Ek en my eie worstelinge

As daar iets is waarvoor ek regtig dankbaar is, is dit TPM (Transformation Prayer Ministry) wat God oor my pad gebring het. Ek is dankbaar vir die wonderlike verandering wat dit in ander mense se lewens bring, maar ook dat ek dit op myself kan toepas en dit dan totale veranderinge in my eie hart bring.

In die afgelope tyd het ek ‘n paar keer by kruispaaie te staan gekom. Wat moet ek maak? Terwyl ek totaal onseker staan en dink wat ek moet doen, ‘tag’ iemand my op FB, ‘Follow the Shephard, not the flock.’ Net daar gaan doen ek TPM op myself waar God vir my direkte antwoorde gee. Prysenswaardig.

Nog ‘n keer word ek na die TPM-tafel geroep. Ek voel so onseker, my lewe lank praat ek op verkeerde tye, en hou mense nie daarvan nie, word ek dan van lelike goed beskuldig. Dit maak my onseker, steel my borrelende persoonlikheid, laat my onttrek van mense uit vrees dat ek sê wat iemand nie WIL hoor nie.

God wys my deur TPM dat daardie gevoel spruit uit my kinderdae, toe ek as kind hardop gevra het wat al die volwassenes agter hulle hande gefluistervra het. 😱

Ek moes geweet het om stil te bly!

Ek is DOM!

God wys my dat ek nie dom is nie, maar gedoen het waarvoor ek geroep is: Om die waarheid te praat. As dit nie moes uitkom nie, moes die grootmense mos stilgebly het!

Dis vir God kosbaar dat ek die waarheid praat en dis juis waarvoor ek geroep is omdat mense nie meer die waarheid praat nie en ook nie daarvan hou as iemand die waarheid praat nie. En dis okay, want ek moet God gehoorsaam, nie mense nie.

Skielik voel ek nie meer dom nie, want ek is eerlik en gehoorsaam en praat die waarheid soos wat God my geroep het om te doen.

Op ander vrae wat ek ook gehad het oor moeilike dinge wat God van my verwag om te doen, het Hy ook geantwoord, dat Hy my kan vertrou daarmee, daarom moet ek dit doen, al is dit vir my moeilik.

Ek voel verlig en vry om weer my borrelende self te mag wees, want dán is mense gemaklik rondom my, wat hulle nie is as ek gespanne is en elke woord eers tien maal moet tel nie.

God het vir ons ons persoonlikhede gegee en ons moet dit lééf, dis al wat Hy van ons verwag.

Toortsie

TPM Riversdal en Bredasdorp

14 thoughts on “Ek en my eie worstelinge

    1. Ag dankie jou dierbare ding. Ek het ‘n groot verlang in my. Sodra ek weer ‘n week by die huis bly wil ek ‘n groot teedrinkery reël. Dit sal nog ‘n rukkie neem voor dit gebeur, maar dit gaan gebeur.

      Liked by 1 person

  1. Gelukkig is jou geestelike ore wawyd oop, so jy kom altyd weer terug by die waarheid oor jouself. Ek weet God glimlag oor jou; oor Sy borrelende Toortsie wat opreg die waarheid wil uitleef. En praat.

    Liked by 1 person

  2. Pure lekkerte, jou waarheid. Ek is ook met die spreekwoordelike voet in die mond gebore (ag, was dit maar eerder ‘n silwer lepel, nê?! 😀 Ek weet net dat die liewen Heer my gereeld moet aanspreek omdat my tong alweer my brein ‘outrun’, want selfs waarheid, sê Hy, het ‘n tyd en plek…

    Like

Gesels saam, asseblief!