Dit bly vir my interessant wat mense by soekenjins intik en dan by Toortsie se blog uitkom.
Kyk hierdie een: ‘Paddaboudjies‘. Nou hoe op aarde het Google besluit hierdie persoon moet by Toortsie kom aanklop? Ek dink nogals by my 21e verjaarsdagpartytjie was daar paddaboudjies, maar ek het nie daaroor geskryf nie. O! wag! Nou onthou ek! Ek het vertel van die paddaboudjies en slakke in Parys, en weet julle wat? Ek het dit verkeerd gespel!
‘Om ‘n hondesalon te begin‘. Hellooooo? Hoe bedoel meneer dan nou? Toortsie? ‘n Hondesalon?
‘Rassehaat bybel‘. Genade tog! Ek sal alles in my vermoë doen om rassehaat weg te kry in ons land. Interessant genoeg het ek nogals rassehaat al in drie bloginskrywings genoem, maar vir die ou wat ‘n rassehaat bybel soek, sou dit teleurstellend wees, glad nie wat hy soek nie! Sorrie, hoor! Nee man, kry vir jou ‘n ander bril.
‘Ons gesels het opgeraak.’ Ai, jai, jai, dit gebeur in huwelike. Dit gebeur dat daar tye is wat daar nie meer gesels is nie, en vir iemand wat lief is vir gesels, kan dit baie moeilik wees. Dis sulke tye wat ‘n mens dalk sommer ‘n boek moet lees oor die liefdestale en jou huweliksmaat se liefdestaal soek, innoverend begin dink, intimiteit soek, dinge doen wat jy lankal vergeet het, net om weer nuwe asem in jou huwelik te blaas. Dalk moet julle sommer by kerslig bad, of in die maanlig gaan stap. Ek is seker jy sal weet wat om te doen om nuwe vuur in jou huwelik te blaas. Lees ‘n Romanse boek.
Die opstelbrigade is natuurlik besig om toe te neem. Dis nogal interessant, my vriendin wat ‘n onderwyseres is, sê die benadering het heeltemal verander. Dis nie meer soos in ons tyd dat ‘n onderwerp gegee word en die kinders gaan skryf by die huis nie. Nee, die onderwerp word in die klas bespreek, die kinders gee idees, skryf die opstel in die klas en merk mekaar s’n sodat die vrees vir die rooipen minder raak. Tog soek die mense steeds opstelle. Sal dit die kinders wees? Of dalk die juffrouens wat idees soek?
‘Here help asseblief.’ Ai, die nood bly hoog. Ek wens so ek kan help!
‘Aansoekbrief‘ en ‘Tweede inkomste‘ en ‘Werk van die huis af.’ Dit gaan swaar met ons mense.
Daar is ‘n ander klompie wat altyd maatjies soek saam met wie hulle naaldwerk wil doen. Flukse lotjie, moet ek sê. Maar ongelukkig brei en hekel ek net en kry nou glad nie meer tyd vir knope aanwerk en some insit nie.
Groetnis
Toortsie
Ag altyd si interessant maar my elbwil nooit meer vir my sê wat die mense gesoek het nie en mt laptop ook baie min . Dis net unknown. En ek weet nie hoe om ditcweer terug te kry nie! HELP TOORTS!
LikeLiked by 1 person
Ja, dit het verander. Vroeër was daar so ‘n lang lys. As ek op my laptop kyk, sien ek amper niks. Waar dit nog vir my oulike wys, is op my selfoon se app. Dis maar waar ek kyk.
LikeLiked by 2 people
Dis juis my selfoon qat vir my niks meer wil sé ni.
LikeLiked by 1 person
Kyk tog. En kyk ook of jy nie gesê het dat soekenjins jou NIE mag aanbeveel nie. Dit kan dalk ook gebeur.
LikeLike
Nou hoe vind n mens dit uit?
LikeLike
Jy moet by jou settings gaan kyk of jy nie iewers iets gemerk het of nie gemerk het nie.
LikeLiked by 1 person
Jip seegogga ek sien ook niks… Toorts, dis oulik geskryf en soooo waar. Dis terselfdertyd opwindend en scary om te sien wie lees mens se goed en wat vang hulle oge. So asof die Vader van ons goed gebruik om iemand hoop te gee of selfs vir ons bietjie te slyp…
Goeie Vader wat ons het. Xx
LikeLike
As jy op jou selfoon app kyk, by MY SITES; Stats; Days. Dan kan jy by elke dag kliek (ongelukkig net die afgelope week) en dan gaan jy af tot by Search Terms. Daar sien jy wat die mense ingetik het en vir wie Google dan na jou verwys het.
Ja, God gebruik ons. Ek sien my blog as ‘n manier om Hom te verheerlik. Soms kom hier ook maar stoutighede deur soos die tiramisu geval, maar my doel is om van Hom te getuig. ‘n Mens weet nooit wie jy dalk bereik nie.
LikeLike
Die stoutigheid wat by ons deur kom getuig van realness( is daar so woord?) Ons is Sy kinders en bly mens al streef ons na heiligmaking… mense het nodig om dit te sien. Ek dink dit maak God bereikbaar vir ander?
