Peulgroente en Banting

Na aanleiding van ‘n gesprek wat ek met iemand gehad het.

Ons mag nie peulgroente eet nie. Dit sluit in lensies, boontjies, ertjies, kekerertjies, ens. Wanneer boontjies en ertjies nog jonk en in die groen peul is, mag ons dit saam met die peul eet, soos groenboontjies op allerlei maniere voorgesit, en jong groenertjies in die peul in slaai.

Sodra die doppe egter droog is en net die sade oor is, mag ons dit nie meer eet nie. Dan is die suikerinhoud daarvan te hoog. Ek dink dat die groen peul wat saam geëet word, veroorsaak dat jy nie so baie van die pitte inneem nie.

‘n Ander voorbeeld is sonneblomme. Ons mag die sonneblomsade in ons kos gebruik en in gebak saam met ander sade, maar nie die olie alleen nie. In die olie is elemente wat nie goed is vir ons nie. Daardie elemente is ook in die saad, ja, want die olie in mos in die saad, maar baie min. Sodra die olie uitgepars is, kry jy dit in gekonsentreerde hoeveelheid in en baie meer as wat jou liggaam kan hanteer.

Terwyl ek nou ‘n bietjie na die rooilysitems kyk, droë vrugte is ‘n besliste nee. Waar vars vrugte nog op die oranje lys is en jy soos een appel per dag mag eet, is droëvrugte nie toelaatbaar nie. Die vog is dalk uit, maar die suiker is steeds daar en ‘n mens is geneig om ‘n hele paar droë perskes te eet, baie meer as wat jy van die varses sou eet. En dadels is ook uit, die suikerinhoud is baie hoog daarvan. Ek weet, ja, ek was net so lief vir dadels en droë vrugte.

As jy nie Bant nie, mag jy natuurlik maak wat jy wil en ek gaan nie oor jou skouer loer wat jy doen nie.

Groete

Toortsie

20 thoughts on “Peulgroente en Banting

    1. Ja ek weet dit het goeie viedingswaarde. Perdebytjie, ek s nie ‘n voedingskundige nie. Ek volg oom Tim se boek. 😁 Tog is dit op die ou end elke ou se eie besluit wat hy eet en wat nie en ek gaan nie met hom baklei nie. My ‘werk’ is om Banting vriendelik oor te dra. 😁

      Liked by 1 person

        1. By Banting gaan dit oor stysel- en suikerinhoud. Te veel suiker. Dis soos ‘n alkoholis wat nie ‘n druppel drank mag inneem nie, selfs al is ‘n glas rooiwyn per aand vir ons goed. Die mense wat Banting volg, doen dit gewoonlik om ‘n sekere rede. Ek is suikerverslaafd en daarom moet ek kyk na my suikerinname. So ek sê nie droē boontjies is sleg vir jou nie. Ek sê, as jy die Bantingleefstyl volg, is dit van die goed wat jy nie eintlik moet eet nie.

          Liked by 1 person

          1. Wintersop is geneig om ‘n bietjie “ryk” te wees. In die somer verkies ek ‘n ligte groentesop of hoender-groentesop met geen ander byvoegings nie. Dit eet ek graag as plaascervanger maaltyd om bietjie die gewig in toom te hou.

            Like

  1. Hier verskil ek bloot persoonlik met oom Tim. Volgens my is álles in God se spens (natuur) is eetbaar. Selfs die suiker daarin, omdat dié suiker baie beslis nie selfs naastenby vergelykbaar is met wat ons
    (verfynde/verwerkte) ‘suiker’ noem nie. As oom Tim ‘n voorstaander en advokaat vir balans was (wat ongelukkig met enige leefstyl ‘n groot dosis dissipline verg), sou ek baie beslis sy vurigste volgeling gewees het. Maar om geheelonthouding van enige bestanddeel uit God se spens te bepleit maak net geen sin vir my nie.
    Die grootste probleem is die balans en dissipline wanneer dit by enige eetplan / leefstyl kom. 3 dadels is meer as genoeg om jou lae bloedsuiker ‘n skop te gee. 1 Eetlepel grondbontjiebotter is ‘n wonderlike tel-my-op. 1 Aartappel het nog nooit niemand vet gemaak nie.
    Die mantra “Eet om te leef – moenie leef om te eet nie” is eintlik van die allergrootste belang.
    (Die pap en sous, aartappel-room gebak, aartappel slaai, pasta slaai én braaibroodjie kombinasie by ‘n braai – m.a.w koolhidrate x 2 (of meer) = NEE, is my enigste pasaangeeër. En dìs waar die grootste probleem inkom. Mense onderskei lankal nie meer tussen wat hulle eet nie. Hulle moet noodwendig onthouding voorgeskryf word.
    Ek haal my hoed af vir jou dissipline, Toortsie. Regtig waar.
    Maar nie eers oom Tim kan my vertel dat God ‘slegte’ suiker geskep het nie.

    Like

    1. BB, ek respekteer jou siening. Ek het ook vir jare so geglo. Maar daar is wel mense wat nie net matig kan eet wn gesond en maer bly nie. Ek is een van hulle. Daarom moet daar spesiale maatreëls ingestel word. Ongelukkig. Siektes soos diabetes, metaboliese sindroom, cholesterol het aan my deur geklop. Duuuuurrr medikasie op kroniese basis. So ek moes ongelukkig hierdie skuif in my eetpatroon maak. As ek gesond en maer gebly het op die normale, gebalanseerde manier, sou ek nie so ‘n drastiese stap gedoen het nie. Daarom is ek bly vir elke persoon wat gesond en gebalanseerd eet en mooi maer bly.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!