Kyk, ek het gedink, toe ek 40 geword het, dat ek in die sewende hemel is, want as jy 40 is, mag jy doen wat jy wil, wanneer jy wil, met wie jy wil, of jy wil, hoe jy wil, hoeveel keer jy wil.
Maar toe kom 50 en ek dog, nou is ek in Utopia! Maar 55! Man, dis ‘n lekker besigheid!
Die eerste ding wat natuurlik met 55 kom, is dat jy teen hierdie tyd al ál jou verstand verloor het. Daardie ongelooflik baie verstand wat jy op 25 gehad het, wat selfs vermeerder soos jy ouer raak, is totaal opgebruik wanneer jy by 55 kom. Lekker, né?
So, niemand kan meer van jou iets verwag nie, jou opinie geld nie meer nie, want wat weet jy after all? 🙂 En jy praat uit jou beurt uit, alles as gevolg van die verstand wat opgebruik is! En juis dít vervolmaak 40 se of jy wil wanneer jy wil met wie jy wil net heeltemal.
Op 55 begin jy al afskaal, kies jy wat jy wil doen en hoe en met wie. Op 55 het jy al ‘n hele klompie eksamens van die lewe afgehandel. Party van die eksamens het jy met vlieënde vaandel geslaag, sommige het jy gedínk jy het geslaag, net om agter te kom dat jy die kat aan die stert beetgehad het. Party van die eksamens het jy herhaaldelik gedop en kry dit steeds nie reg nie, maar party het jy tog later wel reggekry, miskien so by die tiende poging, en net-net, maar darem.
Op 55 het jy ook al ‘n hele paar hoofstukke in die lewensboek klaar geskryf en afgehandel. Been there, done that, got the t-shirt. 🙂 Is dit nou nie lekker nie?
Een van die lekkertes van 55 is dat jy kan kies of jy jou aan kaboutergoetertjies gaan steur, watter van hulle jy gaan verduur, selfs al wil nie, en watter jy eenvoudig gaan ignoreer.
Op 55 begin ek tyd kry om soms iets lekkers te doen, goed waarvoor ek vroeër in my lewe nie die geleentheid gehad nie, omdat die geleenthede bloot nie daar was nie, of omdat ek my beurt met klein kinders gehad het en net alles in my vermoë moes doen om kop bo water te hou, en ek belowe julle, ons almal kry ons beurt daarmee, of ons nou wil of nie.
So, op 55 geniet ek die bietjie vryheid wat daarmee saamkom, selfs al is sekere ander probleme weer baie groter as wat dit vroeër was. Gelukkig het ek al op 55 ook geleer om by my Vader se voete te gaan sit en dat Hy versorg en troos.
55 is vir my ‘n vensterperiode, voor die winter van die lewe kom wat ek miskien nie meer so alles sal kan doen nie. Om die waarheid te sê, ek besef alreeds dat daar sekere goed is wat ek nie meer kan doen nie.
Maar intussen geniet ek my 55 jaar voluit en ek brei truitjies presies volgens die patroon, maar stil-stil wonder ek of dit nie ‘n rokkie is nie. Die moutjies lyk ook korterig, maar ek moet onthou dis hangskouertjies
Groetnis
Toortsie
60 is die nuwe 55. 😉
LikeLiked by 3 people
Jaaa! 😁
LikeLike
Ha ha nou lag ek te lekker. Wat? 55? wag tot jy by die 70 kom dan kan jy eers doen wat jy wil sonder dat jy hoef te dink of te vra! Geniet jou middel vyftig- ek het toentertyd met afskaling van onderwysers op 55 kon aftree en nog n 5 jaar ekstra by pensioen gekry omdat ek dit vrywillig gedoen het. Lekker slim gewees op 55!
LikeLiked by 1 person
Jy was sowaar slim. Jy sê dit raak net nog beter en beter en beterder? 😱
LikeLike
Ja, veral as dit kom by wat jy weet en wat die jongers kastig alles van af weet. Jy beaam net en doen netsoos jy self dit wil doen.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, wanneer het jy verjaar!!! Ek is nie op jou Facebook nie, so sit hier in die duister. Ek stem saam, van 55 af is als net beter.
LikeLike
Eers in Oktober ❤️ , maar ek is vir ‘n hele jaar lank 55.
LikeLike
🌹🌹
LikeLike
So gaan mens al afdraande en hoef al minder verstand te hê totdat jy 67 strike en jou ou matriekklas se 50ste reunie reel. Jong, dan soek jy daardie logika en daai geheue wat verdwyn het! Die lewe begin op 70…
LikeLike
Ek kan nie WAG vir 70 nie, maar intussen gaan ek vir goud op 55.
LikeLiked by 1 person
GOUD BO! Ekry darem nou weer jou blogs.
LikeLike
Ek is bly! 🙂
LikeLiked by 1 person
Dit gaan regtig net beter van 55 af. As mens se gesondheid hou, lê die wêreld voor jou oop.Dis werklik die beste tyd in mens se lewe. Ek is tien jaar verder as jy en ek kan getuig daarvan.
LikeLiked by 1 person
Dit gee my moed!
LikeLiked by 1 person
Stem nie saam nie. Toe dit doller as kop af gegaan het en my huis vol kinders en lewe was, het ek voluit gelewe. Ouer word en minder doel in die lewe hê is twak!!!! Laat ek eerder nou stilbly….. dit borrel, dit borrel in my…. netnou skiet die deksel van die stoompot af en maak ‘n helse gemors.
LikeLike
Maar wie het gesê jy mag nie voluit lewe nie? 😱
LikeLiked by 1 person
Doel Toorts doel. Daar lê ‘n dag voor jou met geen doel meer as om kos te maak en skottelgoed te was nie. Verder het jy ure en ure om jouself te vermaak en te doen wat jy wil. Ek kan myself aan geen organisasie verbind nie want ek weet noe.hoe my kop homself van dag tot dag gaan gedra nie. Ek het nog altyd deur die lewe gegaan met “There is a Higher calling in life than just living” Ek wil vir ander LEWE nie vir myself bestaan nie. Ek voel so ernstig oor die saak dat ek hier met trane in my oë tik.
LikeLiked by 1 person
Ai my liefste Kameel. Daai winter wat ek noem. Ek kan dink dat dit jou angstig kan maak en ek dink dit gaan vir my ook ontstel as ek daar kom.
LikeLiked by 1 person
Dêmmit, ek het dit gemis. Op 55 was ek nog voluit besig om te bou aan ‘n loopbaan. Dis nou 12 jaar later en ek kan nog steeds nie doen wat ek wil nie want daar’s immer ‘n VLIEG IN MY SOP.
LikeLiked by 1 person
Aiai
LikeLiked by 1 person
Heeeeeeeeerlik!
LikeLiked by 1 person
Ek is bly om the hoor dat die beste nog voorle!
LikeLike
Natuurlik! 😁 Gaan voluit!
LikeLike
Ek het nog 9 jaar om in te haal voor 55, maar ek moet se dat 46 ook nie te sleg is nie 😉 Geniet jou jong dae, 55 is mos ne ‘n getal, koester die inner kind.
LikeLike
Ek het nou al 2 keer probeer reageer. 46 is die ultimate! Moenie probeer inhaal nie, geniet net elke oomblik.
LikeLike
Ek doen. Sal my inhaal dag vir dag vat, vir 9 jaar. Daar is nog soveel om te leer en te geniet.
LikeLiked by 1 person
O, dit het tóg deurgegaan. 😁
LikeLiked by 1 person