Sing dat die aarde bewe

Paulus en Silas is in die tronk gegooi omdat hule ‘n waarsêersgees uit ‘n vrou verdryf het en haar eienaars toe nie meer geld met haar kon maak nie. Hulle het haar toe gaan verkla en gesê dat Paulus-hulle net moeilikheidsmakers is. Hulle klere is van hulle lyf afgeskeur en hulle is erg geslaan en in die tronk gegooi.

In daardie erg ongemaklike omstandighede, wat hulle lywe stukkend geslaan is, hulle voete vasgeklem is, tronke in daardie dae regtig onaangenaam was in vergelyking met vandag, bid hulle en sing tot lof van God. Kan jy nou meer! Hulle sing, terwyl die ander gevangenis na hulle luister!

En hier gebeur die wonder: Terwyl hulle so tot God se eer sing, kom daar ‘n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk laat bewe en die tronkdeure oopgaan en die gevangenis se boeie losraak.

Terloops, het julle al daardie ou boeie en klampe gesien waarin gevangenis vasgeklamp (vasgeklem?) was? Dit was nie sommer vir losskud nie!

So Paulus-hulle sing om God te loof en Hy hoor hulle, selfs waar hulle in die binneste sel van die tronk vasgeboei was, en Hy reageer op Sy spesiale manier: Hy stuur ‘n aardbewing!

Die tronkbewaarder wil homself net daar doodmaak, want hoe nou gemaak? Nou is hy weer in die moeilikheid, omdat hy nie die gevangenis behoorlik opgepas het nie!

Maar niemand hardloop weg nie, die tronkbewaarder hoef homself nie dood te maak nie, en hy kom tot bekering! Is dit nie mooi nie? Hy kom tot bekering en neem hulle huis toe om hulle wonde te versorg, en sy hele huishouding kom tot bekering.

Wonderlik wat ‘n bietjie musiek kan maak, né?

(Handelinge 16)

Groetnis

Toortsie

19 thoughts on “Sing dat die aarde bewe

        1. Ja ek ook. Ek wou so graag by jou winkel kom draai. Ons het behoorlik gesukkel omdat ons nie ons fone kon laai nie, die krag is mos af en die karlaaier het nie gewerk nie. Op ‘n manier kon ons darem nou ons fone laai en kan ek met julle gesels.

          Like

  1. Dankie – ek het net gister hierdie gelees en spesiale bemoediging daaruit gekry oor God se wonderwerke, al is ons omstandighede so anders as die arme Paulus en Silas s’n was. Prys die Here. Ekself kan net brom, het nie ‘n musikale been in my lyf nie of haar op my kop nie, maar die Here sê mos ‘make a joyful noise”.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!