Wat ‘n lekker onderwerp, want dit is mos lekker om goed te doen vir iemand anders.
Jy kan hierdie opstel op ‘n paar maniere benader.
Eerstens kan jy in die algemeen skryf oor hoe lekker dit is om goed te doen vir ander mense. Vertel wat dit vir jou beteken, die hupstoot wat jy daaruit kry, die gevoel van vergenoegdheid.
Die lekker as jy die vreugde of dankbaarheid in die ander persoon se oë sien. Wat dit dalk vir die ander persoon beteken, hoe dit hom help.
Jy kan ook vertel van ‘n keer wat jy vir iemand gehelp het. Wat het jy gedoen? Was dit jy alleen, of was jy deel van ‘n groep mense? Wat het dit alles behels? Was dit ‘n eenmalige gebeurtenis, of is dit iets wat jy op ‘n gereelde basis doen? Hoe het dit gekom dat jy dit begin doen het? Wat is die uitvloeisel daarvan, byvoorbeeld, het jy nou al ander ook sover gekry om ook goed te wees vir ander? Doen hulle dieselfe as jy, of doen hulle iets heeltemal anders? Wat doen hulle?
Of jy kan iets goeds wat jy nog wil doen, beplan en beskryf. Wat beplan jy om te doen? Vir wie? Wanneer wil jy dit doen? Gaan jy dit alleen doen, of gaan julle in ‘n groep? Neem jy die leiding, of is daar ‘n ander leier en jy gaan net saam? Vertel die detail, in klein besonderhede.
Terwyl jy dink oor jou opstel, dink aan goed wat ‘n glimlag op jou gesig sit, want om goed te doen vir iemand, sit ‘n glimlag op jou gesig. Skryf jou storie soos jy dit vir jou beste maat of jou ouma sal vertel. Wees opgewonde daaroor, dan sal jy sommer lekker skryf ook. Die belangrikste, skryf jou storie self, hierdie is jou beurt. Jou ma het haar beurt jare gelede gehad. Geniet dit, dis jóú storie!
Groetnis
Toortsie
Ek glo die kindertjies geniet jou raad. Dink net om idees vir jou opstel op die internet te kry! Oe het ons dit gekry destyds?
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie. Die juffrou het seker ‘n bietjie raad gegee. 😁
LikeLike
Reblogged this on Theo-Herbots-Wix-NL Helpt U op weg met "UW" originele website of Blog and commented:
Dit is zo mooi gezegd in dat mooie Afrikaans, iets waar iedereen zou moeten blijven bij stilstaan, iets dat niet genoeg gedaan wordt.
“Goed zijn voor een ander”
Zo mooi dat ik het herblog.
Bedankt Toortsie.
Groetjes van uit België
Theo Herbots
LikeLike
Baie dankie!
LikeLiked by 1 person
Ek het gaan soek, maar kry nie die bloginskrywing nie?
LikeLike
Oké, probeer eens deze link
http://groetenuittienen.blog/2018/07/19/skryf-n-opstel-om-goed-te-doen-aan-ander/
Ik hoop dat het je nu lukt om het te vinden.
Groetjes van uit België
Theo
LikeLike
Dankie
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie dink dat my ma ooit my opstelle geskryf het nie. Was seker ook nie nodig nie, want dis iets wat ek nogal geniet het om te doen.
LikeLiked by 1 person
Ek was in die koshuis, so ek moes maar self voortsukkel. Een keer het my ma vir my ‘n eng brief geskryf, waarop die onserwyser vir my gesê het, ek moet vir my ma sê sy het goed geskryf. Oeps. Deesdae is dit, klink my, ‘n algemene ding dat die mammas baie help.
LikeLiked by 1 person
Ek dink sulke “hulp” plaas net meer druk op die kinders.
LikeLike
Ek dink ook so.
LikeLike
Ek moet bieg dat dit die lekkerste lekker was om my kinders se opstelle te skryf 🙄
LikeLike
Kameel! 😱
LikeLiked by 1 person
Toorts hulle toesprake, opstelle take was net te lekker om my neus daar uit te hou. Jay kom een middag by die huis en sê vir my “Mamma het vandag ‘n “excellent Jay” vir die Engelse speach gekry.” Ag ek weet dis nie reg nie… maar my kinders was my ewig dankbaar… en hulle het ok uitgedraai.
LikeLiked by 1 person
Ag, ek is nou al oor daai moeilikheid. Om die waarheid te sê, ek het gedink ek moet begin skooltake vir betaling doen. My dogter was in haar sokkies geskok in my! 😂 Nou skryf ek maar opstelraad, wat ek twyfel of die mammas oor bly is!
LikeLiked by 1 person
Ek dink juis die ma’s is bly. Vandag werk pa en ma en die laaste ding wat ‘n ma nog wil doen is opstelle en take. Marlé sit tot oggendure en werk aam die twee seuns se goed. Nou probeer ek keer en sê hulle moet dit self doen…. maar sy is so ‘n perfektionis dat ‘n ding net ordentlik is as sy dit gedoen het.
LikeLike
Ja maar myne is nie ‘n klaarverpakte opstel nie. Die kind moet steeds die riglyne volg en dit self skryf.
LikeLiked by 1 person
Maar dit help baie om riglyne te hê. As jy clueless sit en nie weet waar om te begin nie is riglyne ‘n groot hupstoot.
LikeLiked by 1 person
Ag jy is so oulik en dierbaar en ek is sommer lief vir jou. Dankie. 😁
LikeLike
Ek is sommer lief vir jou ook 😊 Lekker slaap. Ek het my onezee aan so koud kry ek 😁😁😁😁 Lyk soos ‘n uitgegroeide baba.
LikeLiked by 1 person
Oeee dit klink lekker, maar met so ‘n pakkie kan jy nie te veel rondloop in die nag nie, hoor, dis te koud!
LikeLiked by 1 person
Bitter birmtter droog by ons en die windcwaai ons koppe deurmekaar. Ons raak bietjie benoud.
LikeLike
Ai en daar is al so gebid!!!
LikeLiked by 1 person
Wn ek weet jy was nog altyd lief vir so ‘n uitdaging en ek glo jy het jou kinders mooi grootgemaak. 😛
LikeLiked by 1 person