Blomkoolmanie

Ek lyk soos ‘n blomkool ek voel soos ‘n blomkool ek smaak soos ‘n blomkool dink soos ‘n blomkool. Ek vermoed ek is ‘n blomkool.

Noudat ons semi-dorpenaars is, is my manlief skielik lus vir groentetuin maak en dis tog te lekker.

Die groentetuin het al lieflike uie opgelewer en pappa het dit mooi aanmekaargevleg en in die wendyhuisie gehang, gereed vir wanneer ek ‘n ou uitjie nodig het. Maarrrr … daar is altyd ‘n maar.

Die eerste keer wat ek ‘n ui wil gaan haal, sit daar ‘n reuse spinnekop in die wendy. Pappa was so oulik, hy het elke keer vir my gaan haal totdat ek al die uitjies opgebruik het.

In die tuin pluk ons spinasie en het ons al heelwat broccoli geoes. Hy het selfs groenmielies gehad, maar ek kon natuurlik nie saameet nie, ek Bant mos, jy weet.

Elke week is daar vir my ‘n kookseltjie boontjies en ek maak potte en potte vol Banting kerriebone, ideaal vir die pendelry.

Toe kom die blomkool. Mense, dis nie blomkoolkoppietjies soos wat ‘n mens in die winkels sien nie, dis blomkole. Massiewe blomkole. En almal is gelyk reg vir gebruik. 😱

Ek maak blomkoolsop, blomkoolbredie, ingelegde blomkool, blomkool in eiervla, kerrieblomkool, ek deel blomkole uit vir almal wat toevallig hier inloer, maar as ek omkyk, lyk die hoop blomkole niks kleiner nie! Manlef vra al of hier net blomkool in die huis is.

Ek het nog nie eers blomkoolpizza en blomkoolrys en blomkoolmash en blomkoolpannekoek probeer nie en ek dink ook nie ek gaan nie! Regtig nie!

So, voort met die blomkoolgeveg. Wat ‘n voorreg! Regtig. Dit ís ‘n voorreg. Dankie, my liefste man. ❤️

Toortsie

24 thoughts on “Blomkoolmanie

    1. Dalk moet ekvanaand pizza maak. Ek het hierdie al Maandag geskryf, so die potjiekos van gisteraand wat oorheers was deur blomkool, was nie eers op die lysie nie. Daar lê nog 2 grotes in die yskas en wag vir my vir die naweek. 😱

      Like

              1. Dink is in Tim N se boek. Ook op site dink ek is sie chef ou se resep, dis heerlik. Maak genoeg van die base, hulle vries great en lekker maklike etes as mens bietjie lui voel. Ek so lui, bestel myne hier in Dubvels van vrou af wat net low carb doen en verkoop😬🌻

                Like

  1. Ek hoor jou sing “Blomkool in die oggend, blomkool in die middag, blomkool at supper time. Ek lyk al soos ‘n blomkool, ruik al soos ‘n blomkool, voel nes ‘n blomkool….” terwyl jy die blomkool verwerk. 😊 Kan jy nie blonkool rys maak en dit vries nie? Of anders ‘n mooi rangskikking vir jou sitkamer? 😕

    Like

    1. Dit kom nou al van laas naweek af aan. Vanmiddag het manlief nie kans gesien vir blomkoolslaai nie. Wag! Ek moet piekels maak! Laat ek dadelik soek vir ‘n resep!
      Toe ek begin bant het, het ek my flesse weggegee, ons maak mos nie goed in nie. Ek dink ek sal weer my dlesse moet loop haal!

      Like

Gesels saam, asseblief!