‘As ‘n mens net volhou daarmee, dan verloor jy gewig’, sê iemand nou die dag oor een of ander dieet wat soveel mense volg. As ‘n mens net volhou. Dís die waarheid van seker die meeste dieetprogramme, jy sal gewig verloor solank jy volhou.
Ongelukkig is al die dieetprogramme wat beskikbaar is, nie volhoubaar nie. Óf jy word weerhou van gesonde kos, of jy moet jouself behoorlik uithonger, of dis volksvreemd, of jou wildskrag is te min.
Daar is sekerlk baie mense wat begin het met Banting en ook nie volgehou het nie, so daar kan dalk gesê word dat dit óók nie volhoubaar is nie. Dit hang net af met watter bril jy kyk! 😎
Vir my is Banting 100% volhoubaar en ek weet van baie mense wat dit al vir jare volg. Op 27 Julie 2018 volg ek dit reeds vir vier jaar, ek dink dit kan dan al begin tel as volhoubaar, of hoe? En ná 6 maande het nie een van die goed wat die slim mense gesê het sou gebeur, gebeur nie. Daar was nie eers ‘n aardskudding nie! 😱
Banting werk beslis vir my, ek kan ongelukkig net namens myself praat. Ek kyk steeds nie terug nie. Ja, dit wás ‘n aanpassing aan die begin, onthou ek is ‘n suikerverslaafde wat mál was oor brood en tjoklits en aartappels en en en …
As ‘n mens net volhou daarmee. 🤗
Groetnis
Toortsie
Ja ek sukkel ook met die volhou- ‘n suikerverslaafde
LikeLiked by 1 person
Ek weet! Ek is ook ‘n suikerverslaafde.
LikeLike
Dis sulke tye wat jy ‘n lekker Toortsie kaaskoek maak. 😁
LikeLike
Ek is bevoorreg om nogal vreeslik gedissiplineerd te wees as dit by kos kom. (nie dat ek myself nie behoorlik kan oorvreet per geleentheid nie 😀 , maar bevoorreg ook omdat ek geen spesifieke voorkeur het vir enige smaak of kos nie. Ek dink tog dat die ou (boere)mense bekend is daarvoor dat hulle hulle kinders met kos getroos het en dat dit nogal bygedra het tot baie mense se dieet/eetstyl/gewig wroeginge. Dan weer: die moderner generasies is veel erger daaraan toe – die jonger geslag met toegang tot kitskos (van wegneem tot opwarm geriefskos) se eetgewoontes is veel ongesonder as dié van die rys-vleis-aartappel (met sagopoeding en vla vir poeding) generasie.
LikeLiked by 2 people
Ja ons eet as ons bly is en hartseer is en kwaad is en watookal is.
LikeLike
My ouma het altyd gesê: Eet is ‘n behoefte. Genot is ‘n kuns.
LikeLike
Ek kan lekker eet. 😂
LikeLike
Dis nou die waarheid, Toortsie. Kos word gebruik as ‘n troosmiddel. As ek gewig optel gaan ek vir Helkom dagvaar.
LikeLiked by 1 person
Helkom, sê jy! Hulle is laaaankal bankrot, spaar jou die moeite.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, dink jy iemand met galstene sal cope op banting?
LikeLike
O ek weet nie! Ek het mos klaviergespeel toe medies die dag uitgedeel is. 😱
LikeLike
😂😂😂😂😂😂😂😂😂😂, lag ek nou, gaan daai een onthou.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Alles in die lewe werk so… volhou.
LikeLiked by 1 person