Kisses from Katie

Ek lees hierdie wonderlike boek wat ek al jare gelede gekoop het, maar nou eers by uitkom van ‘n Amerikaanse meisie wat in Uganda gaan woon en werk het. Sy doen alles waarvoor ek nie kans sien nie, maar is so ‘n inspirasie.

Aanvanklik het sy gaan skoolhou, maar op die ou end het sy ‘n nie-regeringsorganisasie gestig wat befonds word uit Amerika.

Op 20-jarige ouderdom het sy reeds 14 kinders aangeneem as haar eie, maar intussen sorg haar NGO vir 400 kinders se skoolgeld en benodigdhede. Ek dink selfs die kinders kry daagliks kos uit haar huis. Sy versorg ook ‘n klomp grootmense in ‘n naburige dorpie en hul voorsien ook kos vir daardie dorpie se kinders. Intussen leer al daardie honderde mense van Jesus.

Sy versorg self die kinders se sere, haal wurms uit hulle voete, ek weet nie wat nog alles nie.

Sy skryf dat dit soms oorweldigend is, maar dat sy dit geniet. Sy sê dat mense dink sy is braaf, maar dat sy dit nie is nie. Al wat is, is dat sy glo in ‘n God wat haar sal gebruik, selfs al is sy nie braaf nie. Tipies ma, kan sy nie haar program vooruit beplan nie, omdat elke dag sy eie dinge bepaal. Sy weet nie altyd waarheen die pad lei nie, maar dat dit gaan om die eerste tree te neem, soos Petrus ook die eerste tree op die water moes gee.

Sommige mense noem dit moed, ander laf, maar sy noem dit geloof. Sy kies om uit die boot te klim en reguit in Jesus se arms in te loop. En soms raak sy bang en struikel sy, maar Hy los nooit haar hand nie.

Wow! Sy gee my soveel stof tot nadenke!

https://amazima.org/about-us/katies-story/

Toortsie

25 thoughts on “Kisses from Katie

            1. Hier was ‘n jong vrou op ons dorp wat met ons sendingkommissie kom praat het. Sy was op pad om in Japan te gaan sendingwerk doen. Sy het vertel van die boek en dat sy dit net nie kon neersit nie. Ek het dit toe bestel, maar nou eers by hom uitgekom. Met ‘n rede, glo ek, want ek het in die tyd oor ‘n paar dinge geworstel en die boek het my daarmee gehelp.

              Like

              1. Ja daar is tog n doel met alles. Dit wys tog dat die tyd moet reg wees vir sekere ervarings en omstandighede. In my skryf groep is twee dames wat predikant mans het. Een was onder andere in Kenia en daar die state terwyl die ander een in Nieu Genua
                Die ondervindings wat hul beskryf is net te wonderlik. Beide vroue is nou al afgetrede mense. Die sendingwerk was in jul begin jare van hul huwelike en beide staan nog sterk in hul geloof.

                Liked by 1 person

  1. En hier sit mens en verbeel jou jy verdien meer of beter in die lewe vir als wat jy dan nou (dink jy) doen. Ai, Here, as ek maar net ‘n aks daarvan in geloof kon wees ☆

    Liked by 2 people

    1. Jajaaa ons moenie nou in skuldgevoelens verval nie. Tog leer ek regtig baie by sulke mense. Ek vra altyd, as hulle dit kan doen, hoekom nie ek nie? So, hoe kan God my net hier gebruik. En haar pleidooi is dat ons daar waar ons is, die nood sal raaksien. Sy begin deur te sê dat dit vir ‘n kind in Uganda soveel kos om ‘n jaar skool toe te gaan, soos wat ‘n gesin in Amerika op ‘n naweek eet, maar die Ugandese oumas werk ‘n hele jaar om daardie geldjies bymekaar te maak. Ons kan ‘n verskil maak waar ons is, selfs al is dit aan een of 2 persone.

      Like

Gesels saam, asseblief!