‘n Handelaar uit een stuk

Lydia was ‘n welgestelde handelaar in die ou Bybelse tyd. Sy het handel gedryf in duur pers wolmateriaal, iets wat slegs die ryk mense kon bekostig.

Eintlik het sy van Tiatira gekom, maar Paulus het haar in Filippi raakgeloop toe hy daar aangekom het en die Joodse gemeenskap gesoek het. Daar was maar min Jode, want daar was nie ‘n sinagoge nie. (Leefstylbybel vir vroue bl 1391)

By die rivier het hy wel ‘n paar vroue raakgeloop met wie hy aan die gesels geraak het. Lydia was een van hulle en om een of ander rede het sy in die verlede die Joodse geloof aangeneem.

God het haar ontvanklik gemaak vir Paulus se boodskap en sy was die eerste bekeerling in Masedonië, oftewel, Europa! Die eerste lid van die Christelike kerk in Europa, en dit ‘n VROU!

Volgens Leefstylbybel vir Vroue het sy ‘n groot risiko geloop deur haar geloof uit te leef. Haar gesin is onmiddellik gedoop en sy het selfs vir Paulus-hulle verblyf aangebied.

Tydens sy verblyf in Tiatira is Paulus-hulle in die tronk gegooi en het die tronkbewaarder en sy gesin tot bekering gekom. Ná sy vrylating het hy en die nuwe bekeerlinge eers by Lydia se huis bymekaargekom, voor hulle vertrek het.

Knap gedaan, Lydia! Ek hou daarvan as vroue weet wat hulle glo.

Groetnis

Toortsie

Advertisements

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s