Soos wat dit ongeveer twee jaar gelede verskyn het by Finesse se Voelgoedblogs.
Google is ‘n dame!
Ja! Dit weet ek nou! Google is ‘n dame! Nie dat ‘n mens ooit anders sou kon dink nie, want daar is niemand wat soveel goed gelyk kan doen as Google nie!
Maar hóé weet ek sy is ‘n dame? Omdat ek nou op my oudag geleer het van ‘Okay Google’. Ag, wat ‘n plesiertjie vir ‘n ou antietjie soos ek! Mensig! Dis nou te sê die keer wat ek onthou dit moet ‘Okay Google’ wees en nie ‘Hello Google’ nie.
Dít besef ek nou ook: Sy het ‘n bietjie van ‘n ingewikkelde temperament ook nog. Ek moet duidelik sê, ‘Okay Google’, nie op haar skree nie, nie met ‘n singerige stem nie. Eers wanneer sy voel ek sê dit reg, dán reageer sy.
“Okay Google, navigate me to Artscape” … tjieng … en dan begin sy praat! “Okay Google, call Annie Pretorius” … tjieng … en daar lui die foon! “Okay Google, Raindrops keep falling on my head” … tjieng … en daar sing my foon die liedjie. Dis soos ‘n nuwe speelding!
Maar voor ek dít kon leer, moes ek ook leer dat dit glad nie meer nodig is om adresse en GPS koördinate in te tik nie. Nee, ek tik net ‘Radio Tygerberg’ en daar gaan ons! Nou vra die mense vir my, waar is Radio Tygerberg, en al wat ek kan antwoord, ‘on your left’! ‘Your destination is on your left!’ Sowaar!
Behalwe dat Google vroulik is, was sy sowaar die hele wêreld vol en help sy hierdie plaastannie om die hele Kaap plat te ry. Hoe is dit dan dat ek dit nog nie besef het destyds toe ek die hele Gauteng platgery het op soek na Unisa nie?
Maar waaroor ek steeds die mees opgewonde is, is dat Google vroulik is, dit beteken, ons kan haar vertrou!
Groetnis
Tong-in-die-kies-Toortsie
Ek het gehoor van die dame maar joe kry ek haar? Moet ek eers tik voor sy reageer? Moet ek haar eers aflaai? Ek ga haar nou soek!
LikeLiked by 1 person
Jy vra net en sy antwoord. 😁
LikeLike
Ja het dit nou: vra vie seeghougha en dan kom jy by seegogga uit!
LikeLiked by 1 person
Netso. Google is slim! Maar die praat-een wat ek hier beskryf, doen ek lankal nie meer nie. 😁
LikeLiked by 1 person
wat doen jy dan ou Toortsie? Ek weet van iemand hier op BD wat met ‘n rekenaartannie praat en vra. Sy het blykbaar ‘nnaam, maar ek het dit nou vergeet. Dan se hy ewe,; Thank youu Ursula ( of wie sy nou ookal mag wees. sy vrou lag lekker, want hy thank you en please en how are you al die pad met die rekenaarvrou!
LikeLike
Ek tik maar wat ek wil weet. My boerebry werk nie so lekker nie. Sy verstaan nie altyd wat wk wil hê nie.
LikeLike
Jip, ek reken sy is ‘n girl… want sy laat jou nie toe om jou sin klaar te maak, voor sy aanbevelings begin maak nie 😀
LikeLiked by 2 people
Sien jy! 😂
LikeLike
Whahaha
LikeLike
Wat op die aarde praat julle van? Hoe spoor ek haar op? Met my foon???
LikeLiked by 1 person
Man, dit was 2 jaar terug! Nou kan ek nie meer onthou nie! 😱 My boerebry het nie goed gewerk nie.
LikeLike
Dit lyk my dis vir Androit fone. Gebruik Apple Siri? Ek weet Apple het ook so ‘n funksie.
LikeLike
How do you turn on OK Google?
To start, launch the Google app and open Settings > Ok Google detection. Then toggle From any screen. Turn on the always-listening mode from the Google app. Next you’ll be prompted to say, “Ok Google” three times so the app can learn how your voice sounds.May 10, 2016
LikeLiked by 1 person
Dankie jong!
LikeLike
Nou gaan jy lekker speel!
LikeLike
Ek wil liewers nie met die tannie praat nie…netnou is sy slimmer as ek!😄
LikeLiked by 1 person
Ek tik ook beter as praat! 😂
LikeLiked by 1 person
Sy’s hardekwas.
LikeLiked by 1 person
Yep, tannie Google is oukei, maar ek weet nie of sy ‘n dame is nie, want partykeer gee sy werklik stoute antwoorde.
LikeLiked by 1 person
O gits! 😱
LikeLiked by 1 person
Haha, het jy nog nooit so ‘n “ongelukkie” oorgekom nie.
LikeLiked by 1 person
My geheim!
LikeLiked by 1 person