As ‘n mens net volhou

‘As ‘n mens net volhou daarmee, dan verloor jy gewig’, sê iemand nou die dag oor een of ander dieet wat soveel mense volg. As ‘n mens net volhou. Dís die waarheid van seker die meeste dieetprogramme, jy sal gewig verloor solank jy volhou.

Ongelukkig is al die dieetprogramme wat beskikbaar is, nie volhoubaar nie. Óf jy word weerhou van gesonde kos, of jy moet jouself behoorlik uithonger, of dis volksvreemd, of jou wildskrag is te min.

Daar is sekerlk baie mense wat begin het met Banting en ook nie volgehou het nie, so daar kan dalk gesê word dat dit óók nie volhoubaar is nie. Dit hang net af met watter bril jy kyk! 😎

Vir my is Banting 100% volhoubaar en ek weet van baie mense wat dit al vir jare volg. Op 27 Julie 2018 volg ek dit reeds vir vier jaar, ek dink dit kan dan al begin tel as volhoubaar, of hoe? En ná 6 maande het nie een van die goed wat die slim mense gesê het sou gebeur, gebeur nie. Daar was nie eers ‘n aardskudding nie! 😱

Banting werk beslis vir my, ek kan ongelukkig net namens myself praat. Ek kyk steeds nie terug nie. Ja, dit wás ‘n aanpassing aan die begin, onthou ek is ‘n suikerverslaafde wat mál was oor brood en tjoklits en aartappels en en en …

As ‘n mens net volhou daarmee. 🤗

Groetnis

Toortsie

14 thoughts on “As ‘n mens net volhou

  1. Ek is bevoorreg om nogal vreeslik gedissiplineerd te wees as dit by kos kom. (nie dat ek myself nie behoorlik kan oorvreet per geleentheid nie 😀 , maar bevoorreg ook omdat ek geen spesifieke voorkeur het vir enige smaak of kos nie. Ek dink tog dat die ou (boere)mense bekend is daarvoor dat hulle hulle kinders met kos getroos het en dat dit nogal bygedra het tot baie mense se dieet/eetstyl/gewig wroeginge. Dan weer: die moderner generasies is veel erger daaraan toe – die jonger geslag met toegang tot kitskos (van wegneem tot opwarm geriefskos) se eetgewoontes is veel ongesonder as dié van die rys-vleis-aartappel (met sagopoeding en vla vir poeding) generasie.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!