‘n Donker dag in September

Alex Brady was nog op skool toe hy sy pa verloor het in die 9/11 aanvalle op New York. In die proses het hy sy hart gedraai op God, die meisie vir wie hy baie lief was, en ook gedeeltelik op sy ma. Hy het ‘n polisieman geword wat boosheid met al sy mag beveg het, en het amper nie meer ‘n normale lewe gehad nie. Saam met sy hond, Bo, het hulle elke moontlike uur van die dag gewerk om te verhoed dat onskuldige mense seerkry.

Danksy ‘n paar gebeure, ‘n wonderwerk of twee, en goeie vriende wat vir hom omgee, het hy weer besin en kon sy lewe weer na normaal terugkeer. Die groot les is dat jy kan dink iets is reg wat jy doen, maar dat dit jou eintlik na die dood kan lei.

………………

Hierdie is die eerste Karen Kingsbury boek wat ek lees, ek het al soveel van haar gehoor. Ek het dit baie geniet, tog ietwat soetsappig gevind en en wonder of dit nie is omdat ek dit as ‘n Afrikaans vertaalde boek gelees het, eerder as in die oorspronklike Engels waarin dit geskryf is nie? Hierdie boek is deel van ‘n reeks boeke, maar ek het dit ongelukkig nie vooraf besef nie. Ek sal weer van haar boeke lees.

As jy hou van Christelike fiksie, is hierdie beslis ‘n boek om na te kyk.

O, en die streeptruitjie wat vir my soos ‘n rokkie gelyk het met te kort moue, pas tog te mooi.

Groetnis

Toortsie

18 thoughts on “‘n Donker dag in September

      1. Ek het deurmekaar gelees, en dit het nooit gepla nie. Kyk heel voor of heel agter in een van haar nuutste boeke, daar word alles wat sy geskryf het gewoonlik in volgorde aangegee.

        Like

        1. Dankie. En dan wil ek weet of jy dit in Afrikaans of in Engels gelees het? Ek het nog altyd geglo om in Afrikaans te lees omdat ek Afrikaanssprekend is en omdat dit dan vertalers aanmoedig om na Afrikaans te vertaal ter wille van soveel mense wat dit nie in Engels kan lees nie. Ek wonder net of die Afrikaanse weergawe net so goed is soos die Engelse een? Kameel het nou die dag aanbeveel dat ek Francine Rivers eerder in Engels moet lees. Ek het baie van haar boeke jare gelede gelees, almal in Afrikaans.

          Like

  1. Ek het die meeste van haar boeke gelees, maar alles in Engels. Ek lees nie graag ‘n vertaalde boek nie, maar daar is beslis waarde daarin om die Engelse skrywers toeganklik te maak vir lesers wat slegs Afrikaans lees. Die Baxterfamiliereeks is groot gunstelinge, soveel so dat sy nou weer die reeks hervat het op aandrang van haar lesers. Dit is inderdaad soms “soetsappig” maar altyd met mooi geestelike waardes en dit lees lekker

    Liked by 1 person

    1. Maar as ek mooi onthou, is Francine nie ook aan die soetsappige kant nie? Ek het jaaaare gelede haar boeke gelees. O ek het daardie trilogie so geniet wat gegaan het oor die slawe en die gladiators. Sê ek nou reg?

      Liked by 1 person

      1. Jy is reg. Die triologie is haar beste werk. Redeeming Love dink ek ook is ‘n moet lees boek. Haar ander boeke is meer soetsappig, maar definitief nie soos Karen Kingsbury s’n nie. Die probleem met my is ek lees die ou klassieke boeke. Hulle is swaar en diep… dan is die nuwe boeke net te lig na my smaak. Ek het my vriendin hiervoor te danke…. nou ly ons albei aan bibliomania. Vrees dat jy uit leesstof gaan hardloop 😁😁😁😁

        Liked by 1 person

        1. Ek ly aan ‘n ander vrees waarvan ek nie die term ken nie: Ek vrees my tablet is aan die gaan, en daarop is nog ‘n hele klomp takealotbieke wat ek nog nie gelees het nie. Ek sal hulle maar op my foon moet lees, want ek wil vir my ‘n kindle kry. Daar verval jou boeke nooit.

          Liked by 1 person

          1. Dis soos ek maak as ek lus is om ‘n fliek te kyk. Hallmark flieke is veilig en skoon dus kyk ek eerder dit as die meer bekende akteurs s’n wat gewoonlik op ‘n gevloekery en godslastering uitloop.

            Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!