Wat is die alternatief?

Nie almal is mal oor whattsappgroepe nie. Die probleem kom wanneer mense nie by die groep se doel hou nie en allerhande goetertjies oor en oor op die groepe plaas, tot almal se frustrasie. Ek skryf hierdie na aanleiding van Woordennoot se skrywe.

En soos sy sê, leer ons by mekaar en het ek hierdie inligting wat ek hier skryf, ook iewers op ‘n blog gelees. Ek kan egter nie meer onthou waar ek dit gelees het nie, so ek kan ongelukkig nie erkenning gee aan daardie blog nie.

Ek het ook al whattsappgroepe gestig, want hoe maak mens as daar iets is wat ‘n hele klomp mense raak? Ek het moedeloos geraak van dieselfde boodskap 10 keer te moet share.

Wat is die alternatief vir groepe in so ‘n geval?

Broadcastlists! Dit werk wonderlik!

Jy maak jou whattsapp by chats oop en kyk, bo links staan ‘broadcast lists’, so jy kan ‘n persoon kies, of broadcast lists, of groups.

Kies Broadcast lists. En dan New List, ens.

Wat lekker is hiervan, is dat jy dan vir almal wat by ‘n spesiefieke ding belang het, kan lys. Jy stuur jou boodskap uit aan die hele lys met een keer se moeite, maar dit verskyn by elkeen asof jy dit direk vir hom gestuur het. Daardie persoon se reaksie kom net na jou toe terug, in plaas daarvan dat al 20 elke reaksie hoef te lees. En jy kan jou lyste name ook gee, om dit vir jou makliker te maak.

Probeer dit ‘n bietjie!

Toortsie

16 thoughts on “Wat is die alternatief?

  1. Ek het so n broadcastlys vir my matriekreünielede. Die probl is net dat die boodskappe na hulle op my persoonlike naam deurgaan en nie op die broadcastgroep se naam nie. Verder werk dit baie goed.

    Like

  2. Toortsie, ek is so bly oor hierdie blog. Ek gebruik slegs broadcast om boodskappe te stuur. As ek ‘n invite vir groep kry delete ek dit al dadelik. Die enigste wat ek hou is die Gr 1 groepie en dis ‘n absolute frustrasie. 😦

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!