Gerda vertel op Facebook hoe haar pa sagopoeding gebak het, dit klink my die eerste poging was nie so heeltemal soos dit veronderstel was om te wees nie. Dit het my dadelik laat terugdink aan my sagostorie.
Ek het nie eintlik sago in die huis gebruik nie. Ons het wel op ‘n stadium ‘n sago-melkpap gemaak wat baie lekker was. Toe vra juffrou Paula vir my of ek sal sagopoeding maak. Hulle het ‘n stapdag in die berg daar naby Swellendam en dis vir fondsinsameling vir sending. Ek moet een bak sagopoeding maak.
Wel, ek hét nog nooit voorheen sagopoeding gemaak nie, maar probeer is die beste geweer en sy hét mos darem die resep ook gegee. En tannie Helen het jare gelede gesê, toe ek nog ‘n jong vrou was, dat as iemand vir jou vra of jy iets kan maak, sê ‘ja’, en gaan vind uit hoe om dit te doen!
Daardie Vrydag koop ons drie of vier sakkies sago, ons woon op ‘n plaas en as daar nou ‘n foutjie kom, het ons genoeg om weer en weer te probeer.
Met my dogter se hulp kom dit goed uit en ons bak sommer ‘n ekstra bak. Wat is ‘n bak sago nou vir die kerk, man? Dit was oor was, het ons toe teruggekoop en ons het genoeg poeding gehad vir die res van die naweek. En genoeg sago vir ‘n hele paar naweke daarna! Sagopoeding elke liewe naweek en Sagopoeding vir die plaasskool se basaar. Tot die sago op was. En dit was die einde van die verhaal.
Dit laat my dink aan toe ek nog op skool was en die baklus my oorval het, ek een keer ‘n poeding wou bak. My ma stel ‘n Roly Poly voor. Ek bak dit, dis walglik soet, maar héérlik. Sondag vir Sondag bak ek vir ons Roly Poly tot dit later by ons ore wil uitloop. Ons het nie weer Roly Poly gebak nie. 🙂
Nou ja, nou Bant die Toortsie en is al hierdie groot name soos Sagopoeding en Roly Poly vir eers van die baan af. Ek weet daar is seker Banters wat al ‘n Low Carb Roly Poly probeer het, maar dis nog nie heeltemal op my beplanning nie. Dit beteken ek moet eers Banting appelkooskonfyt maak. Dit laat my dink, ‘n vriendin het my juis genooi om haar heerlike Banting appelkooskonfyt te kom proe. So, dalk is dit glad nie buite die kwessie nie!
Nouja, lekker eet!
Groetnis
Toortsie
Dankbaar vir elke lid van my uitgebreide familie.
Og! Ek is seker die grootste sago poeding fên ini hele wye wêreld. As ek by ‘n funksie of buffet kom en daar is sago poeding, eet ek ‘n porsie voor die voorgereg en nog ‘n porsie voor die hoofgereg. En ná die hoofgereg wéér een, net oor ek kan 😀
LikeLiked by 1 person
Lekker! 😁
LikeLike
My skoonma het die heerlikste sagopoeding in die wêreld gebak. Myne kom nooit so lekker nie en nou weier ek om dit te maak. Dit laat my dink aan ‘n sjokoladepoedingresep wat ‘n vriend se ma vir my gegee het: kinders wou vrek daaroor, dis AL poeding wat hulle wou eet vir maande aaneen, totdat ek (per ongeluk) die resep verloor en nooit weer teuggevind het nie.
LikeLike
Ons sal moet soek vir ‘n resep!
LikeLiked by 1 person
Nee!!!
LikeLike
Mal daaroor, maar moenie my vra hoe om dit te maak nie!
LikeLiked by 1 person
Ek weet ook nie meer nie! 😱😂
LikeLiked by 1 person
Om lekker sagopoeding te maak, is ‘n groooot kuns. My eie sago-sage het maar bedroewend geëindig.
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on Wag 'n Bietjie.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person