LikeLiked by 1 person
Ek hoop regtig dat my getuienis dalk ‘n mooi nasmaak in die mond het en nie mense afskrik nie.
LikeLike
Die wat skrik sal wees die wat ‘n opdrag daarin sien watt hulle challenge ou Toorts… ons word mos maar almal gerek…jou boodskap en reuk is mooi
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLike
💕🌹
LikeLike
My über gewilde search terms – dassiepis, valstande, kokkerot, vakansie en nou onlangs vra iemand vir “hengse snaakse z”. Wanneer jy na jou stats kyk onder “My Sites”, scroll af tot by Search Terms en kliek op die right angle bracket (>) langsaan. Dit gee jou die geleentheid om te kyk na al jou search terms vir verskillende periodes. Desktop – ek weet nie of dit werk op selfoon / tablet nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie, die eesktop een het verander. Hier gee jy nou weer die antwoord.
LikeLiked by 1 person
Ek hou vir myself hierdie soort van veranderinge by op (ongepubliseerde) blogs, want anders soek ek my ook oor ‘n boog.
LikeLike
Nou wonder ek sommer, wie soek iets soos dassiepis?
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n goeie verkoper by gesondheidswinkels – dit help glo met swangerskappe, hulle maak parfuum daarvan, ens. Ek het hieroor geskryf https://www.hesterleynel.co.za/2016/06/14/dassiepis-stink-dis-al-dit-stink/ juis omdat ek ook vies geword het vir die soekterm wat aanmekaar opduik 😄
LikeLiked by 1 person
En soos by my … die naaldwerkies … watter tipe mense soek dit?
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n sosiale ding wat nogal baie bedrywig is hier aan ons kant van die wêreld. Groepies vroue sit en doen hulle naald/brei/hekelwerk of hulle leer mekaar om te borduur en te verf – enigiets waarin jy belangstel. Dis meesal huisvroue en afgetredenes wat daarvan hou om te gesels en saam tee te drink of ‘n gedeelde belangstelling gaande te hou.
LikeLiked by 1 person
Jaaaaa dis nie waarvan ek praat nie. 😱
LikeLiked by 1 person
O daai? Liewe Lawwe Ek.
LikeLiked by 1 person
😂😝🧐🧐🧐
LikeLiked by 1 person
Nog nooit eers besef mens kan hierdie inligting kry nie. Ek gaan nou dadelik doen wat Hester sê, om daar uit te kom.
LikeLike
Perdebytjie, statistiek is mos vir my interessant, maar dit stimuleer ook my denke as ek sien wat die mense soek. Dit gee vir my baie keer ‘n idee waaroor om te skryf. Soos al hierdie opstelonderwerpe kom uit daardie lys, dis nie my eie idees nie. Dan dink ek: Iemand soek iets hieroor, dalk kan ek help. 🙂
LikeLiked by 1 person
Dis regtig oulik en ek kan sien dat dit jou denke kan stimuleer.
LikeLiked by 1 person
Ek sien nou my blog is nie publiek nie…ek verkies dit so.
LikeLike
Maar hoe kan ek dit dan lees? Kan net WordPressers jou blog lees?
LikeLiked by 1 person
Lyk my so, Toortsie. By publise staan daar…no publicise. Ag dalk is dit weer my ongeletterdheid wat my tot die gevolgtrekking bring. Sal weer gaan kyk.
LikeLiked by 1 person
Ek sien tog my stelling is publiek…hahaa! Dalk het ek nog nooit iets geskryf wat iemand wil google nie.😂
LikeLike
Ek glo dit glad nie! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek dink as mense perdeby google, kom hulle by my uit..😉
LikeLiked by 1 person
Maar jy het al soveel dierestories vertel, mens sou dink google moet dit optel.
LikeLiked by 1 person
Daar is ‘n strlling wat jy search enjins toelaat om jou blog op te tel. Dalk het jy dit afgesit.
LikeLiked by 1 person
Ja dis nooit anders nie!
LikeLiked by 1 person
Dis interessant maar tog ook kostelik 😊
LikeLike
Ja, sommige is vreemd!
LikeLike
Ek het nou lekker geglimlag. Janee, Toortsie kan alle vrae beantwoord! Wees trots op jouself, jong, jy weet mos ons Pa gebruik jou oral.🌺🌺🌺
LikeLiked by 1 person
Jong, ek wonder darem oor alle vrae! 😱 Ek was vandag in gesprek met iemand, bietjie ‘navorsing’ gedoen vir my hoofstuk in die Nellie-sage en het besef, daar’s dinge waarvan ek NIKS weet nie.
LikeLike
O griet!🤔
LikeLiked by 1 person
Oe, ek sien jou en Seegogga amper!💃🌹🥂
LikeLiked by 1 person
Kan nie wag nie.
LikeLike
Dit is vreeslik interessant!
LikeLiked by 1 person
Dit bly vir my ook interessant. 😊
LikeLiked by 1 person
Een van die soek resultate by my wat ek nogal humorist is en ironies vind is die term snaakse flaters. Die soek daarna was egter ook ‘n flater want dit is flatters gespel
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Maar jy het ‘n goeie humorsin.
LikeLike