Krag- en seinloos

Toe ek Dinsdag vertrek by die huis op pad na die Wéreld Koor Olimpiese Spele in Pretoria, hoor ek op RSG dat daar twee groot goed gebeur het in die einste stad waar die musiek gebeur: Daar het ‘n vliegtuig geval en ‘n kragstasie uitgebrand. 

Ons gasheer  vir die week laat weet ons om asseblief ligte saam te bring, hulle krag is ook af.

Ons het vir ons ‘n kleine karretjie gehuur op Johannesburg Lughawe, waarmee ons Pretoria platgery het. Die krag was nie vir ons so ‘n groot probleem soos wat dit vir ons gasheer en -vrou was nie. Húlle moes planne maak met die kos wat in die ys- en vrieskas was. Om die waarheid te sê, hulle was só gasvry selfs ten spyte van die ongemaklike omstandighede.

Ons was natuurlik absoluut afhanklik van ons selfone om ons te beduie waar ons moet ry, ons ken nie Pretoria nie! Oupa probeer beduie, maar dit maak vir ons net nie sin nie, veral nie as die óú straatname gebruik word nie. 🙂

En dis net mooi dáár wat die uitdaging toe lê: Die karretjie se punt waar jy die kabel moet indruk vir die laaiwerk, werk nie. Ons kan nie ons fone laai nie! En deesdae se slimfone werk mos eintlik net ‘n dag as jy mooi met hulle werk, soms selfs korter.

Ons gebruik ons fone minimaal, sit dit af as ons dit nie gebruik nie, doen net die nodigste, maar ongelukkig hou slimfoonbatterye steeds net só lank en niks langer nie.

Ons koop ‘n nuwe sigaretaanstekerlaaier, en die verkoopsman wil weet, wil ons ‘n so-so een hê of ‘n goeie een. So-so sal werk, ons het dit mos net vir twee dae nodig, die prys is R100 teenoor R600.

Wel, so-so het darem vir daardie middag gewerk!

Die laaste dag is die kragte van die fone min en ons weet nie of ons ons pad sal kan vind na die koorlokaal én lughawe toe nie.

Ek sien in die universiteitsgebou ‘n kragprop en net daar gaan sit ons op die vloer om ons fone ‘n bietjie te laai. My driepuntprop is in my handsak, maar helaas het iemand my goeie een op ‘n stadium gebruik en is hierdie een net ‘n Chinese namaaksel. Die fone laai wel ‘n bietjie en weg is ons!

Ons hét die lughawe gehaal. Net-net, maar darem! 🙂

My dogter is regtig oulik, julle, sy het later die paaie geken! Ek het nie, ek het mos net saamgery.

Gisteraand was die krag blykbaar steeds af. Arme mense!

Groete

Toortsie

24 thoughts on “Krag- en seinloos

  1. Ik hou mijn hart vast als zoiets hier in België zou gebeuren.
    Hier wwerkt “alles”, maar dan ook “alles” op electriciteit.
    Dat wil zggen als de eltriciteit uitvalt er ook “niets” meer werkt.
    Hopelijk worden de problemen daar bij jullie snel opgelost.

    Groetjes van uit België

    Theo Herbots

    Like

  2. Baie dankie vir jou kosbare hulp met die skryf van opstelle. Dis een van die grootste uitdagings waarmee ek sit met my Gr 7s . Ons begin more reeds volstoom werk daaraan. Ek is sooo bly ek het op jou blad afgekom in my soeke na hulp! Doen so voort dierbare mens. Jy het my kiertsregop en baie opgewonde.

    Liked by 1 person

  3. Nie eers geweet julle het kragloos hier in ons wêreld rondgerits nie. Nou het jy iets vir jou boek vol herhinneringe. Het alles glad verloop was daar nie ‘n storie nie. Dis ‘n pyn sonder krag!!!!

    Liked by 1 person

  4. Hierdie naweek is dit juis so ontsettend koud. Ek is bly dis ons gespaar…het vyf jaar terug ook hier gebeur. Die substasie het afgebrand en die mense was drie weke lank sonder krag, ook in bitterkoue!Gelukkig was ons op ‘n ander lyn , maar ek moes vriende help om vleis te stoor en met warm storte ens.

    Like

Gesels saam, asseblief!