Wat ‘n uitdaging is hierdie nou nie. Challenge accepted! Ek is hard aan die werk met my hoofstuk. Sal more oggend plaas. Groetnis
LikeLiked by 2 people
Opgewonde! 😁
LikeLike
https://soulsearcher1986.wordpress.com/2018/08/15/le-jou-eier-bloguitdaging-kaleidoskoop-hoofstuk-11-nuwe-patroon/
LikeLike