Die Guilt Trip

Guilt trip. Skuldvoelekspedisie.

Soms is ek meer vatbaar daarvoor as ander tye. Soms sit ‘n ander persoon my doelbewus op so ‘n skuldvoelekspedisie, soms is dit sommer ek wat skuldig voel en dínk dat dit die ander persoon was wat my daarop gesit het. Soms is dit sommer my eie sensitiwiteit wat my daarop sit, soms misbruik die ander die sensitiwiteit wat hy weet ek het.

‘n Skuldvoelekspedisie, as jy doelbewus daarop gesit word, het gewoonlik ten doel om iets uit jou uit te kry. Om jou te beweeg om iets te doen, selfs teen jou sin.

Soos die selfbejammerende uitdrukking. Of die sms/whattsapp/e-pos wat jy moet aanstuur omdat, sou jy dit nie doen nie, jy nie in die Here glo nie of nie dankbaar wees nie of wat ook al nie. Soos die verskriklik vriendelike persoon wat by die winkel se deur vir ‘n baie goeie instansie fondse insamel en glad nie bedoel om my skuldig te laat voel nie, maar ek voel skuldig. My fout. Jammer. Soos koekies bak vir die basaar terwyl my roeping iets heeltemal anders is.

Wanneer ek iets doen omdat ek skuldig voel, is dit nie altyd lekker nie. Soms voel ek skuldig en ek doen dit en voel dankbaar dat ek dit gedoen het. Soms voel ek selfs lekker daarná.

Maar as ek doelbewus gemanipuleer is tot ‘n skuldvoelekspedisie en dan gedruk word om iets te doen wat ek glad nie wil nie, totaal teen my sin, my roeping, my aard, dalk selfs al het ek nie nou TYD om dit te doen nie, dan gebeur daar vreemde wetenskaplike samestellings in my binneste wat nie baie goed is nie. Soms gebeur daar ‘n ontploffing. Soms bly ek doodstil. Soms glimlag ek selfs. En soms, net soms, kom die ware Toortsie uit op plekke waar jy haar nie verwag nie en peul die waarheid ongekeerd oor haar lippe. Ai.

Wat ek eintlik wil sê: Ons moet soms na ons skuldvoelekspedisies kyk en besluit: Moet ek iets daaraan doen? Is daar vir my waarheid in? Moet ek aandag gee hieraan? En as dit so is dat ek iets daaruit moet leer, leer dan. Doen dan.

Maar as dit sommer net ‘n selfsugtige skuldvoelekspedisie is wat ‘n ander my op sit omdat hy iets uit my wil kry, trek my skouers op en dink: Ag wat! Ek weet mos wat ek weet. Ek weet mos wat ek gee/doen/nie doen nie.

En stap aan met my lewe.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Musiek in die Bybel

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

12 thoughts on “Die Guilt Trip

  1. Ek druip hierdie toetse ook male sonder tal, veral as dit my man of kinders is wat so ñ kaart uit die pakkie trek. Die grootste sondebok is egter ekself; ek plaas skuldgevoelens op my eie skouers en sukkel dan om weer by die lig uit te kom.

    Like

Gesels saam, asseblief!